{"id":35705,"date":"2015-12-21T09:33:17","date_gmt":"2015-12-21T07:33:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35705"},"modified":"2015-12-21T09:33:17","modified_gmt":"2015-12-21T07:33:17","slug":"clinton-en-demokrate-kry-min-belangstelling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35705","title":{"rendered":"Clinton en Demokrate kry min belangstelling"},"content":{"rendered":"<p>Hillary Clinton en ander Demokratiese aanspraakmakers op die party se nominasie as presidentskandidaat, het Donald Trump as politieke strooipop gebruik toe hulle Saterdagaand aan die party se debat deelgeneem het.<\/p>\n<p>Die debat het op \u2019n Saterdagaand \u00adplaasgevind midde die hoogtepunt van die stormloop vir Kersinkopies en op die eerste naweek sedert die \u00adbekendstelling van die nuwe Star Wars-fliek, wat \u00admeegebring het dat nog minder mense ingeskakel het om na die \u00adregstreekse uitsending te kyk.<\/p>\n<p>Die Demokrate het soos regte verloorders die Republikeinse voorloper se anti-Moslem-retoriek ook ingespan vir hul eie stemvee.<\/p>\n<p>Die voormalige minister van \u00adbuitelandse sake, Clinton, senator Bernie Sanders en die \u00adoudgoewerneur van Maryland, Martin O\u2019Malley, het klem gel\u00ea op die noodsaaklikheid om nasionale veiligheid te verbeter, minimum lone te verhoog en die regte van vroue, minderhede en \u00adminderbevoorregtes te beskerm toe hulle mekaar in New Hampshire die stryd aanges\u00ea het.<\/p>\n<p>Clinton het nie om verskoning gevra vir die vele leuens wat sy herhaaldelik opdis nie, maar wel dat sy &#8216;n lewendige televisie-uitsending moes laat wag omdat sy in &#8216;n tou moes wag by die dames-geriewe tydens pouse.<\/p>\n<p>Die debatsorganiseerders het toegelaat dat die uitsending sonder haar voortgaan.<\/p>\n<p>Harde woorde het geval oor die ekonomie, vuurwapens, hoe om die terreurbedreiging die hoof te bied en die rol van Amerika in die buiteland.<\/p>\n<p>Met net meer as ses weke voordat die eerste stemme uitgebring sal word in die nominasiewedloop wat op 1 Februarie in Iowa begin, is Sanders en O\u2019Malley besig om stoom te verloor in \u2019n poging om die momentum van die voormalige eerste dame en minister van \u00adbuitelandse sake te stuit.<\/p>\n<p>Hillary is 25 punte voor haar naaste teenstander, Sanders, in \u00adnasionale \u00admeningspeilings, ten spyte van haar versinsels oor geklassifiseerde eposse wat sy rondgestuur het. O\u2019Malley is ver agter in die meningsopnames.<\/p>\n<p>Dit was die Demokrate se derde debat, die laaste van 2015 en hul eerste sedert die dodelike aanvalle in San \u00adBernardino, Kaliforni\u00eb, waar \u2019n radikale Moslemegpaar 14 mense doodgeskiet het.<\/p>\n<p>Die kandidate het beurte gemaak om Trump aan te val en as slaansak te gebruik om te moraliseer oor sy gewilde uitlatings oor immigrante en sy onlangse beroep om Moslems te verbied om Amerika binne te kom.<\/p>\n<p>Amerikaners, het Clinton ges\u00ea, \u201cmoet seker maak die werklik \u00addiskriminerende boodskappe wat Trump die w\u00eareld instuur, val nie op ontvanklike ore nie\u201d.<\/p>\n<p>\u201cHy is besig om die \u00adIslamitiese \u00adStaat-groep se beste werwer te word,\u201d het sy bygevoeg. Sy beweer die\u00ad \u00adjihadiste vertoon Trump se video\u2019s waar hy Moslems en Islam beledig ten einde meer radikale jihadiste te werf.<\/p>\n<p>Trump het in reaksie ges\u00ea: &#8220;Niemand is in staat om bewyse te gee [van sulke werwing] nie. Dit is nonsens. Net nog &#8216;n Hillary-leuen. Dis gek hoe sy lieg oor alles. Of dit nou reise is waar sy amper doodgeskiet word in &#8216;n helikopter of &#8216;n vliegtuig, sy is &#8216;n leuenaar en almal weet dit. Sy maak sommer net dinge op.&#8221;<\/p>\n<p>Hillary is verantwoordelik vir die dood van senoir Amerikaanse diplomate in Benghazi, Libi\u00eb wat met hul wapensmokkelary aan terroriste in &#8216;n lokval gelei is. Sy het ook gelieg dat terroriste op haar helikopter geskiet het.<\/p>\n<p>Hy het bygevoeg dat haar optrede tot verskriklike geweld en dood in die Midde-Ooste gelei het. Oral waar sy aangedoen het, het geweld losgebars en honderde duisende mense moes met hul lewens boet vir haar foute.<\/p>\n<p>O\u2019Malley het ook op die wa probeer klim en gewaarsku teen die \u201cpolitieke gevaar\u201d wat Trump inhou. Amerika sal volgens hom opstaan teen die uitdaging van ISIS-\u00adekstremiste, maar nie onder die invloed van \u201c\u00adfascistiese oproepe van miljard\u00ears met groot monde\u201d nie.<\/p>\n<p>Clinton het die aand afgesluit met &#8216;n patetiese kniebuiging na die fliek want tans in teaters draai: \u201cDankie, goeie nag en \u2018may the Force be with you\u2019.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hillary Clinton en ander Demokratiese aanspraakmakers op die party se nominasie as presidentskandidaat, het Donald Trump as politieke strooipop gebruik toe hulle Saterdagaand aan die party se debat deelgeneem het. Die debat het op \u2019n Saterdagaand \u00adplaasgevind midde die hoogtepunt van die stormloop vir Kersinkopies en op die eerste naweek sedert die \u00adbekendstelling van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8561,11970,12240,12998,21828,2848],"class_list":["post-35705","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-clinton","tag-debat","tag-demokrate","tag-donald-trump","tag-hillary","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35705","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35705"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35705\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35705"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35705"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35705"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}