{"id":35459,"date":"2015-12-06T08:51:56","date_gmt":"2015-12-06T06:51:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35459"},"modified":"2015-12-08T10:23:06","modified_gmt":"2015-12-08T08:23:06","slug":"ons-psigotiese-massamedia","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35459","title":{"rendered":"Ons psigotiese massamedia"},"content":{"rendered":"<p>Dikwels funksioneer \u2018n gehele samelewing soos een indiwidu. In samelewings is daar byvoorbeeld verskillende range en stande en ordes wat saamwerk om \u2018n funksionele eenheid te bewerkstellig, soortgelyk aan die verskeidenheid organe in \u2018n mens se liggaam. Daar is ook teenstrydige menings oor \u2018n bepaalde plan van aanpak in groot groepe, net soos wat \u2018n mens teenstrydige opvattings kan h\u00ea. In \u2018n ernstige graad kan hierdie teenstrydighede tot sielkundige ongemak lei, net soos \u2018n gebrekkige samehang \u2018n samelewing uitmekaar kan trek.<\/p>\n<p>Kom ons kyk eers na sielkundige verskynsels soos depressie en psigose. Interessant genoeg werk die huidige kommunistiese mafiamedia op dieselfde beginsel, vandaar dat ons die aard daarvan moet identifiseer om ons sielkundige en kulturele integriteit te beskerm.<\/p>\n<p>\u2018n Mens is van mening dat \u2018n kliniese depressie weens \u2018n gebrek aan energie ontstaan. Dit is \u2018n halwe waarheid. Elkeen van ons kan onsself hierdie gemoedstoestand voorstel. \u2018n Depressie is die resultaat van \u2018n stroom nare gedagtes en denkpatrone uit die verlede wat ons daaglikse aktiwiteite ontwrig. Jy sit byvoorbeeld agter die stuurwiel of by die huis met \u2018n boek en ewe skielik duik daardie imbesiel wat jou twintig jaar gelede verneder het in jou gedagtew\u00eareld op. Dit was alweer byna vergete gewees totdat ewe skielik hierdie ongenooide gas so uit die bloute jou begin slegs\u00ea. As jy toevallig alleen by die huis is, herleef jy selfs hierdie insident en begin omtrent te argumenteer met hierdie \u201cpersoon\u201d, maar nou is jy beter voorberei en stoei jy hierdie gadagteboelie om met jou beter ontwikkelde teenargumente. Jou oorwinning is egter van korte duur. \u2018n Minuut later kom hierdie gedagte terug en begin jou weer uit te daag en sleg te s\u00ea. Selfs al het jy die beste verdediging teen hierdie irriterende gedagte wil dit nie gaan l\u00ea nie.<\/p>\n<p>Wanneer iemand aan ernstige depressie ly, werk daardie gedagteboelie oortyd. Hy en sy makkers het hul Red Bull en brandewyn gedrink en kap jou die hele tyd met pynlike gedagtes uit jou verlede, tot soverre mate dat jy in jou gedagtew\u00eareld soos \u2018n verslane bokser voel. Elke keer as jy wil opstaan, slaan hulle jou neer. Die gebrek aan energie tydens depressie is met ander woorde \u2018n verslaenheid wat \u2018n gevolg is van hierdie ooraktiewe stroom pynlike gedagtes.<\/p>\n<p>Wanneer \u2018n mens ernstig geestessiek is, praat ons van \u2018n psigose. Dit werk op dieselfde beginsel. Die verskil is dat dit voel asof iemand die volumeknop oopgedraai het, en nou is daardie pynlike gedagtes heelwat meer werklik en aanwesig as by \u2018n depressie. Daardie gedagteboelie skel nou nie meer vanagter \u2018n muur of geslote hek nie, maar die hek het oopgebreek en nou skel en skree hy direk op jou. Dikwels ly mense aan hallusinasies en hoor stemme wat hulle uitskel, of hulle sien figure van mense wat hulle uitskel of uitlag, soos mooi uitgebeeld was in die rolprent <em>A Beautiful Mind<\/em>. Dit lyk met ander woorde werklik, maar dit is nie, en het streng gesproke niks met die empiriese werklikheid te make nie. Desondanks rig dit ondraaglike pyn aan.<\/p>\n<p>Dit is belangrik om te weet dat daardie gedagteboelie wat sulke pynlike gedagtes voortbring dit vir sy eie genot doen. Dit moet letterlik beskou word as \u2018n aparte entiteit in ons gees wat dit ongelooflik geniet om op ons swakhede te teer en ons te verneder. Die rede waarom ons hierdie pynlike gedagtes nie maklik weg kan dink of verslaan nie, is omdat hulle juis afhanklik is van ons energie. Hoe meer aandag \u2018n mens bestee aan hierdie negatiewe gedagtes hoe sterker word hulle. Egter, sodra iemand wat in \u2018n psigose is sy hallusinasies konfronteer, sal daardie stem hoogs waarskynlik terug antwoord met: \u201cEk doen dit vir jou eie beswil\u201d, wat natuurlik nie waar is nie. Dit is bloot \u2018n lis om sy \u201cslagoffer\u201d verder te verwar en belaglik te maak.