{"id":36207,"date":"2016-01-25T11:29:56","date_gmt":"2016-01-25T09:29:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36207"},"modified":"2016-01-27T08:16:45","modified_gmt":"2016-01-27T06:16:45","slug":"suid-afrikaanse-menseregtekommissie-weier-om-in-afrikaans-te-kommunikeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36207","title":{"rendered":"Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie weier om in Afrikaans te kommunikeer"},"content":{"rendered":"<p>Die mediawoordvoerder van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Isaac Mangena, weier om in Afrikaans te kommunikeer. Hy gebruik slegs Engels, of anders antwoord hy op Noord-Sotho wanneer vrae aan hom in Afrikaans gestel word.<\/p>\n<p>Dr. Dan Roodt van PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het verlede jaar, asook verlede week, versoeke om inligting aan Mangena gestuur vir publikasie op die PRAAG-webblad, waarna Mangena weereens in Noord-Sotho geantwoord het.<\/p>\n<p>&#8220;Ons aanvaar nie hierdie behandeling nie,&#8221; s\u00ea dr. Roodt. &#8220;Ons siening is dat Afrikaans die oorspronklike taal van Suid-Afrika is. In die Transvaal en die Vrystaat is Engels &#8216;n onlangse immigrantetaal, net soos Noord-Sotho of Pedi. In elk geval is ons hoofkantoor in die Transvaal en ons dring daarop aan dat daar aan die Verdrag van Vereeniging van 1902, asook &#8216;n hele rits internasionale verdrae, benewens nog FW en Roelf se patetiese grondwet van 1996, gehoor gegee word.&#8221;<\/p>\n<p>Die Menseregtekommissie is veronderstel om na die menseregte van Suid-Afrikaners om te sien. &#8220;Maar hier word taalregte vertrap deur dieselfde liggaam as wat veronderstel is om oor ons regte te waak. Dis totaal absurd!&#8221; s\u00ea Roodt.<\/p>\n<p>Nie net PRAAG nie, maar al die Afrikaanse media word deur die MRK se weiering om vrae in Afrikaans te beantwoord, geraak. Daarom gaan die organisasie &#8220;dringend en indringend die kwessie ondersoek&#8221;, met die oog op optrede om die MRK te dwing om Afrikaans te gebruik.<\/p>\n<p>&#8220;Ons wil nie onnodig ons tyd met hofsake mors nie, en ons is reeds in &#8216;n geding met die departement\u00a0van kuns en kultuur, asook die departement van omgewingsake betrokke rondom hul weiering om erkenning aan Afrikaans te gee,&#8221; s\u00ea Roodt. &#8220;Maar vir seker buig geen Afrikaner voor &#8216;n Pedi nie, of hy nou &#8216;n Pedi-Pedi of &#8216;n Engelse Pedi is. Met di\u00e9 dat Paul Kruger so in die nuus is, moet die Pedi&#8217;s dalk bietjie gaan oplees oor hoe hy di\u00e9 beginsel telkemale gedemonstreer het.&#8221;<\/p>\n<p>Benewens &#8216;n hofaansoek teen die MRK, sal PRAAG ook klagtes by internasionale organisasies aanhangig maak. Die organisasie voer uitgebreide korrespondensie met internasionale organisasies wat mense- en taalregte betref. &#8220;Die Menseregtekommissie kan hom maar regmaak vir &#8216;n PRAAG-aksie,&#8221; s\u00ea Roodt. &#8220;Toe ons in 2000 gestig is, het iemand geskerts dat ons leuse moet wees, &#8216;na aksie, satisfaksie&#8217;. Vir seker gaan ons die saak nie hier laat nie.&#8221;<\/p>\n<p>PRAAG sal ook &#8216;n e-petisie teen die SAMRK loods. &#8220;Ek is lus en stel die stelsel s\u00f3 dat elke e-pos in die inmandjie van Mangena, asook elke menseregtekommissaris beland. Dan sal hulle miskien twee keer dink oor hul anglofilie en pedifilie,&#8221; s\u00ea Roodt.<\/p>\n<p>PRAAG beplan ook om &#8216;n eis van etlike miljard rand teen die ANC-SAKP-bewind in te stel vir skade aan die Afrikaanse taal en kultuur. &#8220;Ons wil reparasies h\u00ea vir d\u00edt wat Afrikaans aangedoen is,&#8221; s\u00ea Roodt. &#8220;Die verdrukker moet betaal.&#8221;<\/p>\n<p>Besonderhede oor die eis teen die ANC-SAKP-bewind sal binnekort bekendgemaak word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die mediawoordvoerder van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Isaac Mangena, weier om in Afrikaans te kommunikeer. Hy gebruik slegs Engels, of anders antwoord hy op Noord-Sotho wanneer vrae aan hom in Afrikaans gestel word. Dr. Dan Roodt van PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het verlede jaar, asook verlede week, versoeke om inligting aan Mangena gestuur vir publikasie op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36207\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie weier om in Afrikaans te kommunikeer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36208,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[22020,9468,17451,4832],"class_list":["post-36207","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-isaac-mangena","tag-menseregte","tag-samrk","tag-taalregte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36207","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36207"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36207\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36208"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36207"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36207"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36207"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}