{"id":35884,"date":"2016-01-06T09:53:22","date_gmt":"2016-01-06T07:53:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35884"},"modified":"2016-01-06T09:53:22","modified_gmt":"2016-01-06T07:53:22","slug":"spanning-in-midde-ooste-laai-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35884","title":{"rendered":"Spanning in Midde-Ooste laai op"},"content":{"rendered":"<p>Spanning tussen Saoedi-Arabi\u00eb en Iran het in \u2019n volstoom diplomatieke krisis ontaard met verskeie van Riaad se Arabiese Soenni-bondgenote, Bahrein en Soedan wat nou ook diplomatieke betrekkinge met Teheran verbreek het. <\/p>\n<p>Die Verenigde Arabiese Emirate het betrek\u00adkinge met Iran afgeskaal.<\/p>\n<p>Saoedi-Arabi\u00eb se teregstelling van die Sji\u00eftiese aktivis en kerklike, sjeik Nimr al-Nimr, wat gevolg is deur \u2019n aanval en brandstigting van die Saoedi-Arabiese ambassade in Teheran, het aanleiding tot die jongste gebeure gegee.<\/p>\n<p>Europese lande en die streekmag Turkye, het kommer uitgespreek, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het sy eweknie\u00eb telefonies geskakel.<\/p>\n<p>Moskou het Maandag aangebied om as tussenganger tydens onderhandelinge op te tree. <\/p>\n<p>Israelse veiligheidsmagte het intussen \u2019n Palestyn wat \u2019n Israelse soldaat met \u2019n mes gesteek het, in die Wes-Oewer doodgeskiet.<\/p>\n<p>Dit is die jongste voorval sedert geweldpleging vier maande gelede uitgebreek het. Die voorval was by Gush Etzion, waar verskeie van die vorige aanvalle ook plaasgevind het.<\/p>\n<p>\u2019n Hospitaalwoordvoerder s\u00ea die soldaat met steekwonde aan sy gesig is lig beseer.<\/p>\n<p>Byna daaglike messtekery, motors wat tussen voetgangers injaag en skietery vind sedert Oktober plaas. Dit laat vrese vir \u2019n wyer eskalasie van geweldpleging ontstaan, \u2019n dekade nadat die vorige Palestynse opstand onderdruk is.<\/p>\n<p>Die golf van geweldpleging word aangevuur deur Palestyne se frustrasie oor Israel se 48-jaar lange \u00adbesetting van grond wat Palestyne vir \u2019n onafhanklike tuisland wil h\u00ea. Nog \u2019n aspek wat tot frustrasie lei, is die uitbreiding van Israelse nedersettings in die gebied, wat in die 1967 Midde-Oosterse oorlog deur Israel beset is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Spanning tussen Saoedi-Arabi\u00eb en Iran het in \u2019n volstoom diplomatieke krisis ontaard met verskeie van Riaad se Arabiese Soenni-bondgenote, Bahrein en Soedan wat nou ook diplomatieke betrekkinge met Teheran verbreek het. Die Verenigde Arabiese Emirate het betrek\u00adkinge met Iran afgeskaal. Saoedi-Arabi\u00eb se teregstelling van die Sji\u00eftiese aktivis en kerklike, sjeik Nimr al-Nimr, wat gevolg is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35884\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Spanning in Midde-Ooste laai op&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4970,17039,5174,15225,10713,12025],"class_list":["post-35884","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-iran","tag-isis","tag-israel","tag-konflik","tag-saoedi-arabie","tag-teregstellings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35884","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35884"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35884\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35884"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35884"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35884"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}