{"id":35946,"date":"2016-01-11T09:02:00","date_gmt":"2016-01-11T07:02:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35946"},"modified":"2016-01-11T09:02:49","modified_gmt":"2016-01-11T07:02:49","slug":"ontsnapte-gevangene-steeds-soek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35946","title":{"rendered":"Ontsnapte gevangene steeds soek"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie op Senekal in die Vrystaat soek steeds na \u2018n gevangene wat deel was van sewe gevangenes wat Saterdag uit die Senekal-tronk, waar hulle as verhoorafwagtendes aangehou is, ontsnap het.<\/p>\n<p>Ses van die gevangenes is reeds aangekeer nadat hulle bewaarders oorrompel en hul selsleutels gevat het. <\/p>\n<p>Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini, s\u00ea slegs Vasco Makubela (42) word steeds gesoek. Hy het die laaste keer wat hy gesien is \u2018n blou broek en \u2018n wit en swart gestreepte trui aangehad. <\/p>\n<p>Dlamini s\u00ea die hoof van die Senekal korrektiewe dienste, Mokhane Nthoroane, is Saterdag omstreeks 07:30 deur een van die gevangenes in die been geskiet toe hy en \u2018n bewaarder \u2018n roetinebesoek in die selle afgel\u00ea het.<\/p>\n<p>Een van die gevangenes het op Nthoroane begin skiet waarna hulle die mans oorrompel het. Die gevangenes het die sluitels van hul sel gevat en dit oopgesluit. Die mans het ook met die sleutels van \u2018n kluis en die bewaarders se selfone op die vlug geslaan.<\/p>\n<p>Dlamini s\u00ea die polisie het vinnig gereageer. Ses van die ontsnaptes is twee ure later naby Senekal in hegtenis geneem. <\/p>\n<p>Hy vra mense om Makubela nie te konfronteer wanneer hulle hom gewaar nie, maar om eerder die polisie te ontbied. Die verhoorafwagtendes word van koperdiefstal en roof aangekla. <\/p>\n<p>Nthoroane is na die Mediclinic Hoogland in Bethlehem gehaas. Na wat verneem word is hy in \u2018n bestendige toestand. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie op Senekal in die Vrystaat soek steeds na \u2018n gevangene wat deel was van sewe gevangenes wat Saterdag uit die Senekal-tronk, waar hulle as verhoorafwagtendes aangehou is, ontsnap het. Ses van die gevangenes is reeds aangekeer nadat hulle bewaarders oorrompel en hul selsleutels gevat het. Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini, s\u00ea slegs Vasco Makubela (42) &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35946\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ontsnapte gevangene steeds soek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[14008,20591,8612,18731,21929],"class_list":["post-35946","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-ontsnapping","tag-selle","tag-senekal","tag-tronk","tag-verhoorafwagtende"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35946","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35946"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35946\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35946"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35946"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35946"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}