{"id":36115,"date":"2016-01-20T09:24:35","date_gmt":"2016-01-20T07:24:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36115"},"modified":"2016-01-21T09:38:04","modified_gmt":"2016-01-21T07:38:04","slug":"bykans-alle-blanke-da-kiesers-is-rassiste-aldus-mmusi-maimane","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36115","title":{"rendered":"Bykans alle blanke DA-kiesers is rassiste, aldus Mmusi Maimane"},"content":{"rendered":"<p>Dis amptelik, aldus die \u201cObama van Soweto\u201d, die DA se leier, Mmusi Maimane:  Rassiste is nie welkom in die DA nie. Nie net dit nie: As jy wel \u2018n rassis is, moenie eers bodder om jou kruisie vir die DA te gaan trek nie. Voorts gaan daar glo van DA-lede verwag word om \u2018n anti-rassisme eed af te l\u00ea. Orwell sou hom morsdood gelag het. Bid jou aan: \u2018n Politieke party wat sy lede se gedagtes dmv \u2018n eed rein wil hou. Die DA is ook ten gunste van anti-blanke kwotas, aldus die DA se kwota-leier. Laasgenoemde is natuurlik soos \u2018n hond wat ten gunste is van wors in sy eie hok. Maimane probeer wel vergeefs om daardie kwotas as blote teikens te probeer afmaak, maar gelukkig is ons nie na\u00efef nie, of hoe?<\/p>\n<p>Oor wat presies \u2018n rassis en rassisme sou wees, is mnr Maimane helaas baie vaag. Een voorbeeld van rassisme wat hy wel opper, is as mense lag vir vreemde uitsprake van woorde wanneer swartmense nie hulle huistaal praat nie. Ek ken egter geen Afrikaner wat lag wanneer \u2018n swart persoon Afrikaans praat nie; inteendeel, ons almal waardeer dit veel eerder om in Afrikaans aangespreek te word, al is daar \u2018n paar woorde wat nie heeltemal reg uitkom nie. Ek het nog nooit enige Afrikaner \u2018n swart persoon hoor tart oor sy uitspraak van Afrikaans nie.  Die Afrikaners wat ek ken, kwalifiseer dus skynbaar nie as rassiste volgens daardie spesifieke definisie nie. Daar was wel \u2018n Engelse aanbieder op eNCA wat geskors is omdat hy snedig gelag het oor die minister van onderwys se uitspraak van \u2018n Engelse woord. Maimane praat dus skynbaar van wit Engelse.<\/p>\n<p>\u2018n Ander voorbeeld wat Maimane opper, is dat rassiste glo nie ander mense se bestaan erken nie (\u201cnot bothering to acknowledge people\u201d). Weer eens: Ek is nie bewus van selfs die mees stereotipiese, regsgesinde plaasboer wat nie sy werkers sal groet nie. Weer eens lyk dit vir my of Maimane eerder \u2018n wrewel het aan \u2013 wie weet? &#8211; ryk Engelse uit die Noordelike Voorstede, die m\u00eadems wat onder mekaar kla oor hoe moeilik dit is om goeie bediendes te kry. Moontlik is dit hulle wat nie verstaan dat, in die swart kultuur, dit goeie maniere is vir \u2018n ondergeskikte om te wag dat die ander persoon hom eerste groet nie.<\/p>\n<p>Wat Maimane eerder bo beskryf, is swak maniere, maar die meerderheid Afrikaners is opgevoed om goeie maniere teenoor almal te toon, wit of swart. Ek verstout my ook om te s\u00ea die meeste Afrikaners verstaan die swart kulture veel beter as jou deursnee Engelse snobis.<\/p>\n<p>\u2018n Veel duideliker leidraad oor wat kwansuis rassisme sou wees, kom wel in die res van die toespraak voor. Die kern van die probleem, volgens Maimane, gaan oor wat dr Samantha Vice, daardie argetipiese mors van \u2018n wit vel, \u201cwhite privilege\u201d sou noem.  Maimane verwys in sy toespraak pertinent na strukturele ongelykhede as die kern van die probleem, en spesifiek na grondbesit. In hierdie opsig is daar geen verskil tussen Maimane en die EFF nie. Malema beskou alle blankes wat \u2018n plaas of selfs \u2018n voorstedelike lappie grond besit as sogenaamde gronddiewe. Onthou: Maimane ganse toespraak het gehandel oor rassisme, en volgens Maimane, asook Malema, is die kern van die rassismeprobleem eintlik strukturele ongelykhede, waarvan grondbesit \u2018n belangrike komponent is.