{"id":36173,"date":"2016-01-22T16:16:24","date_gmt":"2016-01-22T14:16:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36173"},"modified":"2016-01-22T16:33:50","modified_gmt":"2016-01-22T14:33:50","slug":"anc-koukus-wil-da-lp-geskors-he-omdat-sy-langs-paul-kruger-beeld-afgeneem-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36173","title":{"rendered":"ANC-koukus wil DA-LP geskors h\u00ea omdat sy langs Paul Kruger-beeld afgeneem is"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC se parlement\u00eare koukus het vandag die swart leier van die DA, Mmusi Maimane, uitgedaag om van al die &#8220;rassiste&#8221; in sy party ontslae te raak deur die Afrikaanse LP, Anchen Dreyer, te skors. Sy word daarvan beskuldig dat sy verlede jaar by &#8216;n kartonafbeelding van Paul Kruger afgeneem is met die boodskap, &#8220;Lekker verjaar, Oom Paul.&#8221; Volgens die ANC getuig dit van &#8220;rassisme&#8221;.<\/p>\n<p>Die ANC se parlement\u00eare woordvoerder, Moloto Mothapo, het in &#8216;n verklaring ges\u00ea dat me. Dreyer se &#8220;skaamtelose bewondering&#8221; vir Paul Kruger neerkom op &#8220;instemming met die misdade wat sy bewind teen swart Suid-Afrikaners gepleeg het&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Enigeen wat Kruger as &#8216;n held sien, is ook &#8216;n rassis wat alles deel waarvoor hy gestaan het, waaronder die geloof dat swartes minderwaardige barbare is wat die ongehoorde lyding wat hulle jare lank onder kolonialisme en apartheid verduur het, verdien,&#8221; het Mothapo ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het voortgegaan deur te verklaar: &#8220;Hy (Maimane) beskik nou oor die geleentheid om die dapper verbintenis wat hy voor die hele nasie aangegaan het, uit te voer. Die vraag is of hy sy ambisieuse onderneming gestand sal doen en Dreyer sal uitskop, of gaan hy ons vermoede dat sy toespraak niks anders as &#8216;n sinnelose foefie was nie bevestig?&#8221;<\/p>\n<p>In reaksie op Mothapo, het die DA se woordvoerder, Phumzile van Damme haar eie verklaring uitgereik waarin sy s\u00ea dat Mothapo se opmerkings &#8216;n &#8220;desperate&#8221; plan was om &#8220;Suid-Afrika volgens rassegrense te verdeel&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Suid-Afrika beskik oor &#8216;n ryk en ingewikkelde geskiedenis, wat nie weggewens kan word nie. Eerder moet die onregte van die verlede erken en daaruit geleer word. En diegene wat die regte van ons mede-Suid-Afrikaners geskend het, moet ook vir daardie misdaad onthou word,&#8221; het Van Damme ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens haar neig Mothapo se verklaring daarna om Suid-Afrikaners in kampe uiteen te jaag en standpunte te verhard wat versoening in die wiele ry.<\/p>\n<p>&#8220;Die ANC het duidelik di\u00e9 belangrike projek laat vaar, wat bepaal hoe die geskiedenis onthou moet word. Dis omdat hulle voortdurend verdere kiesersteun verloor, en daarom na strooihalms gryp om weereens ter sake te probeer word in die lewens van die miljoene Suid-Afrikaners wat hulle in die steek gelaat het,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Op Twitter het die rasaanhitsers soos die &#8220;skrywer&#8221; Eusebius McKaiser teen sowel Anchen Dreyer as die DA uitgevaar.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">.<a href=\"https:\/\/twitter.com\/Our_DA\">@Our_DA<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/zilevandamme\">@zilevandamme<\/a> That is a LAUGHABLE response to the ANC. So no denial of her attendance, her celebration of his legacy? <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/AnchenDreyer?src=hash\">#AnchenDreyer<\/a><\/p>\n<p>\u2014 Eusebius McKaiser (@Eusebius) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Eusebius\/status\/690503082724167681\">January 22, 2016<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Ene Lwazistos het McKaiser op Twitter gesteun deur te s\u00ea:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" lang=\"en\"><p>\n<a href=\"https:\/\/twitter.com\/MmusiMaimane\">@MmusiMaimane<\/a> defending racist after racist. His dream of a united SA are wasted in racist <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Our_DA\">@Our_DA<\/a> . Meet <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/AnchenDreyer?src=hash\">#AnchenDreyer<\/a> <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/PaulKruger?src=hash\">#PaulKruger<\/a> admirer!<\/p>\n<p>\u2014 Lwazistos (@Lwazistos) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Lwazistos\/status\/690483283361153024\">January 22, 2016<\/a>\n<\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC se parlement\u00eare koukus het vandag die swart leier van die DA, Mmusi Maimane, uitgedaag om van al die &#8220;rassiste&#8221; in sy party ontslae te raak deur die Afrikaanse LP, Anchen Dreyer, te skors. Sy word daarvan beskuldig dat sy verlede jaar by &#8216;n kartonafbeelding van Paul Kruger afgeneem is met die boodskap, &#8220;Lekker &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36173\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC-koukus wil DA-LP geskors h\u00ea omdat sy langs Paul Kruger-beeld afgeneem is&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36174,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5,51],"tags":[227,16610,7599,266],"class_list":["post-36173","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anc","tag-anchen-dreyer","tag-da","tag-rassisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36173","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36173"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36173\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36174"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36173"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36173"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36173"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}