{"id":36080,"date":"2016-01-18T10:38:58","date_gmt":"2016-01-18T08:38:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36080"},"modified":"2016-01-18T10:38:58","modified_gmt":"2016-01-18T08:38:58","slug":"anc-verklaar-oorlog-teen-wittes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36080","title":{"rendered":"ANC verklaar oorlog teen wittes"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC het oorlog verklaar teen sogenaamde wit &#8220;rassiste&#8221; in &#8216;n poging om swart eenheid te bevorder.<\/p>\n<p>Die party het ook ander politieke partye gevra om hulle daarvan te weerhou om die swart regime te ondermyn. <\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die ANC, Zizi Kodwa s\u00ea oproepe dat President Jacob Zuma uit sy pos verwyder moet word, is &#8216;n poging om &#8216;n &#8220;regte gesprek&#8221; oor wit rassisme te vermy.<\/p>\n<p>Die ANC-regime probeer kennelik die wit minderheid se &#8220;rassisme&#8221; verantwoordelik hou vir hul mislukkings. Die party het al meermale verklaar dat swartes nie rassisties kan wees nie omdat hulle &#8220;verontreg&#8221; is.<\/p>\n<p>Kodwa s\u00ea dit is duidelik dat die ZumaMustFall-veldtog slegs die samelewing verdeel en tot gespanne betrekkinge lei. <\/p>\n<p>&#8216;n Reuse Zuma Must Fall banier wat by &#8216;n woonstelgebou in Kaapstad opgerig is, is Saterdag deur ANC-ondersteuners uitmekaar geskeur. <\/p>\n<p>Die DA het &#8216;n klag teen &#8216;n ANC-parlementslid ingedien nadat hy op sosiale media ges\u00ea het dat die gebou en al sy inwoners afgebrand moet word. <\/p>\n<p>Die DA het ontken dat hy betrokke was by die oprig van die banier. Primedia het glo vir die banier betaal.<\/p>\n<p>Intussen beoog die radiopersoonlikheid, Gareth Cliff wat afgedank is weens sy beweerde rassisme, om M-Net hof toe te sleep vir onregverdige ontslag.<\/p>\n<p>Cliff is in die pad gesteek na wat talle kykers as &#8216;n &#8220;rassevoorval&#8221; op Twitter bestempel het. Hy het nalv die Penny Sparrow-rasseherrie ges\u00ea Suid-Afrikaners begryp nie wat vryheid van spraak beteken nie. <\/p>\n<p>Die wit omroeper Cliff het nie direk na swartes verwys nie, maar die woord &#8220;people&#8221; gebruik. <\/p>\n<p>Cliff het tien jaar lank op die Idols-paneel gedien. &#8216;n Swart Idols-beoordeelaar, Somizi was ook onlangs in &#8216;n rassevoorval betrokke, maar dien steeds op die paneel.<\/p>\n<p>Somizi Mhlongo het om sy Instagram sy mening gelug oor &#8220;rassistiese wit Suid-Afrikaners wat hoop dat Zuma se val hulle &#8216;n wit president sal gee of apartheid sal terugbring&#8221;.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hulle hoop is &#8220;&#8216;n ware ontkenning van die werklikheid&#8221;. Hy het egter slegs Afrikaners uitgesonder as &#8220;wit Suid-Afrikaners&#8221;.<\/p>\n<p>Somizi s\u00ea di\u00e9 ontkenning is soortgelyk aan Donald Trump wat dink hy gaan die volgende Amerikaanse president word of Oscar Pistorius wat glo hy gaan weer aan die Olimpiese Spele deelneem.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC het oorlog verklaar teen sogenaamde wit &#8220;rassiste&#8221; in &#8216;n poging om swart eenheid te bevorder. Die party het ook ander politieke partye gevra om hulle daarvan te weerhou om die swart regime te ondermyn. &#8216;n Woordvoerder van die ANC, Zizi Kodwa s\u00ea oproepe dat President Jacob Zuma uit sy pos verwyder moet word, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36080\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC verklaar oorlog teen wittes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36081,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[2188,19468,5888,21969,15431,8302,8889,21968],"class_list":["post-36080","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaners","tag-gareth-cliff","tag-media24","tag-mnet","tag-omroeper","tag-rassevoorval","tag-vryheid-van-spraak","tag-wittes-somizi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36080","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36080"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36080\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36081"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36080"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36080"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36080"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}