<\/p>\n<p>Dus: Jy, meneer die blanke boer, en jy, meneer en mevrou wat sukkel om julle verband op julle meenthuiserfie te betaal, is per definisie skuldig aan strukturele ongelykheid en derhalwe \u2018n aartsrassis. Jy het iemand se grond gesteel. Selfs al is jy dus \u2018n tipiese Afrikaner wat dit waardeer as \u2018n swart persoon jou in Afrikaans aanspreek, maak jou besit van \u2018n lappie grond jou volgens die DA se leier per definisie \u2018n rassis en aandadig aan strukturele rassisme.<\/p>\n<p>Voorts is ongelyke opvoeding, volgens Maimane, deel van die kernprobleem. Dus: As jy as blanke jou kinders se opvoeding as opperbelangrik ag, en as jy \u2018n slawedrywer is wat hulle dwing om op skool te presteer, is jy aandadig aan strukturele rassisme, want dan diskrimineer jou optrede teen diegene wat nie noodwendig \u2018n ho\u00eb premie op \u2018n goeie opvoeding plaas nie. Jou toppresterende matrikulant steel swart skoolkinders se geleenthede.<\/p>\n<p>Gelukkig bied mnr Maimane darem toe verlossing en bevryding aan blankes tydens sy toespraak. Jy, meneer en mevrou die strukturele rassis, kan ook gered word van jou rassisme. Al wat jy hoef te doen, is om gedwe\u00eb, soos \u2018n skaap ter slagting, tot jou eie nadeel mee te maak aan anti-blanke diskriminasie. Jy moet dus vir lief neem daarmee wanneer jy en jou kinders van \u2018n werk onts\u00ea word in die naam van reg-stelende aksie, wat as amptelike DA-beleid herbevestig is tydens Maimane se toespraak.<\/p>\n<p>As jy jou eweneens verbeel het dat grondroof slegs onder \u2018n EFF- of ANC-regering sou voorkom, dink weer. Maimane het ook bevestig dat die afneem van blankes se grond amptelike DA-beleid is, en enige blanke wat hom te\u00ebsit is onmiddellik \u2018n rassis. So ook moet jy jou nie verbeel dat die gewettigde, rassistiese korrupsie bekend as SEB sal verdwyn onder \u2018n DA-regering nie. Al wat sal verander, is dat dit DA-lede sal wees wat hul lywe tenderpreneurs sal hou. En weer eens: Durf wag om beswaar aan te teken, en die DA jaag vir jou soos \u2018n brandsiek hond weg en skeur boonop jou eed op.<\/p>\n<p>Uit hoofde van die bogenoemde feite, lyk dit vir my asof geen blanke kieser wat a) eiendom besit, b) goeie onderwys op prys stel, of c) besware het teen rassisme soos SEB of RA, vir die DA kan stem nie. As jy aan een van daardie drie skuldig is, is jy per definisie \u2018n blanke rassis, volgens die Mbeki-bewonderaar, Maimane. Jy kan dus ook nie jou eed met \u2018n rein gewete gaan afl\u00ea nie, sou jy \u2018n DA-lid wou word.<\/p>\n<p>Sterkte, meneer Maimane, om toekomstige verkiesings sonder minstens 60% van jou totale stemvee tot op hede te probeer aanpak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis amptelik, aldus die \u201cObama van Soweto\u201d, die DA se leier, Mmusi Maimane: Rassiste is nie welkom in die DA nie. Nie net dit nie: As jy wel \u2018n rassis is, moenie eers bodder om jou kruisie vir die DA te gaan trek nie. Voorts gaan daar glo van DA-lede verwag word om \u2018n anti-rassisme [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":36116,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[2188,7599,7343,21987,266],"class_list":["post-36115","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-afrikaners","tag-da","tag-george-orwell","tag-mmusi-maiman","tag-rassisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36115","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36115"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36115\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36116"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36115"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36115"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36115"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}