{"id":36339,"date":"2016-02-04T08:41:31","date_gmt":"2016-02-04T06:41:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36339"},"modified":"2016-02-05T08:45:19","modified_gmt":"2016-02-05T06:45:19","slug":"stropers-in-namibie-voer-skrikbewind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36339","title":{"rendered":"Stropers in Namibi\u00eb voer skrikbewind"},"content":{"rendered":"<p>Die eienaar van Emanya Lodge tussen die Etosha Nasionale Park en Oshivelo, s\u00ea sy \u201cwil weghardloop\u201d uit moedeloosheid omdat stropers \u2019n skrikbewind voer en dit lyk of die polisie nie veel daaraan gaan doen nie.<\/p>\n<p>Dertien van haar 18 swartwitpense van etlike miljoene Namibiese dollar is al deur die stropers doodgeskiet, terwyl sy in die afgelope agt maande ook 35 beeste verloor het, vertel me. Nelie Lewies, wat benewens die lodge ook \u2019n boerdery bedryf.<\/p>\n<p>Sondagnag het \u2019n span wat vermoedelik Maandag ook vyf beeste geslag het op die gasteplaas Sachsenheim van haar bure, mnr. en me. Gerd en Maria Sachse, by die lodge ingebreek en die rekenaarbediener asook al die sekuriteitskameras gesteel.<\/p>\n<p>\u201cEk het by my kamervenster uitgekyk en die vier mans gewaar. Toe ek vir hulle skree \u2018haai, wat maak julle hier\u2019, het hulle nie eens weggehardloop nie,\u201d vertel Lewies.<\/p>\n<p>Volgens Maria Sachse het haar man Maandag omstreeks twaalfuur op vier vermeende stropers in die veld afgekom nadat hulle vyf beeste geslag het.<\/p>\n<p>\u201cDie stropers het gel\u00ea en slaap en hy het stilletjies terugbeweeg en my gebel sodat ek die polisie kan ontbied.\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea die polisie van Oshivelo het eers vieruur die middag daar aangekom en die stropers het toe al spore gemaak. <\/p>\n<p>\u201cEen van die polisiemanne het een van die spore ge\u00ebien as dieselfde spoor wat hulle gewaar het toe hulle vroe\u00ebr die dag die inbraak by Emanya ondersoek het.<\/p>\n<p>\u201cHy het vir ons ges\u00ea die mans is gewapen.\u201d<\/p>\n<p>Volgens haar het die polisie die spore gevolg en in \u2019n stadium drie mans met vleis by hulle gewaar, maar die mans het hulle glo ontglip.<\/p>\n<p>Sachse vertel verder dat een van die plaaswerkers verlede jaar deur \u2019n vermeende stroper met \u2019n mes in die rug gesteek is. \u201cOns het die saak by die polisie aangegee, want die man het gedreig om ons dood te maak, maar daar het niks van die ondersoek gekom nie.\u201d<\/p>\n<p>Lewies s\u00ea hulle het verlede jaar een aand in die restaurant by die Emanya Lodge gesit toe stropers lostrek en van die swartwitpense doodskiet. \u201cDie werkers was vreesbevange en het in die wynkelder gaan wegkruip.\u201d<br \/>\nOok di\u00e9 ondersoek het op niks uitgeloop nie, s\u00ea sy.<\/p>\n<p>\u201cOns voel die weermag moet ingestuur word en die plase skoonmaak. Ons kan dit nie meer hou nie. Ek voel ek wil weghardloop. Aan die een kant baklei ons teen die droogte, want ons het nog nie eens 100 mm vir die seisoen gehad het. En aan die ander kant ly ons onder die strooptogte,\u201d s\u00ea \u2019n moedelose Lewies.<\/p>\n<p>Dit het haar N$100 000 gekos om haar rekenaarbediener en sekuriteitskameras te vervang. \u201cOns besoekers is meestal oorsese toeriste. Ons het nou al die inligting verloor van besprekings wat reeds gedoen is. Ek moes dadelik weer hierdie toerusting aanskaf.\u201d<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eienaar van Emanya Lodge tussen die Etosha Nasionale Park en Oshivelo, s\u00ea sy \u201cwil weghardloop\u201d uit moedeloosheid omdat stropers \u2019n skrikbewind voer en dit lyk of die polisie nie veel daaraan gaan doen nie. Dertien van haar 18 swartwitpense van etlike miljoene Namibiese dollar is al deur die stropers doodgeskiet, terwyl sy in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36339\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Stropers in Namibi\u00eb voer skrikbewind&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36340,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5172,6831,2851,11609,6236,6010],"class_list":["post-36339","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-diefstal","tag-namibie","tag-polisie","tag-stropers","tag-toerisme","tag-weermag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36339","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36339"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36339\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36340"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36339"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36339"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36339"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}