{"id":36408,"date":"2016-02-09T07:24:51","date_gmt":"2016-02-09T05:24:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36408"},"modified":"2016-02-09T07:28:47","modified_gmt":"2016-02-09T05:28:47","slug":"hennie-van-coller-univ-vrystaat-vertrap-grondwet-met-nuwe-engelse-taalbeleid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36408","title":{"rendered":"Hennie van Coller: Univ. Vrystaat vertrap grondwet met nuwe Engelse taalbeleid"},"content":{"rendered":"<p>Op 6 Junie (2015) se UV-raadsvergadering gee die raad \u2019n mandaat dat die taalbeleid van die universiteit hersien moet word. \u2019n Komitee (die talekomitee van die uitvoerende komitee) word saamgestel. Die name van die lede van di\u00e9 komitee word nooit bekend gemaak nie en is selfs nou nog nooit in die openbare pers genoem nie.<\/p>\n<p>Die kernkomitee het bestaan uit 11 lede van wie die meerderheid hulle reeds vooraf in die openbaar en boonop herhaaldelik ten gunste van Engels as die enigste (nagraadse) onderrigtaal uitgespreek het en dikwels (soos in die geval van die voorsitter, me. Dionne\u00ad van Reenen, en dr. Munene Mwanike) ook fel anti-Afrikaans was. Prof. Angelique van Niekerk (departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans) en dr. Johann Rousseau (filosofie) sou waarskynlik die enigstes wees wat beskou sou kon word as onomwonde pro-Afrikaans of beter gestel: pro-meertaligheid. Di\u00e9 genoemde twee persone was ook later verantwoordelik vir wat dikwels (verkeerdelik) bekend gestaan het as die \u201cminderheidsverslag\u201d. Van Reenen (van die instituut vir versoening en maatskaplike geregtigheid) het \u2019n magistergraad in filosofie, geen bewese kundigheid wat betref taalpolitiek en -beplanning nie, is Engelssprekend en uitgesproke ten gunste van Engels as onderrigtaal. Vermoedelik is dit weens ontevredenheid oor haar bekwaamheid dat dr. Liz Lange (vise-rektor en voorsitter van die advieskomitee) al hoe meer vergaderings begin bywoon het en feitlik die voorsitterskap oorgeneem het.<\/p>\n<p>Die uitgebreide (advies-)komitee (met sy \u201cex officio members\u201d) is saamgestel uit lede van verskeie fakulteite en belangegroepe (soos die vakbonde), maar hulle het nie stemreg gehad nie. Opvallend was dat verskeie van die fakulteitsverteenwoordigers relatiewe juniors was. Ook di\u00e9 lede se voorkeur was van meet af aan Engels, met die Engels-eentalige Lange as dryfkrag.<\/p>\n<h3>Probleme met proses<\/h3>\n<p>Die omvattende proses vir die inwin van opinies en data het ook probleme opgelewer. Aanvanklik is ges\u00ea dat daar voldoende tyd vir besprekings sou wees; tog is die proses uiteindelik verhaas met duidelike keertye. Kwalitatiewe onderhoude wat in die vooruitsig gestel is, het ook nooit plaasgevind nie. Daar is telkens aan die komiteelede ges\u00ea wye ontevredenheid bestaan onder studente oor die parallelmediumonderrig-beleid, maar v\u00e1n die feite (dat tutoriale en praktika hoofsaaklik in Afrikaans aangebied is) was foutief. Belangrik was egter dat die uitslae van die meningsopnames (onder leiding van die onafhanklike verkiesingskomitee) nooit aan komiteelede beskikbaar gestel is nie.<\/p>\n<h3>Lede van die talekomitee<\/h3>\n<p>Me. Dionne van Reenen (voorsitter, verbonde aan die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid)<br \/>\nProf. Loyiso Jita (fakulteit opvoedkunde)<br \/>\nDr. Munene Mwaniki (departement linguistiek en taalpraktyk)<br \/>\nDr. Johann Rossouw (departement filosofie). Bedank uit protes.<br \/>\nProf. Angelique van Niekerk (departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans). Bedank uit protes.