{"id":35962,"date":"2016-01-12T00:01:50","date_gmt":"2016-01-11T22:01:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35962"},"modified":"2016-01-13T08:17:29","modified_gmt":"2016-01-13T06:17:29","slug":"karel-combrinck-sondebokke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35962","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Sondebokke"},"content":{"rendered":"<p>Onlangs is een en ander ges\u00ea oor <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=34751\">sondebokke<\/a>. Dit het spesifiek gegaan oor linksliberales, verloopte Afrikaners ingesluit, wat &#8216;n sondebok probeer soek vir die mislukking van hulle in-sonde-gebore rommelrepubliek en die skuld daavoor te probeer plaas voor die deur van Jacob Zuma. Lesers mag gesien het dat die New York Times, daardie orakel van linksliberalisme, nou ook tot die koor toegetree het met onder meer twee uiters kritiese inleidingsartikels oor Zuma die afgelope twee weke. Die gedagte dat Jacob Zuma soveel verskil kan maak, al is dit in &#8216;n negatiewe rigting, sou hom waarskynlik tot eer strek.<\/p>\n<p>Die begrip sondebok is so oud soos die mensdom self. So word daar in die Ou Testament melding gemaak van &#8216;n sondebok op wie die volk sy skulde kon projekteer ten einde hulleself weer witter te kon was as sneeu. Daardie sondebok was aanvanklik natuurlik letterlik &#8216;n dier, maar met verloop van tyd was sondebokke meesal mense en het die begrip \u00absondebok\u00bb dus die metaforiese betekenis gekry van &#8216;n mens op wie ander hulle skuld kon pak.<\/p>\n<p>Dit lyk asof daar \u00earens, diep in die psige van die mens &#8216;n soort oerbehoefte skuil om sy skuld op iets of iemand anders af te laai.<\/p>\n<p>Die voorbeeld by uitstek van &#8216;n sondebok was natuurlik Christus self wat aan &#8216;n kruis gespyker is op aandrang van &#8216;n histeriese, skreeuende, baarduitrukkende, klereskeurende en as-op-die-hoof-strooiende horde . Soos die aangrypende gedig van Elizabeth Eybers lui wat Praag in sy onlange kersboodskap aangehaal het :<\/p>\n<blockquote><p>Het jy kon dink, eenmaal sou jy<br \/>\ndie hele w\u00eareldskande dra ?<\/p><\/blockquote>\n<p>Met hierdie sondebok was die verskil net dat hy homself as offer gebring het en nie iet sof iemand anders nie.<\/p>\n<p>Die vroe\u00eb Christene is deur die Romeinse keiser, Nero, die skuld gegee vir die afbrand van Rome waarvoor hy hulle, as straf, voor die voet uitgeroei het. Gedurende die Middeleeue was dit hoofsaaklik sg. \u00abhekse\u00bb wat geblameer is as dit nie re\u00ebn nie, of wanneer oeste misluk, of wanneer &#8216;n kind in die dorp aan &#8216;n onbekende oorsaak sterf. In daardie dae was so te s\u00ea alle oorsake van sterftes onbekend, sodat \u00abhekse\u00bb lustig verbrand en verdrink is.<\/p>\n<p>Die groot sondebokke van die twintigste eeu was sekerlik die Nazi&#8217;s asook enigiemand wat deur die linksdekadentes as die Nazi&#8217;s se nakomelinge uitgemaak is. Die kommuniste van die Sowjetunie het aan hierdie sondebokstatus ontsnap as beloning daarvoor dat hulle die stryd teen die Nazi&#8217;s gevoer het aan die kant van die \u00abGeallieerdes\u00bb. Vir die grootste gedeelte van die bestaan van die Sowjetunie was akademici, intellektuele en ander linksgesindes, perverses en nuttige idiote in die Weste getroue ondersteuners van die Sowjet-styl-kommunisme en dis eers met die val van die Sowjetunie in die negentigs dat hulle skielik van mening verander het.<\/p>\n<p>Maar dan die ander sondebok van die twintigste eeu: apartheid. Wat het die linkse gepeupel tog veel vreugde gehad aan hierdie \u00abinkarnasie van absolute boosheid\u00bb waaraan hulle hul eie morele meerderwaardigheid\u00a0kon meet. Soos die skrywer Christopher Hitchens (aangegaal deur leon Lemmer in sy <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=35761\">artikel oor Moeder Teresa<\/a>) dit stel : \u00abThe most hateful dictatorship of the twentieth century is the vile system of Apartheid in South Africa.\u00bb En noudat apartheid iets van die verlede is, nou teer hulle nog steeds op die halfafgeknaagde gebeentes van \u00abonregverdighede uit die verlede\u00bb om hulle linkse ideologie &#8216;n bietjie lyf te gee. Sonder die skrikbeelde van nazisme en apartheid het die linkses moeite om hulleself te identifiseer of selfs die gevoel te kry dat hulle darem bestaan.