{"id":35814,"date":"2016-01-03T14:23:26","date_gmt":"2016-01-03T12:23:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35814"},"modified":"2016-01-05T08:07:04","modified_gmt":"2016-01-05T06:07:04","slug":"dan-roodt-praag-se-doelwitte-vir-2016","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35814","title":{"rendered":"Dan Roodt: PRAAG se doelwitte vir 2016"},"content":{"rendered":"<p>Hier aan die begin van die skrikkeljaar 2016 is dit waarskynlik \u2018n goeie idee om te besin oor wat ons bereik het en nog steeds moet bereik. PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, is in 2000 gestig en is dus letterlik \u2018n \u201cmillenniumbeweging\u201d.<\/p>\n<p>Wat is PRAAG? In \u2018n neutedop is dit vier dinge: \u2018n dinkskrum, \u2018n versets- of protesbeweging, \u2018n lede-organisasie en \u2018n uitgewery. Laat ek elkeen om die beurt behandel wat welslae betref, waarna ek ons volgende doelwitte insgelyks sal stel.<\/p>\n<h3>Dinkskrum<\/h3>\n<p>As dinkskrum (Eng. \u201cthink tank\u201d) het PRAAG eintlik skouspelagtige suksesse behaal. In die negentigerjare het sowel die ou NP as die ANC-SAKP besluit dat \u201cnasiebou\u201d die enkele belangrikste sosiopolitieke doelwit in Suid-Afrika is. Engels sou die taal van \u201cnasiebou\u201d wees en daarom moes Afrikaans en die Afrikaner verdwyn. Die gedagte van \u2018n hernieude Afrikaanse taalstryd en die vernuwing van die Afrikaneridentiteit het vanuit die staanspoor hewige teenkanting, veral uit die geledere van Naspers, ontlok.<\/p>\n<p>Ook die DA is tot nasiebou en die \u201coplossing\u201d van die Afrikaner binne \u2018n \u201cverenigde\u201d Engelstalige \u201cnasie\u201d verbind. Daarom het ons die term \u201cANC Lite\u201d geformuleer om die begripmatige verwantskap van die DA en die ANC-SAKP uit te druk. Hierdie term het stadigaan inslag gevind en word vandag selfs in die Naspersmedia gebruik. Hoewel die DA steeds steun by die stembus van Afrikaners geniet, is hul nasieboubegrip doeltreffend afgetakel en bespotlik gemaak.<\/p>\n<p>Oor die afgelope anderhalf dekade het ons voortdurend die taalkwessie in die openbare gesprek ingedra sodat Afrikaans en die posisie van die taal vandag een van die ANC-SAKP-bewind se grootste kopsere geword het. Ander organisasies soos Solidariteit en Afriforum het ons hierin gevolg en daar is selfs nuwe verenigings soos die Afrikaanse Taalraad onder prof. Wannie Carstens gestig in \u2018n poging om \u2018n \u201cbeheerde opposisie\u201d tot stand te bring en ons invloed te neutraliseer. Dit was egter \u2018n mislukking en die ATR en soortgelyke instellings beskik oor min of geen geloofwaardigheid sover dit die bevordering en handhawing van Afrikaans betref nie.<\/p>\n<p>Die derde groot idee wat ons as dinkskrum verdedig het, was die Westersheid of Europeesheid van die Afrikaner. Tesame met die smeltkroesgedagte van ons vyande, dat ons as volk moes verdwyn en geassimileer word &#8211; wat eintlik \u2018n vorm van volksmoord is &#8211; het hulle die ideologie verkondig dat Afrikaans \u2018n \u201ckreoolse taal is\u201d en dat alle Afrikaners eintlik kleurlinge of \u201ckleurlinge-in-wording\u201d is. Leopold Scholtz van Die Burger het di\u00e9 dogma onomwonde in Die Burger verkondig toe hy ges\u00ea het: \u201cAfrikaners en bruinmense moet versmelt.