{"id":36122,"date":"2016-01-20T09:55:10","date_gmt":"2016-01-20T07:55:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36122"},"modified":"2016-01-20T09:55:10","modified_gmt":"2016-01-20T07:55:10","slug":"polisie-in-windhoek-rand-witte-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36122","title":{"rendered":"Polisie in Windhoek rand witte aan"},"content":{"rendered":"<p>Polisielede verbonde aan die Sentrale polisiekantoor in Windhoek staar klagte van aanranding en brutaliteit in die gesig, nadat hulle glo \u2019n wit inwoner van Windhoek tydens ondervraging ernstig aangerand het. Die klagte, CR432\/01\/2016, is by dieselfde polisiekantoor aanhangig gemaak.<\/p>\n<p>Na bewering is die 35-jarige mnr. Marco Bock Saterdagoggend deur polisiebeamptes by die sentrale polisiekantoor in die hoofstad vir meer as \u2019n uur aangerand.<\/p>\n<p>Volgens Bock is hy vroe\u00ebr die oggend by die Vredehof-woonstelle in Windhoek vir ondervraging na die polisiekantoor geneem. Die ondervraging spruit glo uit die diefstal van \u2019n iPad uit een van die woonstelle. <\/p>\n<p>Drie jeugdiges was toe reeds vir ondervraging in een van die polisiebakkies na die polisiekantoor onderweg. Vingers is glo deur hulle na Bock gewys dat hy die skuldige was wat die iPad glo gesteel en onder die Tweelingbrug sou gaan wegsteek het. Die jeugdiges het na bewering die wegsteekplek aan die polisie gaan uitwys.<\/p>\n<p>Die drie jeugdiges en Bock is glo beveel om by die polisiekantoor uit te klim en na die agterkant van die gebou te stap. Na bewering is hulle toe beveel om liggaamlike oefeninge waaronder opstote te doen. Polisiebeamptes het toe glo vir Bock met \u2019n staalpyp oor sy boude en blaaie begin slaan in \u2019n poging om hom tot erkenning te dwing dat hy w\u00e9l die iPad gesteel het. <\/p>\n<p>Na bewering is hy volgens die polisiebeamptes geslaan omdat hulle \u201cdie waarheid soek\u201d en hy die jeugdiges sou gestuur het om die inbraak te pleeg. Die beweerde aanranding het sowat \u2019n uur geduur en het glo gestop toe die polisielede besluit het hy het wel die waarheid gepraat.<\/p>\n<p>\u2019n Mediese dokter het in \u2019n verklaring ingevolge die strafproseswet bevestig dat Bock kneusings aan sy boude en rug en bloed in sy urine gehad het.<\/p>\n<p>Die woordvoerder van die polisie, insp. Slogan Matheus, kon teen druktyd geen antwoorde verskaf nie.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Polisielede verbonde aan die Sentrale polisiekantoor in Windhoek staar klagte van aanranding en brutaliteit in die gesig, nadat hulle glo \u2019n wit inwoner van Windhoek tydens ondervraging ernstig aangerand het. Die klagte, CR432\/01\/2016, is by dieselfde polisiekantoor aanhangig gemaak. Na bewering is die 35-jarige mnr. Marco Bock Saterdagoggend deur polisiebeamptes by die sentrale polisiekantoor in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36122\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisie in Windhoek rand witte aan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[6686,6831,266,21989,2261,17637],"class_list":["post-36122","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanranding","tag-namibie","tag-rassisme","tag-skulderkenning","tag-volksmoord","tag-windhoek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36122","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36122"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36122\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36122"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36122"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36122"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}