{"id":36279,"date":"2016-02-01T09:12:41","date_gmt":"2016-02-01T07:12:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36279"},"modified":"2016-02-01T10:04:59","modified_gmt":"2016-02-01T08:04:59","slug":"mugabe-se-aanavlle-op-wittes-raak-feller","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36279","title":{"rendered":"Mugabe se aanvalle op wittes raak feller"},"content":{"rendered":"<p>Die uittredende AU-voorsitter, Robert Mugabe het die VN by die Afrika-beraad gekritiseer en ges\u00ea die Veiligheidsraad stel slegs daarin belang om witmense in sleutelposisies aan te stel.<\/p>\n<p>Die Zimbabwiese president het Saterdag &#8216;n staande ovasie deur sy swart eweknie\u00eb in Addis Abeba, Ethiopi\u00eb, ontvang vir sy jongste aanval op wittes.<\/p>\n<p>Hy het afgesluit met meer as net sy gewone skeltaal teen voormalige koloniste, imperialiste, Westerlinge, die Amerikaanse president Barack Obama, die Verenigde Nasies en blankes oor die algemeen.<\/p>\n<p>VN Sekretaris-generaal Ban Ki-moon het ineengekrimp op sy sitplek op die podium gelyk toe die 91-jarige Mugabe gedreig het dat Afrika uit die VN stap tensy die vasteland permanente verteenwoordiging op die Veiligheidsraad kry.<\/p>\n<p>&#8220;Ons Afrikane is moeg vir hol toesprake by die VN met geen resultate nie,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea die VN se hoofkwartier in New York is misplaas en behoort in &#8216;n meer bevolkte land, soos China, Indi\u00eb, of in Afrika te wees.<\/p>\n<p>Gerugte dat Mugabe sterwend is, is ook die nekslag toegedien met die ou swart staatshoof wat vol veglus was.<\/p>\n<p>President Jacob Zuma het ter ondersteuning van Mugabe ges\u00ea Afrika behoort nie die blaam te kry vir die gebrek aan hervorming van die VN se Veiligheidsraad nie. <\/p>\n<p>Zuma s\u00ea dit is nie Afrika se keuse om geen permanente plek op die Veiligheidsraad te h\u00ea nie.<\/p>\n<p>Zuma se opmerkings kom nadat die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki Moon vroe\u00ebr by die Afrika-beraad in Addis Abeba gereageer het op Mugabe se aantygings en ges\u00ea het verdeeldheid verhoed die hervorming wat Afrika-lande eis. <\/p>\n<p>Ban s\u00ea sekere lande jaag slegs hul eie belange na.  <\/p>\n<p>Die Afrika-vasteland het twee roterende plekke op die Veiligheidsraad. <\/p>\n<p>Suid-Afrika kan binnekort ook onttrek uit die Internasionale Strafhof (ICC), het Zuma Sondag verklaar.<\/p>\n<p>Hy het opgemerk dat hy en sy mede-leiers van Afrika groeiende kommer ervaar oor die wyse waarop die ICC teenoor die vasteland optree.<\/p>\n<p>Zuma het ges\u00ea Suid-Afrika se bekragtiging van die Statuut van Rome is problematies.<\/p>\n<p>&#8220;Suid-Afrika is ernstig om sy deelname aan die Statuut van Rome te hersien en sal mettertyd sy besluit aankondig,&#8221; het hy by die beraad ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die sekretaris van die parlement, Gengezi Mgidlana het intussen bekend gemaak dat die media toesgepreek sal word oor die voorbereidings vir President Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie. <\/p>\n<p>Hy sal na verwagting benadruk hoe Parlementslede hulle behoort te gedra. <\/p>\n<p>Verlede jaar is EFF-LP&#8217;s uit die Nasionale Vergadering verwyder omdat hulle die President se toespraak onderbreek het. Die DA het in reaksie daarop uitgestap. <\/p>\n<p>Die media sal na verwagting meer duidelikheid kry oor die Parlement se nuwe re\u00ebls en ander prosedures.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die uittredende AU-voorsitter, Robert Mugabe het die VN by die Afrika-beraad gekritiseer en ges\u00ea die Veiligheidsraad stel slegs daarin belang om witmense in sleutelposisies aan te stel. Die Zimbabwiese president het Saterdag &#8216;n staande ovasie deur sy swart eweknie\u00eb in Addis Abeba, Ethiopi\u00eb, ontvang vir sy jongste aanval op wittes. Hy het afgesluit met meer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36279\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mugabe se aanvalle op wittes raak feller&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[13477,13478,1994,11396,5505,2251],"class_list":["post-36279","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-addis-abeba","tag-ethiopie","tag-mugabe","tag-veiligheidsraad","tag-vn","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36279","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36279"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36279\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36279"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36279"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36279"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}