<\/p>\n<p>In elk geval is die gedagteboelie se doel baie duidelik. Hy wil nie h\u00ea dat jy jou ho\u00ebr vryhede moet nastreef nie. Hy wil jou verlam en die aandag aflei van die goeie dinge waartoe jy in staat is. Enige poging om jou gees te suiwer en verryk wil hy afbreek en bespot. As voorbeeld dink ek aan \u2018n straatmusikant wat viool speel en dat een of ander onnosel puber verbyloop en die spot dryf met die musikant, soos ek in Amsterdam af en toe sien. Daardie puber weet dat hy nooit so \u2018n instrument sal kan bemeester nie, en toon minagting vir diegene wat dit w\u00e9l doen. Die gedagteboelie is \u2018n soortgelyke puber: \u2018n lae gees wat die ho\u00ebr geeste wil vernietig.<\/p>\n<p>Interessant genoeg het klassieke aria\u2019s \u2018n positiewe uitwerking teen depressie en hallusinasies. Mense wat deur derglike siektes gekwel word en na skitterende uitvoerings van byvoorbeeld <em>Amazing Grace, <\/em>Mozart se <em>Lacrimosa<\/em> of soortgelyke koorgesange luister, meen dat die pynlike gedagtes en hallusinasies minder word, vergelykbaar met hierdie onbeskofte puber wat nie dood gevind sal word voor \u2018n kerkkoor of in \u2018n Weense konsertgebou nie. Gebed en Bybeltekste soos Psalm 23 help ook om die gedagteboelie te verdryf en kan \u2018n verklaring wees waarom gelowige mense vinniger genees van geestessiektes as ongelowige mense.<\/p>\n<p>Wanneer hierdie gedagteboelie jou belaster met onaangename herinneringe uit jou verlede, is hy besig om propaganda teen jou te maak. Deur gebruik te maak van jou eie geheue lyk dit asof dit jou eie gedagtew\u00eareld is wat di\u00e9 gedagtes voortdurend voortbring, wat nie waar is nie. Volgens Emanuel Swedenborg se beskrywings is daar inderdaad sprake van slegte geeste wat ons gedagtes op hierdie manier be\u00efnvloed en wil wegstuur van die w\u00eareld van ho\u00ebr spirituele bewussyn. Gelukkig kan ons met moderne psigoterapie ook \u2018n deeglike insig kry in hierdie nare gedagtes en van daaruit leer om hulle te identifiseer en tegelyk onklaar te maak deur die inhoud daarvan met die werklikheid te toets en \u2018n meer realistieser blik op ons bestaan te werp.<\/p>\n<p>Net soos hierdie bogenoemde voorbeeld van die gedagteboelie \u2018n sielkundige\/metafisiese verklaring bied vir geestessiektes, werk die huidige politieke propagandamasjinerie op \u2018n soortgelyke manier. Dit is \u2018n georkestreerde massadepressie of psigose. Die massamedia vertolk die rol van die gedagteboelie.<\/p>\n<p>As ons na die Christi van der Westhuizens, Max du Preez\u2019s of Piet Croukamps van hierdie w\u00eareld kyk, sien ons dieselfde patroon. Hulle is die tasbare manifestasie van die gedagteboelie. Elke keer as daar \u2018n skrywe van hulle in die perse verskyn is dit die alewige stroom propaganda oor hoe sleg ons is as ons nie ons eie ondergang wil bespoedig nie. Ons is nou al meer as twintig jaar onder ANC heerskappy en die eindelose laster wil eenvoudig nie ophou nie. Elkeen van hulle haak vas oor wit bevoorregting en bekrompenheid en dat ons geestelik swak is omdat ons nie die huidige Suid-Afrika wil omhels nie. As volk is ons ook nou \u201cdepressief\u201d of miskien selfs \u201cpsigoties\u201d soos wat hierdie stemme die hele dag op ons skel en skree.<\/p>\n<p>Sodra ons die bogenoemde skrywers sou vra wat hulle motiveer om so neerhalend oor ons te berig, sal die antwoord ook ongetwyfeld wees dat dit vir ons eie beswil is. Hulle wil ons bekrompe wesentjies na die ware verligting lei. Dit is natuurlik \u2018n volslae twakstorie. Hulle skryf dit nie vir ons nie, maar vir hulself. H\u00falle vind baat daarby, nie ons nie. Net soos depressie keer dat ons nie onsself volwaardig kan ontwikkel of ontplooi nie, doen hierdie rubriekboelies dieselfde. Hulle wil verhoed dat ons as volk doen wat ons graag sou wou doen. Hulle wil ons afstomp en die aandag aflei van ons ho\u00ebr, innerlike vryhede, juis omdat hierdie suiwer vryhede weer tot moontlike ongelykheid tussen bevolkingsgoepe kan lei. Hulle wil ons geestelik verlam, tot die punt dat ons uit wanhoop tot moord of selfmoord gedryf word. En as ons moord of selfmoord pleeg, wen hulle weer. Dan is dit alweer die soveelste \u201cbewys\u201d van hoe ongelooflik en inherent sleg ons is.