\u201d Hiermee sou ons van ons wortels in Noord-Europa afgesny word sodat ons as \u2018n mindere \u201cbastergroep\u201d &#8211; want wat is dit anders? &#8211; in Suid-Afrika sonder politieke of kulturele regte oorheers sou kon word. Om die teenoorgestelde te argumenteer, dat ons van Europese afkoms is en steeds tot die versameling Westerse volkere behoort, sou kwansuis \u201crassisties\u201d wees.<\/p>\n<p>Dink daaraan: om te s\u00ea dat ons van Nederlanders, Duitsers en Franse Hugenote afstam, is \u201crassisties\u201d! Nietemin is dit die dogma waarteen ons as dinkskrum te staan gekom het. Vanjaar gaan PRAAG aan twee pro-Westerse kongresse in die buiteland deelneem waar dit as byna vanselfsprekend aanvaar word dat Afrikaners wel en nog steeds \u2018n Westerse volk verteenwoordig. Wat die buiteland betref, het ons vir seker daarin geslaag om vriend en vyand te oortuig dat ons geen mindere groepie \u201ckreole\u201d is nie, maar \u2018n kleiner Westerse volk wat oor dieselfde bestaansreg as enige ander beskik. Binnelands gaan dit egter nog broekskeur en heers daar uiteraard \u2018n groot verwarring by mense soos wat die huidige stelsel uitrafel.<\/p>\n<p>In die vroe\u00eb negentigerjare is die ANC-SAKP, wat deur vele moondhede &#8211; onder andere die VSA &#8211; as \u2018n doodgewone terroriste-organisasie gesien is, in Suid-Afrika gerehabiliteer en as \u201cenigste verteenwoordiger van die SA swartman\u201d voorgestel. Vergete was die stedelike terreur, halssnoermoorde en ander vergrype van die ANC-SAKP. Hierteen het ons voortdurend geargumenteer, asook die ware feite gepubliseer sodat die \u201cengelagtige\u201d ANC-SAKP vandag toenemend gesien word vir wat hy is.<\/p>\n<h3>Versets- of protesbeweging<\/h3>\n<p>Vandat ons reeds vroeg in 2000 betogings en versoekskrifte rondom Afrikaans gehou het, het ons allerlei aksies gevoer. Net verlede jaar het ons beswaar gemaak teen die vandalisering van Oom Paul en ander Afrikanerstandbeelde, onder andere deur \u2018n klag by UNESCO in Parys aanhangig te maak. Intussen weier die departement van omgewingsake om ons in Afrikaans te antwoord en alvorens di\u00e9 internasionale klag kan voortgaan, sal ons eers die reg om in Afrikaans met die ANC-SAKP-bewind te kommunikeer, moet afdwing.<\/p>\n<p>Weens die algemene apatie en willoosheid onder die Afrikanerbevolking, was ons pogings om \u2018n bre\u00eb versetsbeweging te vestig egter minder suksesvol. Anders as in Frankryk of selfs Engeland en Duitsland, is betogings nie eintlik \u201cdeel van Afrikanerkultuur\u201d nie. Omdat swartes daagliks oor allerlei kwessies betoog, word dit moontlik as \u201cswart gedrag\u201d ervaar en is daarom nog minder gewild.<\/p>\n<p>Deur strategiese petisies &#8211; soos oor die taalmedium van die Universiteit van Stellenbosch &#8211; en ander minder openbare optrede, slaag ons egter steeds daarin om ons stem te laat hoor.<\/p>\n<h3>Lede-organisasie<\/h3>\n<p>Die mees suksesvolle Afrikaanse lede-organisasies wat tienduisende lede werf, geniet die steun van die hoofstroommedia soos Naspers en die SAUK. Slegs die ATKV en die Soliforum-groep kon die afgelope jare daarin slaag om \u2018n groot aantal betalende lede te werf. Hoewel ons dankbaar is vir almal wat ons al jare lank getrou ondersteun, sou ons veel meer kon gedoen het indien ons oor \u2018n groter ledebasis beskik het. Die hoop beskaam nie dat dit in die nabye toekoms mag verander soos wat mense besef watter sleutelrol ons in die oorlewing van die Afrikanervolk en Afrikaans speel nie.