<br \/>\nDr. Kudzayi Ngara (departement Engels, Qwaqwa-kampus)<br \/>\nMnr. Francois Marais (Suid-kampus en sentrum vir onderrig en leer (CTL))<br \/>\nProf. Arlys van Wyk (CTL)<br \/>\nDr. Elias Malete (departement van Afrikatale)<br \/>\nMe. Mosa Leteane (Studenteraad)<br \/>\nMe. Cornelia Faasen (Studente\u00adsake)<\/p>\n<p>Op 29 Oktober verneem die komitee dat \u2019n voorlopige verslag geskryf moet word. Wat bekend staan as die \u201cminority report\u201d was \u2019n opdrag (in \u2019n laat stadium) aan Van Niekerk en Rossouw om \u2019n verslag te skryf oor Afrikaans as inheemse taal, maar ook oor sy sogenaamde \u201crassistiese\u201d verlede. Op 12 November word \u2019n vergadering gehou om \u2019n konsensus-besluit te formuleer. Die verslag van Van Niekerk en Rossouw het nie deel uitgemaak van die uiteindelike verslag nie omdat dit volgens Lange bedoel was as \u2019n voorlegging aan die komitee met \u2019n duidelike fokus en uiteindelik \u2019n persoonlike taalsiening geraak het.<\/p>\n<p>Vir die raadsvergadering op 4 Desember het prof. Jonathan Jansen as voorsitter van die UV se bestuurskomitee \u2019n lywige stuk aan die raad voorgel\u00ea met die versoek dat die raad die belangrikste aanbevelings van die talekomitee moet bespreek, die besluite van die uitvoerende komitee van die senaat moet oorweeg, die senaat se mening moet oorweeg, die belangrikste aanbevelings van die bestuurskomitee moet aanvaar (dit is die gewysigde verslag van die talekomitee) \u00e9n die UV die reg moet verleen om die aanbevelings te vervat in \u2019n nuwe taalbeleid wat in 2016 aan die raad en die uitvoerende komitee van die raad voorgel\u00ea sal word. Di\u00e9 proses sal dus in 2016 voltooi word. Hoe die komitee gaan lyk aan wie die opdrag gegee gaan word, is nog onseker omdat twee lede van die talekomitee, Van Niekerk en Rossouw, uit protes bedank het.<\/p>\n<h3>Slegs riglyne<\/h3>\n<p>Die aanbevelings van die UV-raad dra nie die status van \u2019n taalbeleid nie. Hulle gee slegs die riglyne waaraan die nuwe taalbeleid moet voldoen.<\/p>\n<ul>\n<li>Engels moet die \u201cprim\u00eare \u00admedium van onderrig\u201d wees.<br \/>\nVeeltaligheid word beklemtoon.<\/li>\n<li>Op eerstejaarsvlak moet \u2019n ondersteunende tutoriaalstelsel ingestel word om die oorgang na (net) Engels te vergemaklik.<\/li>\n<li>Die Engelse voertaalbeleid moet met buigsaamheid ingestel word.<\/li>\n<li>Parallelmedium-onderrig sal voortgaan \u201cgegewe die duidelik gedefinieerde Afrikaanse markte\u201d.<\/li>\n<li>Demografiese verskuiwings maak die voortsetting van die huidige \u00adparallelmedium-stelsel onhoudbaar.<\/li>\n<li>Altesame 20% van die gesamentlike aantal studente verkies Afrikaans as onderrigtaal en van hulle is 95% op die Bloemfontein-kampus.<\/li>\n<li>Uit al die stukke blyk dit dat afsonderlike klasse \u2019n doodsonde is.<\/li>\n<\/ul>\n<h3>Lede van uitgebreide (advies-)komitee<\/h3>\n<ul>\n<li>Dr. Liz Lange (rektoraat)<\/li>\n<li>Dr. Lynette van der Merwe (gesondheidswetenskappe)<\/li>\n<li>Dr. Nathaniel Mofolo (gesondheidswetenskappe)<\/li>\n<li>Dr. Boitumelo Moreeng (fakulteit opvoedkunde)<\/li>\n<li>Dr. Juliet Ramohai (fakulteit opvoedkunde)<\/li>\n<li>Prof. Bradley Smith (fakulteit regte)<\/li>\n<li>Dr. Brand Claassen (fakulteit regte)<\/li>\n<li>Prof. Pieter Duvenhage (fakulteit geesteswetenskappe)<\/li>\n<li>Me. Susan Lombaard (fakulteit geesteswetenskappe, Gebaretaal)<\/li>\n<li>Me. Philippa Tuubweinee (fakulteit natuur- en landbouwetenskappe)<\/li>\n<li>Dr. Dirkie Strydom (fakulteit natuur- en landbouwetenskappe)<\/li>\n<li>Dr. Petrus Nel (fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe)<\/li>\n<li>Prof. Johan van Zyl (fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe)<\/li>\n<li>Me. Marlene Oosthuizen (fakulteit teologie)<\/li>\n<li>Prof. Pieter Verster (fakulteit