{"id":35652,"date":"2015-12-17T09:35:37","date_gmt":"2015-12-17T07:35:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35652"},"modified":"2015-12-17T09:35:37","modified_gmt":"2015-12-17T07:35:37","slug":"barclays-wil-dalk-absa-verkoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35652","title":{"rendered":"Barclays wil dalk ABSA verkoop"},"content":{"rendered":"<p>Dit is Donderdag berig dat Barclays, die Britse bank, aktief op soek is na &#8216;n koper vir sy Suid-Afrikaanse eenheid Absa.<\/p>\n<p>Die<em> Financial Times<\/em> van Londen het Woensdag &#8216;n artikel geplaas onder die opskrif, &#8220;Barclays wil terugskaal in Afrika&#8221;. Die bank is glo besig om sy &#8220;lang teenwoordigheid in Afrika te heroorweeg as deel van &#8216;n hersiening gelei deur Jes Staley, sy nuwe uitvoerende hoof&#8221;.<\/p>\n<p>Die artikel beweer dat Staley, wat die leisels in Desember oorgeneem het, vrae het oor die strategiese toepaslikheid van die &#8220;groot Afrika-bedryf&#8221;, maar dat geen besluit nog geneem is nie. <\/p>\n<p>Die koerant het bygevoeg dat die hersiening &#8220;kom nadat beleggersvertroue in Suid-Afrika geskud is deur &#8216;n besluit van President Jacob Zuma om sy minister van finansies twee keer in minder as &#8216;n week te verander terwyl die ekonomie onder geweldige druk verkeer&#8221;.<\/p>\n<p>Die Rand het vanoggend bestendig op R15.01 teen die dollar verhandel ten spyte van die besluit van die Amerikaanse reserwebank om rentekoerse die eerste keer sedert 2006, met nul-komma-twee-vyf persent te verhoog. <\/p>\n<p>Ekonome het verwag dat die verhoging die Rand verder teen die dollar sal laat daal. Dit volg kort nadat die Rand en Suid-Afrika se ekonomie geskud is deur president Zuma se skielike afdanking van die voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene. <\/p>\n<p>Nene is deur David van Rooyen vervang, wat op sy beurt deur Pravin Gordhan vervang is &#8211; alles binne die bestek van &#8216;n paar dae. <\/p>\n<p>Die Johannesburgse Effektebeurs was Woensdag weens die openbare vakansiedag gesluit, maar Amerikaanse en Europese markte het stewiger vertoon n\u00e1 die rentekoersverhoging.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is Donderdag berig dat Barclays, die Britse bank, aktief op soek is na &#8216;n koper vir sy Suid-Afrikaanse eenheid Absa. Die Financial Times van Londen het Woensdag &#8216;n artikel geplaas onder die opskrif, &#8220;Barclays wil terugskaal in Afrika&#8221;. Die bank is glo besig om sy &#8220;lang teenwoordigheid in Afrika te heroorweeg as deel van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35652\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Barclays wil dalk ABSA verkoop&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[7033,4112,10433,19147,1529,321],"class_list":["post-35652","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-absa","tag-afrika","tag-barclays","tag-markte","tag-rentekoerse","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35652","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35652"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35652\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35652"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35652"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35652"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}