<\/p>\n<p>Net soos in die geval van depressie en psigose, is die propagandastryd\u00a0 wat hulle voer \u2018n sielskwessie. Ons wil ons siel op \u2018n bepaalde manier uitdrukking gee en hulle wil dit belemmer. Dit kan ons duidelik sien hoe hulle ons skel as ons nie m\u00e9\u00e9r doen om swartes uit hul ellende te verlos nie, maar oor Zimbabwe, waar twee miljoen swartes so swaarkry dat hulle weer tot kannibalisme oorgegaan het, is hulle doodstil. Erger nog, ek onthou dat Mal Max iewers geskryf het hoe goed en stabiel dit nou daar is. Die werklikheid is dat hierdie hoofstroomkwetteraars eintlik geen flenter omgee vir swartes of apartheid nie. Soos met alles wat hulle s\u00ea en skryf, is hul simaptie\u00eb slegs illusies en bedrog wat in stand gehou word deur hul haat vir Afrikaners.<\/p>\n<p>Aan hulle totale onopregtheid met die feite kan ons hulle ontmasker vir wat hulle werklik is. Daar is niks realisties aan wat hulle kwytraak nie. Laat ons eerlik wees, die daadwerklike harde apartheid waarmee ons so gestraf word het maar net sewe jaar geduur, van 1959 tot Verwoerd se moord in 1966. Vorster en Botha het destyds begin om apartheid geleidelik af te takel. Dit was nie net efwee se doen nie. Laat staan nog dat onder Verwoerd was daar slegs drie miljoen swartes in Suid-Afrika gewees, wat \u2018n druppel in die emmer is vergeleke met die vyf en veertig miljoen swartes vandag wat almal meen dat hulle slagoffers van daardie stelsel was. Om maar te swyg oor die grootskalige ontwikkeling wat Verwoerd onder swartes daargestel het.<\/p>\n<p>Net soos die gedagteboelie \u2018n lae gees is wat net uit is om te treiter, is hierdie ekstreemlinkse kwetteraars dieselfde kategorie lae geeste. Vandaar meen ek dat hierdie konflik hoofsaaklik \u2018n sielskwessie is om nie net die Afrikaner nie, maar die Christelike Weste se siel te vernietig sodat hulle selfvoldaan hul kleingeestige oorwinning kan behaal, soos Engelse sokkervandale wat net na wedstryde toe gaan om verwoesting te saai.<\/p>\n<p>Swedenborg skryf in <em>Divine Providence<\/em> (par. 43):<\/p>\n<p>\u201c<em>&#8230;if we are caught up in loving what is evil, we cannot help feeling that hellish freedom is freedom itself; while if we are caught up in loving what is good, we feel that heavenly freedom is freedom itself. As a result, each freedom regards the other as slavery.<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Inderdaad, vryheid vir boelies is noodgedwonge slawerny vir goeie mense, en andersom.<\/p>\n<p>Kan iemand dalk \u2018n bietjie Clozapine vir Naspers gee?<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-35460\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose-200x300.jpg\" alt=\"Massapsigose\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose-200x300.jpg 200w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose-99x148.jpg 99w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose-21x31.jpg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose-25x38.jpg 25w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose-144x215.jpg 144w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Massapsigose.jpg 283w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dikwels funksioneer \u2018n gehele samelewing soos een indiwidu. In samelewings is daar byvoorbeeld verskillende range en stande en ordes wat saamwerk om \u2018n funksionele eenheid te bewerkstellig, soortgelyk aan die verskeidenheid organe in \u2018n mens se liggaam. Daar is ook teenstrydige menings oor \u2018n bepaalde plan van aanpak in groot groepe, net soos wat \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":35472,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[21767,20044,21766],"class_list":["post-35459","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-amazing-grace","tag-depressie","tag-psigose"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35459","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35459"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35459\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35472"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35459"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35459"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35459"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}