teologie)<\/li>\n<li>Me. Anita Lombaard (UVPersu)<\/li>\n<li>Mnr. Thabang Sepeame (Nehawu)<\/li>\n<li>Dr. Thierry Luescher (ondersteuningsdienste)<\/li>\n<li>Dr. Elsa Crause (Qwaqwa-kampus)<\/li>\n<li>Studenteraadslede (een van elke kampus, verandering in Sept. 2015)<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die besluite van die raad getuig van groot sinisme en ongevoeligheid: Afrikaans mag steeds onderrig word as dit geld vir die UV inbring \u2013 soos in landbou en opvoedkunde. Waar is die beginsels dan? Die taal moet glo \u2019n menslike dood sterf. Die aanbevelings wat deur die raad goedgekeur is, is ook met tye gewoon absurd (soos kamtige steun aan Afrikaanse akademiese tydskrifte), juis omdat dit onbekookte, strategiese opmerkings is ter wille van goeie gesindheid.<\/p>\n<p>Een absurditeit is die aanbeveling dat die nuwe taalbeleid Afrikaans \u2013 wat die beleid wil nek omdraai \u2013 as akademiese taal behoort te ondersteun deur steun aan Afrikaanstalige akademiese tydskrifte.<\/p>\n<p>\u2019n Mens kan aanvaar dat die huidige talekomitee die taak gaan kry om die nuwe taalbeleid op te stel; \u2019n ander besluit sou neerkom op \u2019n mosie van wantroue.<\/p>\n<p>Dit is daarom gebiedend noodsaaklik dat die nuwe komitee se name in die openbaar bekend gemaak moet word.<\/p>\n<p>Indien die UV uiteindelik \u2019n aanvaarbare taalbeleid wil skep, behoort die talekomitee opnuut saamgestel te word met kundige mense en behoort gestrewe te word na die (skyn) van onpartydige wetenskaplikheid.<\/p>\n<p>In die inwerkingstellling van die nuwe taalbeleid sal omsigtig gekyk moet word na benadeelde groepe:<\/p>\n<ul>\n<li>Studente wat hulle in 2016 inskryf vir parallelmedium-onderrig en geen ondersteuning deur tutoriale ontvang nie, maar in 2017 dan slegs in Engels onderrig gaan word.<\/li>\n<li>Huidige studente wat hulle ingeskryf het aan die UV vir enige kursus met die verwagting (kontraktueel bevestig) dat hulle hul studie in Afrikaans kon voltooi.<\/li>\n<li>Selfs moontlik studente wat hulle reeds daadwerklik begin voorberei het vir studie in Afrikaans in 2017.<\/li>\n<\/ul>\n<h3>Die sekretariaat<\/h3>\n<ul>\n<li>Me. Lacea Loader (departement van kommunikasie en identiteitsbestuur; \u201cBrand Management\u201d<\/li>\n<li>Me. Susan Esterhuizen (vergaderingsadministrasie)<\/li>\n<li>Me. Elize Gouws (sekretaris)<\/li>\n<\/ul>\n<h3>Verskeie probleme<\/h3>\n<p>Die hele proses om \u2019n nuwe taalbeleid op te stel, gaan mank aan verskeie probleme:<\/p>\n<ul>\n<li>Art. 29 (2) van die Grondwet bepaal \u201ceveryone has the right to receive education in the official language or languages of their choice in public educational institutions where that education is reasonable practicable\u201d. Uit alle gegewens (\u00e9n die status quo) is dit duidelik dat dit wel \u201credelikerwys doenlik is\u201d in terme van die Afrikaanse teks van die Grondwet. Die raad van \u2019n universiteit is onderworpe aan die Grondwet. Waar die vorige taalbeleid van 2003 die gees van die Grondwet onderskryf, doen die jongste raadsbesluite dit nie. Pierre de Vos se mening in di\u00e9 verband is reeds deur prof. Koos Malan bestempel as in wese onbenullig;<\/li>\n<li>Van meet af aan was die proses emosioneel en ideologies eerder as wetenskaplik. Dit blyk uit vae aannames, stereotiperende en ongetoetse bewerings soos reeds aangedui;<\/li>\n<li>Die lede van die kern- en bre\u00ebr komitee is nie aangestel vanwe\u00eb bewese kundigheid op die terrein van taalbeplanning, taalpolitiek, ensovoorts nie;<\/li>\n<li>Op die raadsvergadering van 26 Junie 2015 is genotuleer dat die lidmaatskap van die talekomitee \u201cgebalanseerd en verteenwoordigend\u201d moes wees. Die komitee het in der waarheid