{"id":35693,"date":"2015-12-21T08:58:28","date_gmt":"2015-12-21T06:58:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35693"},"modified":"2015-12-21T08:58:28","modified_gmt":"2015-12-21T06:58:28","slug":"air-france-doen-noodlanding-in-kenia","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35693","title":{"rendered":"Air France doen noodlanding in Kenia"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie passasiers word nog deur die Keniaanse owerheid ondervra nadat &#8216;n verdagte pakkie aan boord van &#8216;n vliegtuig van Air France gevind is.<\/p>\n<p>Die bomdreigment het veroorsaak dat die Boeing na Mombasa in Kenia herlei moes word. <\/p>\n<p>Die vliegtuig was van Mauritius af op pad na Parys toe die pakkie opgemerk is. Air France het die Keniane se bewering verwerp dat die pakkie &#8216;n bom bevat het, en ges\u00ea dit was &#8216;n vals alarm. <\/p>\n<p>Volgens die Britse Uitsaaikorporasie blyk dit dat die pakkie net &#8216;n kartondoos was wat met &#8216;n kombuistydhouer toegerus was. <\/p>\n<p>Air France se vliegtuig moes by die Internasionale Lughawe Moi in die vroe\u00eb ure Sondagoggend &#8216;n noodlanding uitvoer.<\/p>\n<p>Die twee verdagtes aan boord van die vliegtuig het in Mauritius opgeklim.<\/p>\n<p>Beide die vliegtuig en die lughawe is veilig ontruim terwyl die toestel verwyder is van die vliegtuig.<\/p>\n<p>Sowat 459 passasiers en 14 bemanningslede van die Boeing 777 is deur die Keniaanse owerhede ontruim.<\/p>\n<p>Een van di\u00e9 aan boord, Benoit Lucchini, het ges\u00ea passasiers was kalm en is deur die bemanning vertel dat hulle van die roete afwyk as gevolg van &#8216;n tegniese probleem.<\/p>\n<p>&#8220;Die vliegtuig het gedaal, stadig, stadig, stadig, so ons het besef dat daar waarskynlik iets verkeerd is,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Maar die personeel van Air France was fantasties, net wonderlik. Hulle het almal kalm en regtig stil gehou.&#8221;<\/p>\n<p>Senior speurders van Frankryk het in Nairobi aangekom om te help met die komplekse ondersoek in die nasleep van die terroriste-aanvalle die afgelope maand in Parys, waarin 130 omgekom het en waarvoor die terroriste groep, die Islamitiese staat verantwoordelikheid aanvaar het.<\/p>\n<p>ISIS het ook verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval op die Metrojet 9268, van die Russiese lugredery Kogalymavia, wat in die noordelike Sinai op 31 Oktober 2015, neergestort het.<\/p>\n<p>Air France het dit as &#8216;n daad van aggressie teen die redery bestempel, en ges\u00ea die skuldiges sal vervolg word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verskeie passasiers word nog deur die Keniaanse owerheid ondervra nadat &#8216;n verdagte pakkie aan boord van &#8216;n vliegtuig van Air France gevind is. Die bomdreigment het veroorsaak dat die Boeing na Mombasa in Kenia herlei moes word. Die vliegtuig was van Mauritius af op pad na Parys toe die pakkie opgemerk is. Air France het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35693\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Air France doen noodlanding in Kenia&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8370,17039,5885,19798,7829],"class_list":["post-35693","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-bomdreigement","tag-isis","tag-kenia","tag-noodlanding","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35693","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35693"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35693\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35693"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35693"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35693"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}