{"id":35890,"date":"2016-01-07T07:27:47","date_gmt":"2016-01-07T05:27:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35890"},"modified":"2016-01-08T07:40:47","modified_gmt":"2016-01-08T05:40:47","slug":"die-pk-juigkommando-verbaas-deur-honde-wat-op-hul-agterbene-loop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35890","title":{"rendered":"Die PK-juigkommando verbaas deur honde wat op hul agterbene loop"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Smous van gemorsmusiek, ene DJ S\u2019bu, maak anderdag die wilde bewering dat \u2018n swart matrikulant, Mpho Mokoena, kwansuis 100% in al sy vakke tydens sy 2014 matriekeindeksamen sou behaal het.  Beide die pers en sosiale media soos Twitter raak toe natuurlik buite hulself van die opgewondenheid. Geniale swartes bestaan tog! Hoera! Prys die gode van politieke korrektheid!<\/p>\n<p>Helaas is die werklikheid toe nou nie heeltemal so wonderlik as wat Twitter of die pers wou glo nie. Die waarheid kom toe uit: Mnr Mokoena het inderdaad sewe onderskeidings behaal, maar beslis nie met 100% in elke vak nie. Sy Engels was net-net bo die 80%. Amper elke meerderheid-blanke staatsskool het egter jaarliks blanke matrikulante wat sy prestasie oortref, wat onderskeidings in meer vakke as hy behaal. Voorts sou ek uiters verbaas gewees het as daar nie veel meer swart uitblinkers soos mnr Mokoena bestaan nie. Daar is immers tien maal meer swart matrikulante as blankes.<\/p>\n<p>Nietemin is dit opmerklik hoe die media op loop gegaan het met die leuen. Vat so, julle rassiste! Sien, swartes \u00eds tog slim, is die onsubtiele subteks wat die juigkommando uit een keel sing.  <\/p>\n<p>So ook basuin die Suid-Afrikaanse weergawe van Prawda, News24, dit uit dat \u2018n Soshanguvese skool \u2018n slaagsyfer, en wag hiervoor, van \u2018n hele 94% behaal het, en dat die skool se ouers en \u201cl\u00eannas\u201d jubel hieroor. Verskoon my as ek nie noodwendig buite myself raak van die opgewondenheid nie. Het Prawda24 wel die moeite gedoen om bykans elke Afrikaanse skool naby Soshanguve in Pretoria te gaan besoek, sou die propagandiste wat hulself as joernaliste voordoen, bevind het dat baie sulke skole byna jaarliks 100% as slaagsyfer behaal, amper op \u2018n roetinegrondslag. Geen vo\u00ebltjie fluit egter daaroor nie, en veral nie Prawda24 se juigkommando nie.<\/p>\n<p>Hierdie tipe ophemeling van alles wat selfs vaagweg \u2018n swart prestasie is, is geensins beperk tot die akademie nie. Judith February, \u2018n navorser by die Instituut vir Sekerheidsstudies, skryf vir die Daily Maverick, George Soros se propaganda- en witskuldblad, \u2018n emosionele hagiografie oor Temba Bavuma, \u2018n swart kolwer vir die Proteablommetjies, wat per ongeluk \u2018n honderdtal op \u2018n uiters mak Nuwelandse kolfblad behaal het. Met trane wat wil-wil biggel oor haar pofferwangetjies, s\u00f3 oorstelp is sy, beskryf Me Februarie vir Bavuma as \u201cthe son of our soil.\u201d Dit is seker nou in teenstelling met AB de Villiers, die w\u00eareld se voorste kolwer, wat skynbaar nie \u2018n seun van die Suid-Afrikaanse aarde is nie. Te wit en te Afrikaans, miskien? So ook rep sy geen woord nie oor die Engelse kolwer, Ben Stokes, wat 258 lopies op dieselfde mak kolfblad binne \u2018n rekordtyd gemoker het.<\/p>\n<p>Ek moet egter hier \u2018n bekentenis maak: Ek hou van hierdie soort ophemeling van d\u00edt wat vir ons as Afrikaners eintlik doodgewoon is.  Ons verwag dat daar talle toppresteerders in Afrikaanse staatsskole gaan wees. Ons verwag \u2018n 100% slaagsyfer. Ons verwag sporttalent soos AB de Villiers s\u2019n.<\/p>\n<p>Die ophemeling van die ordin\u00eare deur Prawda24 en me February  weerspreek, sonder dat hulle dit eens besef, hul eie kultus van politieke korrektheid. Ten spyte daarvan dat die PK-juigkommando hulself hard probeer oortuig dat almal oor presies dieselfde talente en aanleg beskik, word hulle tog telkens uit die veld geslaan wanneer hul PK-geloof, al is dit kennelik dmv enkele, verdwaalde voorbeelde, reg \u201cbewys\u201d word.<\/p>\n<p>Soos die Engelse skrywer, Samuel Johnson, dit egter sarkasties gehad het oor vrouens in die preekstoel: \u201c&#8221;Sir, a woman&#8217;s preaching is like a dog&#8217;s walking on his hind legs. It is not done well; but you are surprised to find it done at all.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Smous van gemorsmusiek, ene DJ S\u2019bu, maak anderdag die wilde bewering dat \u2018n swart matrikulant, Mpho Mokoena, kwansuis 100% in al sy vakke tydens sy 2014 matriekeindeksamen sou behaal het. Beide die pers en sosiale media soos Twitter raak toe natuurlik buite hulself van die opgewondenheid. Geniale swartes bestaan tog! Hoera! Prys die gode [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":35891,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[21902,21692,21903,14994,16734],"class_list":["post-35890","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-juigkommando","tag-matriek-2015","tag-pk","tag-slaagsyfer","tag-swart-prestasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35890","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35890"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35890\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35891"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35890"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35890"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35890"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}