{"id":36440,"date":"2016-02-10T05:37:12","date_gmt":"2016-02-10T03:37:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36440"},"modified":"2016-02-10T07:37:55","modified_gmt":"2016-02-10T05:37:55","slug":"duitse-treinramp-nie-terreuraanslag-nie-se-polisie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36440","title":{"rendered":"Duitse treinramp nie terreuraanslag nie s\u00ea polisie"},"content":{"rendered":"<p>Twee passasiers\u00adtreine het in die suide van Duitsland gebots en volgens die polisie is ten minste vier mense in die botsing dood en sowat 100 beseer.<\/p>\n<p>\u201cDie huidige dodetal is vier dood, 15 baie ernstig en 40 ernstig beseer, terwyl\u2019n totaal van 100 passasiers beseer is,\u201d het die polisiewoordvoerder mnr Martin Winkler in die dorp Rosenheim aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die spoorwegmaat\u00adskappy vir die streek, Meridian, het in \u2019n verklaring ges\u00ea \u201c\u2019n tragiese ongeluk het Dinsdagoggend skuins n\u00e1 sewe-uur op die enkelspoor-roete plaasgevind\u201d.<\/p>\n<p>Die oorsaak van die ongeluk naby Bad Aibling, sowat 60 km suidoos van M\u00fcnchen is nog nie duidelik\u00ad nie, maar die polisie het verklaar dat hulle dit nie as &#8216;n terreuraanslag oorweeg nie.<\/p>\n<p>Die streek se polisiemag in Bo-Beiere het getwiet dat honderde noodlenigingswerkers op die toneel in die landelike gebied ontplooi is.<\/p>\n<p>Die treinroete asook twee plaaslike paaie was vir verkeer gesluit.<\/p>\n<p>\u2019n Woordvoerder van die federale polisie, mnr. Stefan Brandl, s\u00ea die strook spoorlyn waar die twee treine gebots het, is vasgevang tussen die Mangfallrivier aan die een kant en\u2019n woud aan die ander kant wat die reddingsoperasie erg bemoeilik\u00ad.<\/p>\n<p>Brandl het gewaarsku dat di\u00e9 getal sterftes en beseerdes kan styg.<\/p>\n<p>\u201cDie huidige getal sterftes en beseerdes is net \u2019n waarneming, dit kan en gaan steeds verander.\u201d<\/p>\n<p>Op \u2019n vraag wat die oorsaak van die botsing was, het Brandl beklemtoon personeel is steeds \u201cmidde die reddingsoperasie\u201d en dit te vroeg is om die oorsaak te bepaal.<\/p>\n<p>Intussen het die operateur van die twee treine wat gebots het, Bayerische Oberlandbahn, op sy webtuiste ges\u00ea die treine van die sogenaamde Meridian-roete is albei gedeeltelik ontspoor en inmekaar vasgedruk.<\/p>\n<p>Beide die treine se operateur en die federale polisie in Bavaria het noodnommers vir familie en vriende van die passasiers geopen.<\/p>\n<p>Volgens die polisie is die ongeluk die grootste wat in jare in di\u00e9 streek voorgekom het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee passasiers\u00adtreine het in die suide van Duitsland gebots en volgens die polisie is ten minste vier mense in die botsing dood en sowat 100 beseer. \u201cDie huidige dodetal is vier dood, 15 baie ernstig en 40 ernstig beseer, terwyl\u2019n totaal van 100 passasiers beseer is,\u201d het die polisiewoordvoerder mnr Martin Winkler in die dorp &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36440\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duitse treinramp nie terreuraanslag nie s\u00ea polisie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36441,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[14306,5227,7829,10927],"class_list":["post-36440","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-beiere","tag-duitsland","tag-terreur","tag-treinramp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36440"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36440\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36441"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}