{"id":36149,"date":"2016-01-21T15:58:52","date_gmt":"2016-01-21T13:58:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36149"},"modified":"2016-01-21T16:35:52","modified_gmt":"2016-01-21T14:35:52","slug":"boere-in-nood-is-snelgroeiendste-facebook-groep-ter-wereld-en-help-boere-landwyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36149","title":{"rendered":"Boere in Nood is snelgroeiendste Facebook-groep ter w\u00eareld en help boere landwyd"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Dit is \u2018n wonderlike dag vir die mense van Suid-Afrika wat die Boere in Nood-groep op Facebook ondersteun,&#8221; s\u00ea die organiseerders. Die groep is gestig om boere wat deur die droogte ramp binne Suid-Afrika geraak word te ondersteun. Die inisiatief\u00a0wat in November 2015 begin is, voor ander organisasies en georganiseerde landbou-organisasies, is\u00a0vandag die snelgroeiendste Facebook-groep in Suid-Afrika. In die tweede posisie is die Facebook-groep wat help om water te versprei na Suid-Afrikaners wat \u2019n skaarste aan water ondervind \u2013 Water Shortage South Africa.<\/p>\n<p>Caroline van Saasen, stigter van WSSA het met &#8216;n werknemer van die LA Times gepraat en \u2019n vrou van Facebook. \u201cSy was die een wat vir my ges\u00ea het dat ons die groep op Facebook is wat die tweede vinnigste groei en dat albei die top-groepe Suid-Afrikaans is. \u00a0\u2018Boere in Nood\u2019 is nommer een,&#8221; s\u00ea Van Saasen.<\/p>\n<p>Die BIN-projek is \u0149 skarewerwingsprojek en het al honderde boere in erge droogtetoestande regoor Suid-Afrika gehelp. Die Boere in Nood-groep was eerste op die grond en besig deur Kersfees en Nuwejaar om boere by te staan.<\/p>\n<p>Die direkteure van di\u00e9 nie-winsgewende organisasie, NC Schoombee (stigter), Nico Gerber en Carina Swartz, het die nood op voetsoolvlak raakgesien en het besluit om in te spring en werk te maak van die saak. Hulle het sosiale media gebruik om \u0149 noodroep te begin na die burgers van Suid-Afrika. Die blad het binne 10 weke oor die 45 000 lede bereik en fondse het w\u00eareldwyd vanaf Amerika, Brittanje, Europa en Kanada begin instroom.<\/p>\n<p>NC Schoombee s\u00ea hy is so dankbaar om te sien dat sy visie wat deur die Here gegee is, posgevat het op die manier wat dit geskied\u00a0het. \u201cDie mense op voetsoolvlak is di\u00e9 wat die verskil maak en ons is dankbaar teenoor al die lede van ons blad wat hande uitgesteek het om te help.\u201d Die groep doen ook \u2018n beroep op kunstenaars en bekende persone om hulle gewig saam met die mense in te gooi.<\/p>\n<p>Verskeie boere en vervoermaatskappye hettot dusver gratis hulp gebied aan die groep. &#8220;Ons doen \u0149 beroep op Suid-Afrika en die w\u00eareld om hande te vat met ons en nog fondse, voer en vervoer beskikbaar te stel vir ons boere in die ramp,&#8221; s\u00ea die groep.<\/p>\n<p>&#8220;Mense maak die verskil wat die verskil maak. Saam kan ons \u2018n verskil maak.\u2019<\/p>\n<p>Boere wat in nood is, asook skenkers, is welkom om met Carina Swartz by die e-posadres boereinnood[by]gmail.com kontak te maak.<\/p>\n<p>Die publiek kan aansluit en help om saam \u0149 verskil te maak by die Facebookgroep, <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/groups\/925517180818254\/\" target=\"_blank\">Boere in Nood<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Dit is \u2018n wonderlike dag vir die mense van Suid-Afrika wat die Boere in Nood-groep op Facebook ondersteun,&#8221; s\u00ea die organiseerders. Die groep is gestig om boere wat deur die droogte ramp binne Suid-Afrika geraak word te ondersteun. Die inisiatief\u00a0wat in November 2015 begin is, voor ander organisasies en georganiseerde landbou-organisasies, is\u00a0vandag die snelgroeiendste Facebook-groep &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36149\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Boere in Nood is snelgroeiendste Facebook-groep ter w\u00eareld en help boere landwyd&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36150,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[22001,2878,22002],"class_list":["post-36149","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-boere-in-nood","tag-facebook","tag-la-times"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36149","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36149"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36149\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36150"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36149"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36149"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36149"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}