{"id":35978,"date":"2016-01-12T09:50:25","date_gmt":"2016-01-12T07:50:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35978"},"modified":"2016-01-12T09:50:25","modified_gmt":"2016-01-12T07:50:25","slug":"voedoe-in-benin-kry-politieke-kleur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35978","title":{"rendered":"Voedoe in Benin kry politieke kleur"},"content":{"rendered":"<p>Die nasionale voedoe-vakansiedag in die Wes-Afrikaland, Benin het vanjaar \u2018n politieke kleur gehad met beoefenaars van die tradisie wat gebid en offerhande vir vrede gebring het, het Reuters berig.<\/p>\n<p>Honderde volgelinge van die tradisionele godsdiens het in die kusdorp Ouidah, eens \u2018n belangrike hawe in die slawehandel, byeengekom om vir kalmte te bid voor die presidentsverkiesing wat in Februarie plaasvind.<\/p>\n<p>Benin het nie \u2018n geskiedenis van verkiesingsgeweld nie, maar David Kofi Aza, \u2018n bekende priester, het verlede maand ges\u00ea \u2018n orakel met die naam Fa het die dood van tientalle mense in naverkiesinggeweld voorspel omdat die verloorder nie die uitslae sou aanvaar nie.<\/p>\n<p>Aza s\u00ea die orakel het nie onthul hoe die krisis afgeweer kan word nie.<\/p>\n<p>By die seremonie in Ouidah het die geestelike leier, Daagbo Hounan Houna II, die dooies gevra om die orde tydens die verkiesing te help handhaaf.<\/p>\n<p>In die binneland in Savalou, die tuisdorp van eerste minister Lionel Zinsou, het priesters en hoogwaardigheidsbekle\u00ebrs \u2018n hoender aan die brand gesteek tydens \u2018n seremonie, voordat bloed en palmolie op \u2018n fetisj bestaande uit muntskulpe en sand uitgegooi is.<\/p>\n<p>Die verkiesingsveldtog word oorskadu deur omstredenheid oor die regerende party se besluit om Zinsou as kandidaat te stel, \u2018n besluit wat deur die uittredende president, Thomas Boni Yayi, goedgekeur word.<\/p>\n<p>Verlede Dinsdag het politici van opposisiepartye vergader vir besprekings oor die moontlike vorming van \u2018n koalisie om Zinsou se kanse te belemmer om verkies te word.<\/p>\n<p>Zinsou het sowel Franse as Beninese burgerskap en hy het \u2018n groot deel van sy lewe in Frankryk deurgebring. Sy kritici voer aan dat hy \u2018n buitestaander is, sonder werklike begrip vir die realiteite van die lewe in Benin. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nasionale voedoe-vakansiedag in die Wes-Afrikaland, Benin het vanjaar \u2018n politieke kleur gehad met beoefenaars van die tradisie wat gebid en offerhande vir vrede gebring het, het Reuters berig. Honderde volgelinge van die tradisionele godsdiens het in die kusdorp Ouidah, eens \u2018n belangrike hawe in die slawehandel, byeengekom om vir kalmte te bid voor die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35978\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Voedoe in Benin kry politieke kleur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":35979,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[21672,14265,5240,8577,18061],"class_list":["post-35978","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-benin","tag-moetie","tag-toordokters","tag-voedoe","tag-vrede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35978","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35978"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35978\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35979"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35978"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35978"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35978"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}