{"id":36219,"date":"2016-01-26T11:08:35","date_gmt":"2016-01-26T09:08:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36219"},"modified":"2016-01-26T11:08:35","modified_gmt":"2016-01-26T09:08:35","slug":"waterpype-lek-en-geld-vloei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36219","title":{"rendered":"Waterpype lek en geld vloei"},"content":{"rendered":"<p>Waterlekkasies in pype, nog voor dit gemeenskappe se krane bereik, sal as prioriteit vir die regering beskou word.<\/p>\n<p>Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die minister van Water en Sanitasie, Novula Mokonyane, s\u00ea \u2018n interne ministeri\u00eble komitee vir droogte beskou dit as &#8216;n kritieke aangeleentheid waarna munisipaliteite moet omsien. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea die regering het die verantwoordelikheid op hom geneem om di\u00e9 probleem op te los in \u2018n poging om water te bespaar. <\/p>\n<p>Die regering het ook onderneem om fondse beskikbaar te stel om swart loodgieters op te lei om werksgeleenthede te skep.<\/p>\n<p>Gemeenskappe se samewerking is egter van groot belang. Ndamase s\u00ea mense moet waterlekkasies aanmeld.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea mense moet nie aanneem dat iemand anders \u2018n lekkasie sal aanmeld nie. Hulle moet dit self doen en voortdurend opvolg hoe lank dit \u2018n munisipaliteit geneem het om herstelwerk te doen. <\/p>\n<p>Hy vra mense om munisipaliteite aan te gee wat versuim of tydsaam is om die lekkasies, wat \u2018n vermorsing van water veroorsaak, te herstel.<\/p>\n<p>Hy beklemtoon die noodsaaklikheid van samewerking onder alle belanghebbendes en gee sy versekering dat die regering toegewyd is tot waterbesparing in die land.<\/p>\n<p>Inisiatiewe is reeds van stapel gestuur om water aan droogtegeteisterde gebiede te versprei. <\/p>\n<p>Organisasies wil steun werf om veral swart gemeenskappe wat hulp nodig het, by te staan. <\/p>\n<p>Drie miljoen liter water is reeds versprei in die Vrystaat, Noordwes en die Oos-Kaap. <\/p>\n<p>Twintig tenkwaens sal water na die Tswaing plaaslike munisipaliteit aanry. Die munisipaliteit is die afgelope tyd swaar getref deur watertekorte en die droogte. <\/p>\n<p>Die Departement van Water en Sanitasie het R350 miljoen bewillig vir die Ngaka Modiri Molemadistrik in Noordwes om sanitasie en droogteverwante probleme te probeer verlig. <\/p>\n<p>Die gebied word geteister deur watertekorte en swak bestuur wat afvalwater-behandeling in die wiele ry. <\/p>\n<p>Die uitvoerende hoof van Sedibeng Water het onderneem om te verseker dat die water-infrastruktuur in die gebied verbeter word. <\/p>\n<p>Rembuluwani Takalani s\u00ea hulle het &#8216;n sakeplan van R2 miljard ontwikkel wat al die droogtegebiede sal insluit.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waterlekkasies in pype, nog voor dit gemeenskappe se krane bereik, sal as prioriteit vir die regering beskou word. Mlimandlela Ndamase, woordvoerder van die minister van Water en Sanitasie, Novula Mokonyane, s\u00ea \u2018n interne ministeri\u00eble komitee vir droogte beskou dit as &#8216;n kritieke aangeleentheid waarna munisipaliteite moet omsien. Hy s\u00ea die regering het die verantwoordelikheid op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36219\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Waterpype lek en geld vloei&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[227,9162,14425,10671,22025,19175,18089],"class_list":["post-36219","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anc","tag-dienste","tag-droogte","tag-onderhoud","tag-waterbestuur","tag-waterinfrastruktuur","tag-waternood"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36219","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36219"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36219\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36219"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36219"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36219"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}