{"id":36093,"date":"2016-01-19T10:00:36","date_gmt":"2016-01-19T08:00:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36093"},"modified":"2016-01-20T09:08:41","modified_gmt":"2016-01-20T07:08:41","slug":"savimbi-se-kinders-hewig-ontsteld-oor-videospeletjie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36093","title":{"rendered":"Savimbi se kinders hewig ontsteld oor videospeletjie"},"content":{"rendered":"<p>Die voormalige leier van Unita, Jonas Savimbi, is nou \u2019n skurk in \u2019n videospeletjie en dit het sy kinders hewig ontstel, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die familie van die gevalle Angolese rebelleleier, Jonas Savimbi, dagvaar die vervaardigers van \u2019n gewilde videospeletjie, Call of Duty vir die uitbeelding van sy karakter as \u2019n \u201cbarbaar\u201d, het hul regsgeleerde ges\u00ea.<\/p>\n<p>Drie van Savimbi se kinders wat in die Parys-streek woon, vra een miljoen euro in skadevergoeding van die Franse tak van die speletjie se vervaardigers, Activision Blizzard.<\/p>\n<p>Savimbi was die stigter van die Nasio\u00adnale Verenigde Front vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (Unita), wat in \u2019n 27-jaar lange burger\u00adoorlog met die Angolese regering betrokke was.<\/p>\n<p>Hy is tydens gevegte in 2002 dood en dit het die weg vir \u2019n vredesooreenkoms gebaan wat \u2019n einde aan een van Afrika se langste en bloedigste konflikte sou maak.<\/p>\n<p>Die oorlog het die lewens van minstens \u2019n halfmiljoen mense ge\u00ebis en vier miljoen burgerlikes gedwing om uit hul huise te vlug.<\/p>\n<p>Hy was net so charismaties as wat hy omstrede was en die bebaarde Savimbi het gereeld in die openbaar in sy uniform met \u2019n rooi baret verskyn.<\/p>\n<p>Tien jaar n\u00e1 sy dood, was dit hierdie figuur wat sy kinders ontdek het toe Call of Duty die Black Ops II videospeletjie in 2012 bekend gestel het.<\/p>\n<p>Die omstrede deel wys Savimbi, bekend as die \u201cswart haan\u201d onder sy ondersteuners, waar hy op \u2019n tenk staan en sy troepe opsweep en die MPLA in aantog is en geweervuur oral gehoor kan word.<\/p>\n<p>Hy skree slagspreuke soos \u201cveg, my broers\u201d en \u201cons moet met hulle klaarspeel . . . dood vir die MPLA\u201d.<\/p>\n<p>Die Savimbi-familie se regsgeleerde s\u00ea Savimbi word uitgebeeld as \u2019n \u201cgroot domkop wat almal wil doodmaak\u201d.<\/p>\n<p>Dit is nie die eerste keer dat geskied\u00adkundige en politieke figure as karakters in Call of Duty hul verskyning maak nie.<\/p>\n<p>Kuba se Fidel Castro, die ontslape Amerikaanse president, John F. Kennedy en die voormalige Panamese diktator, Manuel Noriega, het ook al hul verskyning gemaak. <\/p>\n<p>Noriega het in 2014 in Amerika hof toe gegaan en ges\u00ea die speletjie stel hom in \u2019n slegte lig. Die hof het die saak verwerp.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die voormalige leier van Unita, Jonas Savimbi, is nou \u2019n skurk in \u2019n videospeletjie en dit het sy kinders hewig ontstel, het AFP berig. Die familie van die gevalle Angolese rebelleleier, Jonas Savimbi, dagvaar die vervaardigers van \u2019n gewilde videospeletjie, Call of Duty vir die uitbeelding van sy karakter as \u2019n \u201cbarbaar\u201d, het hul regsgeleerde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36093\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Savimbi se kinders hewig ontsteld oor videospeletjie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36094,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5048,21978,7670,21977,21976,15622,21979],"class_list":["post-36093","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angola","tag-black-ops","tag-burgeroorlog","tag-call-of-duty","tag-jonas-savimbi","tag-mpla","tag-videospeletjies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36093","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36093"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36093\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36094"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36093"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36093"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36093"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}