<\/p>\n<p>Die linkses en hulle nuttige-imbesielmeelopers, die fladderende engeltjies, soek dus nou weer naarstiglik na &#8216;n nuwe sondebok. Al die ou staatmakers van die verlede is uitgespeel: Hitler se nazisme, Mussolini en genl. Franco se fascisme, Pinochet van Chile en Salazar van Portugal en dr Verwoerd se apartheid en so ook Saddam Hoesein en Moeammar Ghaddafi. En nou is Bachar Al-Assad aan die beurt, maar Al-Assad het Rusland agter hom en dit is &#8216;n dikkerige kers om af te byt. Die hoofteiken bly nietemin Rusland. Hoe graag sou die Amerikaners en hulle handlangers tog nie van Wladimir Poetin en Rusland ook &#8216;n sondebok wou maak nie. Dis net dat hulle nou nie juis &#8216;n lekker argument kry om dit te regverdig nie. Rusland is nie &#8216;n diktatuur nie en het &#8216;n demokraties verkose regering. Hulle kan natuurlik Rusland se betrokkendheid in die Krim en in die Oekra\u00efene gebruik maar dis nie heeltemal genoeg om van Rusland &#8216;n muishond te kan maak nie en trouens is die Russe se ingryping in die hierdie gebiede hoofsaaklik &#8216;n reaksie op die Amerikaanse program om missielstelsels op Rusland se grense op te rig.<\/p>\n<p>Die jongste is dat hulle Rusland nou begin beskuldig daarvan dat hulle lugaanvalle in Siri\u00eb gerig is teen die burgerlike\u00a0bevolking wat Bachar Al-Assad opponeer. Ons sal maar sien hoe ver kom hulle daarmee.<\/p>\n<p>Maar die Russe het die afgelope tyd &#8216;n kragtige televisiesender, nl. Russia Today wat die ander kant van die saak stel en dit moeiliker maak vir die linkses om na willekeur oor hulle te lieg. &#8216;n Kommunikasie-instrument soos di\u00e9, is wat ons in die apartheidsdae kortgekom het. (Kyk gerus Russia Today op www.rt.com. Baie interessant.)<\/p>\n<p>Die ware vyand van nasionalisme en volksidentiteit is Amerika en hulle klakkelose napraters aan die universiteite en in die media, waaronder die ou natbroekkrieketbrosjure, DieBurger, en die res van Natpers, die nuttigste idioot van almal. Die Amerikaners is wel begaan oor hulle eie nasionale identiteit. Hulle gun dit net nie aan ander ook nie, want dit staan in die weg van die uitbreiding van die Amerikaanse w\u00eareldimperium. Was dit nie einste Amerika nie wat ten gunste was van die skepping van die Europese Unie en wat nou druk uitoefen om Turkye ook toegelaat te kry, nie om die Europese volkere te versterk nie, maar om hulle te verswak. Die sukses van die strategie kan gemeet word aan die mate waarin die Europese leiers en regerings vandag willoos agter die Amerikaners aanslof, veral wat betref die veldtog teen Rusland. Die nuttige idiote van die verlede was di\u00e9 wat uit na\u00efwitieit en verwronge humanisme meelopers van die Sowjetkommunisme was. Vandag is hulle di\u00e9 wat om\u00a0dieselfde redes Amerika se ambisies ter wille is.<\/p>\n<p>Sonder sondebokke is die linksliberales eenvoudig spookasems . Hulle het weinig substansieels by te dra, benewens &#8216;n paar afgesaagde humanistiese slagspreuke en dan ook die beledigings waarop hulle enigeen trakteer wat nie met hulle saamstem nie. As daar nie werklik &#8216;n ideologie van betekenis is waarteenoor hulle kan reageer nie, soos nou, ontstaan aan daardie kant &#8216;n lugleegte wat onvermydelik deur iets of iemand gevul sal word. Volgens alle aanduidings is regsgesinde nasionaliste en patriotte in Europa vinnig besig om die vakuum te vul. Kyk maar die berig op 3 Januarie dat Geert Wilders nou vir die derde keer die mees gewilde politikus in Nederland is. En dan die moontlikheid van Donald Trump in die Withuis en Marine Le Pen in die Elys\u00e9e-paleis in 2017. Die linkses moet dus maar net &#8216;n bietje geduld gebruik. Die nuwe sondebokke is in aantog. Kom ons gaan die Nuwe Jaar met hierdie bemoedigende vooruitsig tegemoet.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs is een en ander ges\u00ea oor sondebokke. Dit het spesifiek gegaan oor linksliberales, verloopte Afrikaners ingesluit, wat &#8216;n sondebok probeer soek vir die mislukking van hulle in-sonde-gebore rommelrepubliek en die skuld daavoor te probeer plaas voor die deur van Jacob Zuma. Lesers mag gesien het dat die New York Times, daardie orakel van linksliberalisme, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35962\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Karel Combrinck: Sondebokke&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":35963,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[21861,2078,21933,9947],"class_list":["post-35962","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-moeder-teresa","tag-rusland","tag-sondebok","tag-wladimir-poetin"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35962","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35962"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35962\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35963"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35962"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35962"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35962"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}