{"id":35515,"date":"2015-12-09T09:07:14","date_gmt":"2015-12-09T07:07:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35515"},"modified":"2015-12-09T09:07:14","modified_gmt":"2015-12-09T07:07:14","slug":"histerie-bars-los-na-trump-se-oproep-om-moslems-na-vsa-te-verbied","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35515","title":{"rendered":"Histerie bars los na Trump se oproep om Moslems na VSA te verbied"},"content":{"rendered":"<p>Donald Trump het Maandag op &#8216;n verkiesingsaamtrek in Suid-Carolina staatgemaak op Amerikaanse wetgewing wat Moslemimmigrante na die VSA verbied.<\/p>\n<p>&#8216;n Amerikaanse Openbare Wet 414, hoofstuk 2, artikel 212, bepaal dat enige potensi\u00eble immigrant wat geaffilieer is met enige organisasie of groep wat die vernietiging of omverwerping van die Amerikaanse staat vra, deur die wet verbied word om na die VSA te immigreer. <\/p>\n<p>In die Midde-Ooste preek Imams gereeld teen die groot Satan nadat die VSA verskeie Moslemlande binnegeval geval het oor die afgelope dekade.<\/p>\n<p>Die Republikeine se presidensi\u00eble kandidaat het ook mediamagnaat Rupert Murdoch se opmerkings oor Moslems met sy meer as vyf miljoen volgelinge gedeel.<\/p>\n<p>Murdoch het oor Trump se oproep dat Moslems nie toegelaat behoort te word in die VSA nie, ges\u00ea dit maak sin om &#8216;n &#8220;volledige pouse&#8221; in die toelating van Moslems na die Verenigde State af te kondig.<\/p>\n<p>Linkses en Demokrate het geskuim om die mond oor Trump se voorstel en losgetrek teen Amerika se &#8220;rassistiese&#8221; wetgewing wat Chinese immigrante voorheen uitgesluit het.<\/p>\n<p>Josh Earnest, woordvoerder van die Withuis, het namens die huidige president verklaar dat Trump sy uittrede uit die benoemingstryd behoort aan te kondig. Earnest het sonder ironie na Trump se &#8220;vals hare&#8221; verwys as &#8216;n diskwalifiserende kwessie.<\/p>\n<p>Die Moslem-egpaar, Syed Rizwan Farook en Tashfeen Malik, het verlede week 14 mense in San Bernardino, Kaliforni\u00eb, doodgeskiet. Malik was glo &#8216;n ISIS-simpatiseerder.<\/p>\n<p>Trump het voorgestel dat alle Moslems, selfs di\u00e9 wat in die VSA gebore is en oorsee reis, toegang tot die land geweier behoort te word \u201ctot ons land se verteenwoordigers kan vasstel wat de hel aangaan\u201d.<\/p>\n<p>\u201cTot ons in staat is om die probleem en die gevaarlike bedreiging wat dit inhou te bepaal en te verstaan, kan ons land nie die prooi wees van afskuwelike aanvalle deur mense wat geen respek vir die lewe het nie,\u201d het Trump ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hillary Clinton, voorloper in die Demokratiese Party se benoemingstryd, het op Twitter uitgevaar teen Trump se voorstel as \u201cverwerplik, bevooroordeeld en verdelend\u201d.<\/p>\n<p>Jeb Bush, &#8216;n kandidaat vir die Republikeinse Party se benoeming, het getwiet: \u201cDonald Trump is mal. Sy beleidsvoorstelle is nie ernstig nie.\u201d<\/p>\n<p>Armanatha Nasir, woordvoerder van Indonesi\u00eb se departement van buitelandse sake, het ges\u00ea sy regering gaan nie kommentaar lewer op verkiesingsveldtogte in ander lande nie, \u201cmaar as die land met die grootste Moslembevolking ter w\u00eareld wil Indonesi\u00eb bevestig dat Islam vrede en verdraagsaamheid bepleit.\u201d <\/p>\n<p>Die VN het weer sy sekretaris-generaal, Ban Ki Moon, se standpunt oor xenofobie op grond van ras of godsdiens herhaal. <\/p>\n<p>`n Woordvoerder van die VN het reageer op Trump se voorstel na aanleiding van die terreuraanval in San Bernardino in Kaliforni\u00eb. <\/p>\n<p>Een van Ban Ki-Moon se woordvoerders, Farhan Haq, s\u00ea hulle is bewus van die verskillende politieke veldtogte, maar glo nie dat enige vorm van xenofobie of haatspraak teen `n spesifieke groep deur enigiemand gesteun kan word nie. <\/p>\n<p>Maar die skerpste reaksie het gekom uit Brittanje waar selfs die Britse premier losgetrek het teen Trump.<\/p>\n<p>David Cameron het die gebruik van Britse leiers om nie kommentaar te lewer op Amerikaanse presidensi\u00eble aanspraakmakers nie, laat vaar en Trump openlik gekritiseer as &#8220;verdelend, onbehulpsaam en eenvoudig verkeerd&#8221;.<\/p>\n<p>Trump het vroe\u00ebr na Londen verwys as een van die stede waar wetstoepassers dit nie waag in sekere Moslemdele van die stad nie.<\/p>\n<p>Oproepe om Trump te verbied om die VK te besoek het 20.000 handtekeninge op &#8216;n petisie ingesamel binne &#8216;n paar uur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Donald Trump het Maandag op &#8216;n verkiesingsaamtrek in Suid-Carolina staatgemaak op Amerikaanse wetgewing wat Moslemimmigrante na die VSA verbied. &#8216;n Amerikaanse Openbare Wet 414, hoofstuk 2, artikel 212, bepaal dat enige potensi\u00eble immigrant wat geaffilieer is met enige organisasie of groep wat die vernietiging of omverwerping van die Amerikaanse staat vra, deur die wet verbied &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35515\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Histerie bars los na Trump se oproep om Moslems na VSA te verbied&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[12998,1665,2715,16687,266,21780,7829,2848],"class_list":["post-35515","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-donald-trump","tag-geweld","tag-immigrasie","tag-migrante","tag-rassisme","tag-rupert-mudroch","tag-terreur","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35515","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35515"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35515\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35515"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35515"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35515"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}