{"id":35956,"date":"2016-01-11T12:51:25","date_gmt":"2016-01-11T10:51:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35956"},"modified":"2016-01-11T12:51:25","modified_gmt":"2016-01-11T10:51:25","slug":"vyf-olie-opgaartenks-brand-in-libiese-hawens","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35956","title":{"rendered":"Vyf olie-opgaartenks brand in Libiese hawens"},"content":{"rendered":"<p>Met die olieprys wat &#8216;n laagtepunt bereik het, is brandstofbergingsplekke oorvol.<\/p>\n<p>Maar in Libi\u00eb woed brande tans by die opgaartenks van Es Sider en Ras Lanuf. Twee van die brande is begin toe olie-opgaartenks deur ISIS-mortiere getref is. Die brande het toe na drie ander tenks versprei.<\/p>\n<p>&#8216;n Hawewoord\u00advoerder, Ali al-Hassi, het ges\u00ea die wagte wat gemoeid is met die \u00adveiligheid van petroleumopslagplekke was teen Woensdagmiddag in beheer van die hawens Es Sider en Ras Lanuf, maar dat gevegte met die \u00adIslamitiese Staat-groep (ISIS) \u00advoortduur.<\/p>\n<p>Minstens nege wagte is dood en in gevegte Maandag en Dinsdag aan die buitewyke van die hawens is meer as 40 beseer, het Reuters berig.<\/p>\n<p>Die oorskot van 30 ISIS-terroriste is ook gevind. Die wagte het ook daarin geslaag om beslag op twee milit\u00eare tenks en ander voertuie van die militante te l\u00ea.<\/p>\n<p>Mohamed al-Manfi, \u2019n oliebeampte in die ooste van Libi\u00eb s\u00ea elk van die brandende opgaartenks bevat tussen 420 000 en 460 000 vate olie.<\/p>\n<p>Es Sider en Ras Lanuf is sedert Desember 2014 gesluit. Die hawens is tussen die stad Sirte wat deur ISIS beheer word en die oostelike stad, \u00adBenghazi gele\u00eb.<\/p>\n<p>Libi\u00eb is verdeel tussen politieke faksies en \u00adgewapende groepe wat veg om beheer van die land se olierykdom, vier jaar n\u00e1 die afsetting van Moeammar Ghaddafi.<\/p>\n<p>Sedertdien het \u00adolieproduksie afgeneem na minder as \u2019n kwart van wat dit in 2011 was toe 1,6 miljoen vate per dag geproduseer is.<\/p>\n<p>ISIS het munt geslaan uit die veiligheidsvakuum en sy teenwoordigheid uitgebrei, maar nog nie daarin geslaag om beheer oor olie-installasies in die land te neem nie.<\/p>\n<p>Die ekstremiste het die wagte by Es Sider ook in Oktober 2015 \u00adaangeval, maar vandeesweek se aanvalle is o\u00ebnskynlik \u2019n baie feller en meer gefokuste aanslag op die hawens.<\/p>\n<p>Mustafa Sanalla, die voorsitter van die \u00adnasionale oliekorporasie (NOC) in Tripoli, het die hoop uitgespreek dat die geweld \u201cpolitieke leiers aan albei kante in Libi\u00eb tot die besef sal bring van die omvang van die \u00adbedreiging wat die land in die gesig staar.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns moet verenig teen \u2019n gemeen\u00adskaplike vyand, nie m\u00f4re of \u00advolgende week nie, maar nou.\u201d<\/p>\n<p>Die NOC het in \u2019n \u00adafsonderlike \u00adverklaring ges\u00ea dit sal alles in sy vermo\u00eb doen om \u00adkontrakte na te kom en Libi\u00eb se oliebronne te beskerm.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die olieprys wat &#8216;n laagtepunt bereik het, is brandstofbergingsplekke oorvol. Maar in Libi\u00eb woed brande tans by die opgaartenks van Es Sider en Ras Lanuf. Twee van die brande is begin toe olie-opgaartenks deur ISIS-mortiere getref is. Die brande het toe na drie ander tenks versprei. &#8216;n Hawewoord\u00advoerder, Ali al-Hassi, het ges\u00ea die wagte &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35956\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vyf olie-opgaartenks brand in Libiese hawens&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8591,17039,10964,5049,9575],"class_list":["post-35956","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-brandstofpryse","tag-isis","tag-libie","tag-olie","tag-oorlog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35956","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35956"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35956\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35956"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35956"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35956"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}