{"id":36205,"date":"2016-01-25T10:47:27","date_gmt":"2016-01-25T08:47:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36205"},"modified":"2016-01-25T10:47:27","modified_gmt":"2016-01-25T08:47:27","slug":"arabiese-lente-bring-armoede-opstande","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36205","title":{"rendered":"Arabiese lente bring armoede, opstande"},"content":{"rendered":"<p>Op 17 Desember 2010, het \u2019n jong, desperate Tunisiese straatverkoper, Mohamed Bouazizi, hom aan die brand gesteek uit protes oor werkloosheid en polisiemishandeling, wat opstand oral in die Arabiese w\u00eareld laat versprei het.<\/p>\n<p>Vyf jaar later het nog \u2019n jong Tunisi\u00ebr, Ridha Yahyaoui, hom uit frustrasie omdat hy nie \u2019n werk kon kry nie, om die lewe gebring. <\/p>\n<p>Dit het op dieselfde verarmde dorpe opnuut tot opstand gelei wat die bewind van Zine El-Abidine Ben Ali tot \u2019n val gebring het, het Reuters berig.<\/p>\n<p>Indien Tunisi\u00eb geloof is as die suksesverhaal van die Arabiese Lente, het dit ook \u2019n voorbeeld geword van die gevare verbonde aan die mislukking om die ekonomiese onbehaaglikheid, vervreemding en frustrasie van Noord-Afrika se jeug, die hoof te bied.<\/p>\n<p>In Kasserine, die verarmde sentrale stad waar verlede week se protes begin het, het meer verstote jong mans gedreig om selfmoord te pleeg. Twee is beseer toe hulle van die dak van\u2019n regeringsgebou afgespring het omdat hulle nie werk kry nie.<\/p>\n<p>Die onluste het gou na ander dorpe in die noorde van die land versprei met betogers wat polisiekantore en die kantore van plaaslike owerhede bestorm het. Een polisieman is in die onluste dood.<\/p>\n<p>Die betogers skree krete \u201cwerk, vryheid, waardigheid\u201d wat \u2019n weerklank van die 2011 \u201cJasmyn Rewolusie\u201d is en eise om politieke vryheid en ekonomiese geleenthede wat nie gematerialiseer het nie, weerklink.<\/p>\n<p>Baie betogers neem die traak-my-nieagtige gesindheid kwalik van voormalige Ben Ali-bewind amptenare, soos pres. Beji Caid Essebsi, wat aan bewind gekom het nadat die rewolusie die outokraat gedwing het om in ballingskap uit die land te vlug.<\/p>\n<p>Tunisi\u00eb het grootliks daarin geslaag om die gewelddadige naskokke vry te spring wat ervaar is in ander Arabiese Lente-lande waar langdienende leiers in Egipte, Jemen en Libi\u00eb tot \u2019n val gebring is, maar daardie lande steeds sukkel om stabiliteit te vind.<\/p>\n<p>Ondanks \u2019n nuwe grondwet, wat \u2019n kompromis tussen sekul\u00eare en \u00adIslamitiese partye was, en vrye verkiesings wat \u2019n model vir \u2019n streek is waar vuurwapens dikwels meer gewig dra as die stembus, het politieke vooruitgang nie \u00adekonomiese \u00advoorspoed gebring nie. \u00adWerkloosheid het in 2015 op 15,3 persent gestaan, op van die 12 persent in 2010, vanwe\u00eb swak \u00adekonomiese groei en laer beleggings.<\/p>\n<p>Universiteits-graduandi maak een derde van werklose Tunisi\u00ebrs uit.<\/p>\n<p>Dit bring onder meer mee dat middelklas, opgevoede Tunisi\u00ebrs, Islamitiese militante werwers ten prooi val. Na raming veg meer as 3 000 Tunisi\u00ebrs vir Islamitiese militante groepe in Irak en Siri\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op 17 Desember 2010, het \u2019n jong, desperate Tunisiese straatverkoper, Mohamed Bouazizi, hom aan die brand gesteek uit protes oor werkloosheid en polisiemishandeling, wat opstand oral in die Arabiese w\u00eareld laat versprei het. Vyf jaar later het nog \u2019n jong Tunisi\u00ebr, Ridha Yahyaoui, hom uit frustrasie omdat hy nie \u2019n werk kon kry nie, om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36205\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Arabiese lente bring armoede, opstande&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[21504,5480,5808],"class_list":["post-36205","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-arabiese-lente","tag-armoede","tag-opstand"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36205","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36205"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36205\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36205"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36205"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36205"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}