<\/p>\n<p>Die sogenaamde \u201cgroot kultuurorganisasies\u201d speel die rol van \u2018n \u201cbeheerde opposisie\u201d en daarom word hulle deur die SAUK en ander media wat direk deur die ANC-SAKP beheer word, vorentoe gestoot ten einde die werklike pro-Afrikaanse groeperings soos ons onskadelik te stel. Ons het egter grotendeeels daarin geslaag om, enersyds, nie binne die \u201cbeheerde opposisie\u201d geko\u00f6pteer te word nie en, andersyds, om sonder die steun van die ANC-SAKP-gesinde hoofstroommedia ons steun en invloed aansienlik &#8211; ook via die sosiale media &#8211; uit te brei.<\/p>\n<h3>Uitgewery<\/h3>\n<p>PRAAG publiseer elke dag twee aanlynkoerante, praag.co.za in Afrikaans (ons hooffokus) en praag.org in Engels (vir buitelandse lesers) met nuus en menings. Daarbenewens gee ons boeke, beide fiksie en nie-fiksie, uit.<\/p>\n<p>Daar is min webblaaie en uitgewerye wat sestien jaar lank oorleef. Nietemin het ons dit reggekry omdat ons oor \u2018n baie samehangende pro-Afrikaanse (en pro-Afrikaner-) redaksionale beleid beskik. Wat ons boeke betref, dra ons uniek by tot die Afrikaanse geestesw\u00eareld met idees en voorstellings wat verrykend, prikkelend en selfs uitdagend is.<\/p>\n<p>Binnekort sal praag.co.za oor 19 000 Afrikaanse artikels beskik en 6 000 op praag.org, wat \u2018n totaal van 25 000 uitmaak.<\/p>\n<p>Sonder ons aanlynteenwoordigheid en boeke wat in die meeste boekwinkels dwarsdeur die land beskikbaar is, sou ons nie soveel welslae as dinkskrum en meningsvormer kon behaal nie.<\/p>\n<p>Meer as dit: PRAAG is besig om \u2018n groot bydrae tot die vernuwing van die Afrikaneridentiteit in di\u00e9 nuwe millennium te lewer. Dit is broodnodig, want ons is vandag \u2018n verstrooide volk wat regoor die aardbol woon en dikwels net via die internet met mekaar verbind word. Selfs binne Suid-Afrika het ons nie meer soos voorheen \u2018n Afrikaanse gemeenskapslewe waar ons ons taal en kultuur kan uitleef nie. Nee, die vyandige owerheid beskou ons as ongewenstes wat hy na willekeur mag hiet en gebied en waarvan hy die identiteit moet aftakel.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Nou, meer as ooit het ons u steun nodig.<\/a><\/p>\n<p>In 2016 wil ons die volgende doelwitte bereik.<\/p>\n<p>As <em>dinkskrum<\/em> wil ons voortgaan om deel te neem aan die internasionale gesprek met Europe\u00ebrs en Amerikaners om hulle op die belang van Suid-Afrika as strategiese onderdeel van die Westerse beskawing attent te maak. Ons het bepaalde lande met meer regse regerings ge\u00efdentifiseer met wie ons konstant in verbinding wil bly. Moontlik ontvang Afrikaners steun vanuit die buiteland; dis nie iets waarop ons kan reken nie, maar ons moet aanhou om ons saak op &#8216;n intelligente en uitgesproke manier te stel, sonder die politieke korrektheid van &#8216;n ATKV, &#8216;n Soliforum of &#8216;n ATR.<\/p>\n<p>Dan wil ons voortbou op ons geslaagde aftakeling van die heersende ideologie en dogmas, en hulle verder met argumente en slagspreuke beveg. Witskuld, Afrikanerondergeskiktheid, die voorrang wat Engels op alle gebiede moet geniet, d\u00edt alles is in ons visier. Op die duur moet die legitimiteit van die ANC-SAKP-bewind, asook die \u201894-oorgawe as sodanig, in die gedrang kom. Deur middel van artikels en boeke konstrueer ons die teenargument en -diskoers.<\/p>\n<p>As <em>versetsbeweging<\/em> moet ons vanjaar meer sigbare weerstand begin bied, sonder om die wet te oortree. Baniere en slagspreuke moet op openbare plekke sigbaar raak. Ons kan heelwat leer by die patriotiese versetsbeweging wat tans in Wes-Europa aan die gang is, veral die jongmense wat op verbeeldingryke maniere betoog en bewusmaak.