{"id":364,"date":"2007-04-27T11:21:37","date_gmt":"2007-04-27T11:21:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=364"},"modified":"2007-04-27T11:21:37","modified_gmt":"2007-04-27T11:21:37","slug":"frankryk-se-volgende-president","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=364","title":{"rendered":"Frankryk se volgende president?"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nicolas het twee broers: Guillaume, wat &rsquo;n groot tekstielfirma bestuur en Fran&ccedil;ois, &rsquo;n mediese navorser. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toe sy vader in 1959 van sy moeder geskei is, het sy haar studies voltooi en die drie kinders alleen grootgemaak. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sy het &rsquo;n advokaat in Nanterre geword, terwyl sy vader later weer drie keer getroud is.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 1973 het Nicolas sy matriek behaal en het die gesin na die spogbuurt Neuilly getrek, aangrensend aan Parys. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jare later sou hy burgemeester van hierdie buurt word. N&aacute; matriek het hy egter eers regte en politieke wetenskap gaan studeer en sy studies help finansier deur ruikers vir &lsquo;n bloemis af te lewer. Vir &rsquo;n ruk lank het hy daaraan gedink om joernalis te word, maar het uiteindelik op die beroep van advokaat besluit en so in sy moeder se voetspore gevolg. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hy het as advokaat in Parys gepraktiseer en in eiendomsreg gespesialiseer.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 1982 het Sarkozy met Marie-Dominique Culioli, dogter van &rsquo;n Korsikaanse apteker, in die huwelik getree. Twee seuns, Pierre en Jean, is uit die huwelik gebore. In 1984 het hy vir C&eacute;cilia Ciganer-Albeniz ontmoet in sy hoedanigheid as burgemeester van Neuilly toe hy haar in die huwelik bevestig het met Jacques Martin, &rsquo;n televisie-aanbieder. In 1989 het C&eacute;cilia (agterkleindogter van die Spaanse komponis Isaac Albeniz) egter haar man verlaat om saam met Sarkozy te wees. In 1996 is die twee getroud. Hulle seun, Louis, is die volgende jaar gebore. Sowat twee jaar gelede het die paartjie ernstige huweliksprobleme ondervind en het hulle paaie vir &rsquo;n ruk lank geskei. Sarkozy het een aand in trane uitgebars op televisie toe hy oor hulle probleme gepraat het. Sedertdien is die twee egter versoen en word C&eacute;cilia weer by amptelike geleenthede aan sy sy gesien.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sarkozy se politieke loopbaan het in 1974 begin toe hy by die Gaullistiese UDR-party aangesluit het. Hy het hom van die begin af deur sy intelligensie en ambisie onderskei. Op die jeugdige ouderdom van 28 het hy al burgemeester van Neuilly geword. Op 34 was hy parlementslid en op 38 is hy as minister van begrotingsaangeleenthede aangewys. In 1993 was hy w&ecirc;reldwyd in die nuus toe hy direk onderhandel het met &rsquo;n man wat homself die <span style=\"color: black\">&ldquo;Human Bomb&ldquo; genoem het en <\/span>&rsquo;n groep kinders in Neuilly wou doodmaak en hulle skool wou opblaas. Die man is uiteindelik deur die polisie doodgeskiet.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 1995 het Sarkozy sy steun aan Edouard Balladur toeges&ecirc;, wat as presidensi&euml;le kandidaat teen Jacques Chirac gestaan het. Chirac het egter gewen en Sarkozy het geen pos in sy kabinet gekry nie. Tydens &rsquo;n vergadering van die RPR-vergadering in Oktober 1995 is hy selfs uitgejou.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 1999 neem hy egter beheer van die RPR-party oor en in 2002 word hy aangewys as minister van binnelandse sake, een van die belangrikste kabinetsportefeuljes. Hy help om &rsquo;n nuwe beleid oor spoedoortredings in te stel, wat die aantal padsterftes in Frankryk met 34% laat daal. Verder is hy ook betrokke by die stigting van die Franse Raad vir die Moslem-geloof, in &rsquo;n poging om die integrasie van Noord-Afrikaanse immigrante in die Franse gemeenskap te vergemaklik.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 2003 brei hy die gebruik van DNS-toetse na alle vorme van misdaad uit. Hy onderskei hom verder ook in die ferm manier waarop anti-Semitiese misdade, wat deur jong Moslems gepleeg word, beveg word. Hy verkry &rsquo;n reputasie as &rsquo;n minister wat geen nonsens verdra nie en wat wet en orde baie ferm handhaaf.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vanaf Maart tot November 2004 is Sarkozy minister van finansies en nywerheidsake. Ook hier onderskei hy homself deur duidelike besluite en ferm aksies. Hy slaag daarin om supermarkpryse met gemiddeld 2% af te dwing. Ook besluit hy om nie die eletrisiteitsfirma, EDF, te privatiseer nie. In November 2004 verlaat hy egter die pos toe hy met &rsquo;n meerderheid van 85% as voorsitter van die regse UMP-party verkies word. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Mei 2005 word hy weereens aangewys as minister van binnelandse sake. Hy dring daarop aan dat vervalle geboue wat deur plakkers bewoon word, afgebreek word. In Junie 2005 besoek hy &rsquo;n woonbuurt in La Courneuve, wat hoofsaaklik deur immigrante bewoon word. Sy besoek volg op die dood van &rsquo;n elfjarige kind wat die vorige dag deur &rsquo;n dwaalkoe&euml;l getref is. <span style=\"color: black\">&ldquo;Die skurke gaan verdwyn, ek sal al die mensekrag gebruik wat nodig is,&ldquo; verklaar hy tydens hierdie besoek. <\/span>&rsquo;n Paar dae later is hy weer in La Courneuve en voeg hy by dat die buurt <span style=\"color: black\">&ldquo;met K&auml;rcher&ldquo; (die naam van <\/span>&rsquo;n industri&euml;le skoonmaakproduk) geskrop moet word. Hierdie uitspraak lei tot &rsquo;n hewige polemiek en tot &rsquo;n konflik met Azouz Begag, minister belas met immigrantebelange.