{"id":36142,"date":"2016-01-21T08:18:10","date_gmt":"2016-01-21T06:18:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36142"},"modified":"2016-01-21T10:38:31","modified_gmt":"2016-01-21T08:38:31","slug":"dodetal-styg-na-jihadistiese-aanval-op-universiteit-in-pakistan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36142","title":{"rendered":"Dodetal styg na jihadistiese aanval op universiteit in Pakistan"},"content":{"rendered":"<p>Die dodetal in die aanval op die Bacha Khan-universiteit in Charsadda, ongeveer 50 kilometer van die stad Peshawar, Pakistan, het vinnig gestyg toe gewapende mans die kompleks in die militante-streek bestorm het.<\/p>\n<p>Polisie, soldate en spesiale magte het vinnig gevolg en van die grond en uit die lug aangeval om \u2018n einde aan die aanslag te maak, het AFP berig.<\/p>\n<p>\u201cDie dodetal in die terroriste-aanval het tot 21 gestyg\u201d, het die streek se polisiebevelvoerder, Saeed Wazir, ges\u00ea.<br \/>\nHy s\u00ea die operasie is be\u00ebindig en veiligheidsmagte het die gebied opgeruim. Die meeste slagoffers was manstudente in \u2018n hostel op die kampus.<\/p>\n<p>Meer as 30 ander, insluitende studente, personeel en veiligheidswagte is gewond, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2018n Milit\u00eare woordvoerder, genl.maj. Asim Bajwa, het op Twitter ges\u00ea vier aanvallers is ook in die voorval dood.<\/p>\n<p>Studente het een dosent as \u2018n held uitgesonder. Syed Hamid Hussain het volgens berigte teruggeveg en op die aanvallers geskiet in \u2018n poging om sy studente te beskerm. Hy is deur die aanvallers raakgeskiet. Pakistan se pres. Mamnoon Hoessein het later bevestig dat die dosent gesterf het.<\/p>\n<p>Van die studente het vertel dat die aanvallers \u201cAllah is groot\u201d tydens die aanval geskree het.<\/p>\n<p>Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Die aanval het die eienskappe getoon van \u2018n Taliban-aanval op \u2018n milit\u00eare skool in Peshawar in Desember 2014 waarin 150 mense, van wie die meeste kinders was, omgekom het.<\/p>\n<p>Die 2014 Taliban-aanval het die regering genoop om \u2018n volskaalse aanslag op ekstremiste van stapel te stuur.<\/p>\n<p>Pakistan se Jinnah Instituut s\u00ea in \u2018n verslag wat Dinsdag bekend gestel is, dat die nasionale aksieplan gehelp het om ekstremistiese geweld verlede jaar hok te slaan, al het geteikende aanvalle teen godsdienstige minderhede in die Moslem-land van ongeveer 200 miljoen mense toegeneem.<\/p>\n<p>Volgens die verslag was die verbetering veral op die gebied van vervolging weens haatspraak en die inhegtenisneming van terroriste van sektariese organisasies wat godsdienstige geweld aanhits.<\/p>\n<p>Dinsdag het \u2018n selfmoordbomaanval in \u2018n mark aan die buitewyke van Peshawar die lewens van tien mense benewens di\u00e9 van die bomaanvaller ge\u00ebis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dodetal in die aanval op die Bacha Khan-universiteit in Charsadda, ongeveer 50 kilometer van die stad Peshawar, Pakistan, het vinnig gestyg toe gewapende mans die kompleks in die militante-streek bestorm het. Polisie, soldate en spesiale magte het vinnig gevolg en van die grond en uit die lug aangeval om \u2018n einde aan die aanslag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36142\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dodetal styg na jihadistiese aanval op universiteit in Pakistan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16014,14920,7301,6663],"class_list":["post-36142","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-jihad","tag-moslemgeweld","tag-pakistan","tag-taliban"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36142","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36142"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36142\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36142"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36142"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36142"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}