{"id":35839,"date":"2016-01-04T10:43:21","date_gmt":"2016-01-04T08:43:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35839"},"modified":"2016-01-04T10:43:21","modified_gmt":"2016-01-04T08:43:21","slug":"saoedi-arabie-onder-skoot-na-massa-teregstelling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35839","title":{"rendered":"Saoedi-Arabi\u00eb onder skoot na massa-teregstelling"},"content":{"rendered":"<p>Iranse betogers het die ambassade van Saoedi-Arabi\u00eb in Teheran bestorm nadat \u2019n Sji\u00eftiese kerklike, Nimr al-Nimr, Saterdag in Saoedi-Arabi\u00eb tereggestel is.<\/p>\n<p>Die betogers het daarin geslaag om die ambassadekompleks te betree en brande gestig voordat hulle deur die polisie verjaag is.<\/p>\n<p>Kort daarna het Iran se ministerie van buitelandse sake \u2019n verklaring uitgereik waarin vir kalmte en respek vir diplomatieke missies gevra is.<\/p>\n<p>Iran se Rewolusion\u00eare Wag het intussen wraak gesweer teen die Saoedi Soenni koninklike dinastie (KSA). <\/p>\n<p>Al-Nimr was gekant teen geweld, en is in Iran as beskermer van Saoedi-Arabi\u00eb se gemarginaliseerde Sji\u00eftiese minderderheid beskou.<\/p>\n<p>Al-Nimr, uitgesproke kritikus van die Saoedi-dinastie, is as die leier van die sekte se jonger aktiviste beskou, wat teleurgestel is met die mislukking van die ouer garde om gelykheid tussen Soenni\u2019s en Sji\u00efte te bewerkstellig.<\/p>\n<p>Die geestelike leier is saam met 47 Soenni\u2019s tot die dood veroordeel. Al-Nimr en drie ander Sji\u00efte was deel van die grootste massateregstelling in dekades in die koninkryk.<\/p>\n<p>Die gebeurtenis het die hoop op samewerking tussen die twee godsdienstige faksiese verydel.<\/p>\n<p>Sji\u00eftiese en Soenni-magte in die streek steun opponerende kante in oorlo\u00eb in Siri\u00eb en Jemen, met gerugte dat die KSA ook die Islamitiese Staat steun.<\/p>\n<p>Die webtuiste van Iran se opperleier, ayatollah Ali Khamenei, het \u2019n foto van \u2019n Saoedi-laksman en die berugte IS-laksman, \u201cJihadi John\u201d, met die byskrif: \u201cEnige verskil?\u201d gepubliseer.<\/p>\n<p>In Irak, wie se Sji\u00efties-geleide regering n\u00e1 aan Iran is, het vooraanstaande godsdienstige en politieke figure ge\u00ebis dat diplomatieke betrekkinge met Riaad verbreek word. Hulle bevraagteken ook Saoedi-pogings om \u2019n streekkoalisie teen IS op die been te bring.<\/p>\n<p>\u2019n Kernooreenkoms met Iran, ondersteun deur Saoedi-Arabi\u00eb se grootste ondersteuner, Amerika, het min gedoen om Riaad te laat afsien van hul openbare teregstellings.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse departement van verdediging het gewaarsku dat Nimr se teregstelling sektariese spanning kan vererger op \u2019n tyd wat dit nood\u00adsaaklik is om dit te laat afneem.<\/p>\n<p>Die gelyktydige teregstelling van 47 mense, 45 Saoedi\u2019s, een Egiptenaar en \u2019n man van Tsjad, was die grootste teregstelling vir veiligheidsoortredings in Saoedi-Arabi\u00eb sedert die 1980-terugstelling van 63 jihadistiese rebelle wat die groot moskee in Mekka in 1979 beset het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Iranse betogers het die ambassade van Saoedi-Arabi\u00eb in Teheran bestorm nadat \u2019n Sji\u00eftiese kerklike, Nimr al-Nimr, Saterdag in Saoedi-Arabi\u00eb tereggestel is. Die betogers het daarin geslaag om die ambassadekompleks te betree en brande gestig voordat hulle deur die polisie verjaag is. Kort daarna het Iran se ministerie van buitelandse sake \u2019n verklaring uitgereik waarin vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35839\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Saoedi-Arabi\u00eb onder skoot na massa-teregstelling&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4970,17832,10713,14979,21881],"class_list":["post-35839","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-iran","tag-onthoofding","tag-saoedi-arabie","tag-sjiiete","tag-soenni"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35839","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35839"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35839\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35839"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35839"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35839"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}