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Op 26 Oktober 2005 besoek Sarkozy &rsquo;n immigrantebuurt in Argenteuil, aan die buitewyke van die Franse hoofstad. Hy word op televisie gewys waar hy die plaaslike bevolking vra: <span style=\"color: black\">&ldquo;<\/span>Het julle genoeg gehad van hierdie gemors? Wel, ons gaan julle van die spul verlos.&rdquo; Kort daarna word twee jong immigrante-kwaaddoeners doodgeskok tydens &rsquo;n<span style=\"color: black\"> poging om van die polisie weg te kom en daar <\/span>breek ongekende geweld in die buitewyke uit. Jong immigrante maak weke lank amok deur geboue en motors aan die brand te steek en met die polisie te baklei. Miljoene euro se skade word aangerig. As minister van binnelandse sake (en dus die polisie) speel Sarkozy &rsquo;n sleutelrol gedurende hierdie paar weke om die geweld onder beheer te bring. Weereens tree hy streng op en word jong immigrante, wat na aanleiding van gewelddadige insidente gearresteer word en nie oor geldige verblyfpermitte beskik nie, na hulle lande van herkoms teruggestuur.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 2006 stel hy nuwe, strenger immigrasiewetgewing in. Hy maak dit moeiliker vir diegene wat onwettig in Frankryk verkeer om hulle situasie te wettig. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ook stel hy strenger re&euml;ls in met betrekking tot immigrantefamilielede wat hulle by hul familie in Frankryk wil aansluit.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sarkozy se presidensi&euml;le veldtog tot dusver is gekenmerk deur &rsquo;n beroep op die handhawing van wet en orde en &rsquo;n poging om kiesers se vertroue in politici te herstel. Sy sterk standpunte oor immigrasie en misdaad het vele potensi&euml;le regse Front National-kiesers oorreed om hierdie slag eerder vir hom te stem. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Jean-Marie Le Pen, die Front National se presidensi&euml;le kandidaat, het in die pas afgelope verkiesing slegs 10.4% steun behaal, in vergelyking met die 19% van die vorige verkiesing.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Na alle waarskynlikheid gaan meeste van die Front National-ondersteuners en sentristiese kiesers (wat tydens die eerste verkiesingsrondte vir Fran&ccedil;ois Bayrou gestem het), op 6 Mei vir <span style=\"color: black\">&ldquo;Sarko&ldquo; ondersteun en van hierdie kort, ambisieuse figuur die volgende Franse president maak.<\/span><\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/brjuki-dzhinsy\">\u0434\u0436\u0438\u043d\u0441\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Sarkoengadesw.JPG\" width=\"90\" height=\"116\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Sarkozy en gade<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Verlede Sondag het S&eacute;gol&egrave;ne Royal van die Sosialistiese Party en Nicolas Sarkozy van die regse UMP na die tweede rondte van die Franse presidentsverkiesing deurgedring. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens die jongste meningspeiling wat deur die BVA-instituut gepubliseer is, behoort Sarkozy die tweede rondte op 6 Mei met 53% van die stemme te wen. Maar wie is hierdie regse kandidaat en wat is sy planne vir Frankryk indien hy aan bewind sou kom?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">St&eacute;phane S&aacute;rk&ouml;zy de Nagy-B&oacute;csa is in 1955 in die sewentiende distrik van Parys gebore. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sy vader was &rsquo;n Hongaarse immigrant, afkomstig uit &rsquo;n adellike familie. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met die koms van die Russe in 1944 is die S&aacute;rk&ouml;zy-gesin onteien en gedwing om Hongarye te verlaat. N&aacute; &rsquo;n verblyf in Oostenryk en Duitsland het Nicolas se vader &rsquo;n werwingsagent van die Vreemdelingelegioen in Baden-Baden ontmoet. Hy het &rsquo;n kontrak van vyf jaar met die Legioen gesluit en het sy opleiding in Algeri&euml; ondergaan. Hy is egter nie vir diens in Indo-China gekeur nie en het uiteindelik in 1948 in Marseille uit die diens van die Vreemdelingelegioen getree. Hy het sy Hongaarse naam verfrans en in die advertensiebedryf begin werk. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In 1949 ontmoet hy vir Andr&eacute;e Mallah, met wie hy later sou trou. Sy was &rsquo;n regstudent en haar vader, &rsquo;n dokter in Parys se sewentiende distrik, was &rsquo;n Jood wat hom tot die Katolieke godsdiens bekeer het. <\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[500,162,21089,238],"class_list":["post-364","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-frankryk-se-volgende-president","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-sonette-ahlers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/364","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=364"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/364\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=364"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=364"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=364"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}