{"id":36250,"date":"2016-01-29T09:12:31","date_gmt":"2016-01-29T07:12:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36250"},"modified":"2016-01-29T09:12:31","modified_gmt":"2016-01-29T07:12:31","slug":"rand-vertoon-stewiger-na-rentekoersverhoging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36250","title":{"rendered":"Rand vertoon stewiger na rentekoersverhoging"},"content":{"rendered":"<p>Die rand het dadelik stewigers vertoon toe die Reserwebank Donderdagmiddag rentekoerse verhoog het, maar verbruikers gaan sukkel met ho\u00ebr skuldafbetalings.<\/p>\n<p>Die Reserwebank het Donderdag die rentekoers met 50 basispunte verhoog nadat inflasie van 6,8 persent in die vooruitsig gestel is.<\/p>\n<p>Die rand het tot R16,15 teen die dollar versterk nadat Lesetja Kganyago, Reserwebankvoorsitter, die bank se repokoers van 6,25% tot 6,75% opgestoot het. <\/p>\n<p>Die vooruitsigte vir inflasie het \u201caansienlik verswak\u201d sedert November, s\u00ea Kganyago, grootliks weens &#8216;n swakker rand en ho\u00ebr voedselpryse agv die droogte.<\/p>\n<p>Di\u00e9 verhoging is moontlik ook nie die laaste verhoging vir die jaar nie. <\/p>\n<p>Kganyago s\u00ea sedert die vergadering in November het die rand met 13,5% teenoor die dollar verswak en 15,2% teenoor die euro.<\/p>\n<p>Prima rentekoers van banke staan tans op 10,25%. <\/p>\n<p>Die Reserwebank se inflasie-vooruitskatting van bykans sewe persent kan ook binnekort opwaarts aangepas word wanneer nuwe elektrisiteitstariewe goedgekeur word. <\/p>\n<p>Die Bank s\u00ea inflasievooruitsigte is gebaseer op tariefverhogings van twaalf persent.  <\/p>\n<p>Die adjunkpresident van die Bank, Francois Groepe s\u00ea sodra die Nasionale Energiereguleerder &#8216;n besluit geneem het oor Eskom se aansoek oor &#8216;n verhoging, sal die Reserwebank sy model aanpas indien nodig.<\/p>\n<p>Ekonome het Suid-Afrikaners intussen gemaan om hulle skuld so gou moontlik af te los. <\/p>\n<p>Die bestuurshoof van Eerste Nasionale Bank, Jacques Cilliers s\u00ea die afbetaling van skuld moet verbruikers se eerste prioriteit wees. <\/p>\n<p>Cilliers het ook ges\u00ea dit is onwaarskynlik dat die jongste rentekoersverhoging die laaste sal wees vir die jaar.<\/p>\n<p>Die gemiddelde inflasiekoers was 4,6% in 2015.<\/p>\n<p>Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib, het aan Netwerk24 ges\u00ea die verhoging maak dit duidelik die Reserwebank het baie meer bekommerd geraak dat inflasie ho\u00ebr as die boonste punt van sy teikenband van 6% gaan beweeg \u00e9n dan \u201cteen &#8216;n ho\u00ebr gemiddelde vlak ingegrawe word\u201d.<\/p>\n<p>Lings verwag dat die rentekoers verder sal styg vanjaar en eindig op 7,5%.<\/p>\n<p>Ontleders meen ho\u00ebr rentekoerse sal onvermydelik ten koste van groei en werkgeleenthede geskied.<\/p>\n<p>&#8216;n Swak rand, droogtetoestande en ho\u00ebr kragtariewe wat met ho\u00eb rentekoerse aangespreek word, kan die risiko van &#8216;n resessie beteken.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n peiling van nege ekonome deur Bloomberg is die waarskynlikheid dat Suid-Afrika se ekonomie vanjaar vir twee opeenvolgende kwartale krimp, hoog.<\/p>\n<p>Verwagtinge van ekonomiese groei is ook laer. Groei in 2015 was na raming sowat 1,3% en gaan na verwagting slegs 0,9% wees in 2016, in vergeleke met vorige vooruitskattings van 1,5% en 2,1% onderskeidelik.<\/p>\n<p>Die ho\u00ebr rentekeorse gaan toenemende finansi\u00eble druk op verbruikers plaas.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rand het dadelik stewigers vertoon toe die Reserwebank Donderdagmiddag rentekoerse verhoog het, maar verbruikers gaan sukkel met ho\u00ebr skuldafbetalings. Die Reserwebank het Donderdag die rentekoers met 50 basispunte verhoog nadat inflasie van 6,8 persent in die vooruitsig gestel is. Die rand het tot R16,15 teen die dollar versterk nadat Lesetja Kganyago, Reserwebankvoorsitter, die bank [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[14425,9017,22035,1529,8981,4823],"class_list":["post-36250","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-droogte","tag-kragtariewe","tag-prima-koers","tag-rentekoerse","tag-reserwebank","tag-resessie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36250","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36250"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36250\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36250"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36250"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36250"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}