{"id":36291,"date":"2016-02-01T07:47:32","date_gmt":"2016-02-01T05:47:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36291"},"modified":"2016-02-01T09:49:07","modified_gmt":"2016-02-01T07:49:07","slug":"geen-vredesmag-vir-burundi-nie-se-au","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36291","title":{"rendered":"Geen vredesmag vir Burundi nie, s\u00ea AU"},"content":{"rendered":"<p>Die Afrika-unie (AU) sal nie &#8216;n vredesmag na die bele\u00ebrde Burundi stuur tensy die regering in Bujumbura daartoe instem nie, het di\u00e9 unie se spesiale verteenwoordiger vir die streek gister aan die Franse radiodiens RFI ges\u00ea.<\/p>\n<p>Burundi is gekant teen die AU se voorgestelde vredesending van 5 000 lede en s\u00ea &#8216;n ontplooiing van troepe sonder toestemming sal neerkom op &#8216;n &#8220;invalsmag&#8221;, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die Verenigde Nasies (VN) het gewaarsku Burundi staan gevaar om &#8216;n herhaling van die 1993-1994-burgeroorlog te beleef, met honderde mense wat sedert April verlede jaar doodgemaak is toe pres. Pierre Nkurunziza aangekondig het hy gaan vir &#8216;n omstrede derde termyn as staatshoof staan. Nagenoeg 230 000 inwoners het reeds na naburige lande gevlug.<\/p>\n<p>&#8220;Ek dink dit was swak kommunikasie. Dit was nooit die voorneme van die AU om &#8216;n vredesmag in Burundi te ontplooi sonder die toestemming van di\u00e9 land se owerhede nie,&#8221; het Ibrahima Fall, AU-verteenwoordiger vir die Groot Mere-streek, ges\u00ea. &#8220;Dit is ondenkbaar,&#8221; het di\u00e9 Senegalese diplomaat bygevoeg.<\/p>\n<p>AU-leiers het die naweek die krisis in Burundi tydens &#8216;n twee dag lange beraad by sy hoofkwartier in Ethiopi\u00eb bespreek. Die samesprekings is agter geslote deure gehou en dit was gister nog nie duidelik wanneer &#8216;n finale besluit geneem sal word nie.<\/p>\n<p>Fall het aan RFI ges\u00ea die AU-leiers oorweeg om &#8216;n &#8220;ho\u00ebvlak-afvaardiging, maar nie s\u00f3 hoog nie,&#8221; na Burundi te stuur vir samespreking met di\u00e9 land se regering.<\/p>\n<p>Nkurunziza se veldtog om die mag te behou, het tot weke lange protesoptogte in die strate aanleiding gegee wat wreed onderdruk is, asook tot &#8216;n mislukte staatsgreep.<\/p>\n<p>Sedert sy herverkiesing in Julie verlede jaar, het die gevegte tussen lojale regeringsondersteuners en die opposisie toenemend meer gewelddadig geword.<\/p>\n<p>Die AU-handves, artikel 4(h), gee die Pan-Afrikablok die reg om in te meng in &#8216;n mede-lidland se huishoudelike sake wanneer &#8220;oorlogsmisdade, volksmoord of misdade teen die mensdom&#8221; gepleeg word.<\/p>\n<p>Ontleders s\u00ea egter ander Afrikalande is bang om &#8216;n presedent te skep deur t\u00e9\u00e9n die regering se wens in troepe te ontplooi.<\/p>\n<p>Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, het dit Saterdag tydens die opening van die beraad duidelik gemaak dat &#8216;n troepemag nodig is om die geweld in bedwang te bring.<\/p>\n<p>&#8220;Leiers wat toekyk terwyl burgerlikes in hulle naam afgemaai word, moet tot verantwoording geroep word,&#8221; het Ban ges\u00ea en benadruk die krisis vereis &#8220;ernstige en dringende toewyding&#8221;.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die VN ondersteun die AU se voorstel om &#8220;menseregte-waarnemers te ontplooi en &#8216;n mag vir voorkoming en beskerming&#8221; daarheen te stuur. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrika-unie (AU) sal nie &#8216;n vredesmag na die bele\u00ebrde Burundi stuur tensy die regering in Bujumbura daartoe instem nie, het di\u00e9 unie se spesiale verteenwoordiger vir die streek gister aan die Franse radiodiens RFI ges\u00ea. Burundi is gekant teen die AU se voorgestelde vredesending van 5 000 lede en s\u00ea &#8216;n ontplooiing van troepe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36291\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geen vredesmag vir Burundi nie, s\u00ea AU&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5407,14631,5311,17943],"class_list":["post-36291","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-au","tag-burundi","tag-china","tag-vredesmag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36291","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36291"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36291\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36291"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36291"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36291"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}