bestaan uit \u2019n meerderheid van mense wat \u2019n duidelike voorkeur gehad het vir Engels en die voorsitter het telkens blyke gegee van bevooroordeelheid;<\/li>\n<li>Kwalitatiewe onderhoude het nooit plaasgevind nie en geen ernstige aandag is gegee aan moontlike alternatiewe taalmodelle (soos di\u00e9 van Van Niekerk en Rossouw) nie;<\/li>\n<li>Die verouderde verslag van die\u00a0Ho\u00ebr Onderwys se Kwaliteitskontrole(oudit)paneel (HEQC \u2013 Higher Education Quality Control) wat reeds eenogig krities was, word in die verslag klakkeloos aanvaar as grondslag waarop verskeie aannames gegrond word;<\/li>\n<li>Die historiese verlede van die UV word op eensydige wyse vertolk en nie beskou as \u2019n reaksie op \u2019n aggressiewe\u00ad angliseringsbeleid nie;<\/li>\n<li>Daar is geen blyke van waardering vir die wyse waarop \u2019n taal- en spraakgemeenskap \u2019n taal se ho\u00ebr funksies uitgebou het juis in \u2019n tydperk\u00ad waarin Afrikaanssprekendes nie oor politieke mag beskik het nie;<\/li>\n<li>Afrikaanse onderrig word voortdurend as minderwaardig bestempel sonder verrekening daarvan dat verskeie persone wat in Afrikaans opgelei is, internasionaal gepresteer het;<\/li>\n<li>Meertaligheid word op plakkaatagtige wyse aangeprys, maar daar is geen moeite gedoen om op kreatiewe wyse na vore te kom met vernuwende modelle nie;<\/li>\n<li>Die ernstigste leemte is egter die kernuitgangspunt dat Afrikaans (eintlik op enige vlak behalwe as sosiale omgangsmiddel) \u2019n verenigde Suid-Afrika strem en dat enige persoon wat sterk oor Afrikaans voel, basies rassisties is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Gevoer tot sy logiese konsekwensies, impliseer hierdie UV-taalbeleid \u2013 en veral die onderliggende denke \u2013 dat Suid-Afrika soos die VSA behoort te wees.<\/p>\n<p>Mense kan gerus vleisbraai en bid in die tale van hul voorkeur, maar mag op generlei wyse aandring op enige ander regte vir hul tale nie.<\/p>\n<p>Dit sluit duidelik die onderwys in.<\/p>\n<p><em>Van Coller is \u2019n voormalige hoof van die UV se departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans en oudvoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy het di\u00e9 lesing gelewer op \u2019n byeenkoms oor \u201cDie universiteit vandag\u201d onder beskerming van die N.P. van Wyk Louw-sentrum van die FAK by Fort Schanskop, Pretoria. Die byeenkoms handel oor Afrikaans in die Ho\u00ebr Onderwys.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op 6 Junie (2015) se UV-raadsvergadering gee die raad \u2019n mandaat dat die taalbeleid van die universiteit hersien moet word. \u2019n Komitee (die talekomitee van die uitvoerende komitee) word saamgestel. Die name van die lede van di\u00e9 komitee word nooit bekend gemaak nie en is selfs nou nog nooit in die openbare pers genoem nie. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36408\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hennie van Coller: Univ. Vrystaat vertrap grondwet met nuwe Engelse taalbeleid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":31834,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[20370,10],"tags":[],"class_list":["post-36408","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-hennie-van-coller","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36408","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36408"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36408\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/31834"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36408"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36408"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36408"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}