{"id":36077,"date":"2016-01-18T10:12:55","date_gmt":"2016-01-18T08:12:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=36077"},"modified":"2016-01-18T10:12:55","modified_gmt":"2016-01-18T08:12:55","slug":"sanksies-teen-iran-opgehef","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=36077","title":{"rendered":"Sanksies teen Iran opgehef"},"content":{"rendered":"<p>Iran het Saterdag \u2019n reusetree vorentoe gegee om sy internasionale afsondering te be\u00ebindig, toe sanksies teen die land opgehef is.<\/p>\n<p>Die geskiedkundige kernooreenkoms met verskeie w\u00eareldmagte wat in Julie gesluit is, het uiteindelik in werking getree, het AFP berig.<\/p>\n<p>Iran se pres. Hassan Rouhani, wie se verkiesing in 2013 gehelp het om die reuse diplomatieke poging vir die 14 Julie Wenen-ooreenkoms van stapel te stuur, het dit as \u2019n \u201cglorieryke oorwinning\u201d vir die \u201cgeduldige nasie van Iran\u201d verwelkom en as \u2019n \u201cnuwe hoofstuk\u201d in Teheran se betrekkinge met die res van die w\u00eareld beskryf.<\/p>\n<p>Die dag van implementering van die ooreenkoms het aangebreek nadat die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) se inspekteurs bevestig het dat Iran \u00e1l die maatre\u00ebls nagekom het waarop ooreengekom is.<\/p>\n<p>Die hoof van buitelandse sake van die Europese Unie (EU), Federica Mogherini, wat die ses groot w\u00eareldmoonthede verteenwoordig het, het ges\u00ea dat \u201cmultilaterale en nasionale ekonomiese en finansi\u00eble sanksies wat verband hou met Iran se kernprogram opgehef word\u201d.<\/p>\n<p>Dit sluit in sanksies teen Iran se noodsaaklike olie-uitvoere. Rouhani het \u2019n \u201cjaar van voorspoed\u201d vir sy land voorspel.<\/p>\n<p>Die aankondiging is gevolg deur die nuus van uitruiling van gevangenes tussen Amerika en Iran, n\u00f3g \u2019n teken dat betrekkinge tussen die twee ou vyande aan die verbeter is.<\/p>\n<p>Verdere stappe deur Iran sal gekombineer word met uiters noukeurige inspeksies deur die IAEA en dit sal vir \u2019n jaar duur.<\/p>\n<p>Iran het nog altyd ontken dat die land kernwapens wil h\u00ea en hou vol sy kernaktiwiteite is uitsluitlik vir vreedsame redes soos die opwekking van elektrisiteit.<\/p>\n<p>Die ooreenkoms het meegebring dat Amerika en Iran nou op die pad na beter betrekkinge is, 35 jaar nadat die Islamitiese rewolusie die Amerikaans-gesteunde sjah uit die kussings gelig het. <\/p>\n<p>Die VSA het egter nuwe sanksies teen Iranse maatskappye en individue ingestel oor &#8216;n onlangse ballistiese missieltoets.<\/p>\n<p>Die nuwe sanksies raak 11 entiteite en individue gekoppel aan die missielprogram en sal hul gebruik van die Amerikaanse bankstelsel verhoed.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Iran het Saterdag \u2019n reusetree vorentoe gegee om sy internasionale afsondering te be\u00ebindig, toe sanksies teen die land opgehef is. Die geskiedkundige kernooreenkoms met verskeie w\u00eareldmagte wat in Julie gesluit is, het uiteindelik in werking getree, het AFP berig. Iran se pres. Hassan Rouhani, wie se verkiesing in 2013 gehelp het om die reuse diplomatieke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=36077\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sanksies teen Iran opgehef&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":36078,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4970,5174,14135,5358,9592,10713,2848],"class_list":["post-36077","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-iran","tag-israel","tag-kernooreenkoms","tag-moslems","tag-sanksies","tag-saoedi-arabie","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36077","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36077"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36077\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/36078"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36077"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36077"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36077"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}