<\/p>\n<p>Wat hofsake betref, gaan ons vanjaar een of meer strategiese hofsake oor Afrikaans voer. Die onhoudbare toestand waar die grondwet kastig \u201celf amptelike tale\u201d voorhou, maar net een gebruikstaal in die staatsdiens, die howe en elders gebruik, moet op die spits gedryf word. PRAAG is die enigste Afrikaanse kultuurorganisasie wat oor die nodige kundigheid (en die wil!) beskik om dit te kan doen. Op sy minste gaan Afrikaans weer \u2018n amptelik erkende taal word; op sy beste gaan dit \u2018n grondwetlike krisis ontketen as die Engelse regters van die Engelse Grondwethof in Johannesburg \u00f3f gekke van hulself maak \u00f3f die ongewilde uitspraak gaan lewer dat Afrikaans wel gelyke status met Engels behoort te geniet. So \u2018n taalsaak gaan regstellende aksie en rassevoorkeure insgelyks in die gedrang bring.<\/p>\n<p>Ons moet vanjaar ook \u2018n groot aantal aktiewe<em> lede werf<\/em> wat ons in die stryd kan bystaan. Een rede waarom die NP-Broederbond-NG-Kerk-driehoek destyds soos \u2018n kaartehuis in duie gestort het, was weens \u2018n gebrek aan betrokkenheid op voetsoolvlak. Duisende Afrikaners moet regstreeks by ons stryd betrokke raak en elke dag daaraan werk om die huidige orde te verander. Ons moet ons r\u00fbens keer op die \u201cbeheerde-opposisie\u201d-organisasies wat liefs ander Afrikaners beveg as wat hulle die ANC-SAKP en ons baie ander vyande te\u00ebgaan. Dan sal ons heel gou sommer baie sterk raak.<\/p>\n<p>In die eerste ses maande van vanjaar wil ons <em>vyftien nuwe boeke uitgee<\/em> waarvan sommige grondverskuiwend moet wees, sowel fiksie as nie-fiksie. Hou gerus dop hoe di\u00e9 boeke een na die ander verskyn en ondersteun ons asseblief deur van hulle te koop, maar ook u vriende en familie daarvan te vertel.<\/p>\n<p>Ons is vol vertroue dat Afrikaners binnekort weer vry sal wees; selfs die pleitbesorgers vir die huidige orde gee toe dat hy wankel. Maar wat kom hierna? Dink ons genoeg daaraan? Kan ons ons saak beter stel as die vorige geslag wat dit hopeloos gedoen het toe dit destyds saak gemaak het? Dis nie nou die oomblik om te laat slapl\u00ea nie!<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Raak betrokke en sluit aan!<\/a><\/p>\n<p>Mag 2016 \u2018n keerpunt in ons geskiedenis word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier aan die begin van die skrikkeljaar 2016 is dit waarskynlik \u2018n goeie idee om te besin oor wat ons bereik het en nog steeds moet bereik. PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, is in 2000 gestig en is dus letterlik \u2018n \u201cmillenniumbeweging\u201d. Wat is PRAAG? In \u2018n neutedop is dit vier dinge: \u2018n dinkskrum, \u2018n versets- [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,768,21424,15594,165,21873],"class_list":["post-35814","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-afrikaner","tag-anc-sakp","tag-dinkskrum","tag-praag","tag-uitgewery"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35814","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35814"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35814\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35814"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35814"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35814"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}