{"id":35447,"date":"2015-12-05T14:10:58","date_gmt":"2015-12-05T12:10:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35447"},"modified":"2015-12-05T17:05:43","modified_gmt":"2015-12-05T15:05:43","slug":"dan-roodt-die-dames-le-pen-op-vooraand-van-n-triomf-in-frankryk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35447","title":{"rendered":"Dan Roodt: Die dames Le Pen op vooraand van &#8216;n triomf in Frankryk?"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste rondte van die Franse streeksverkiesing wat Sondag plaasvind, trek nie soveel aandag buite die land nie, maar hou enorme implikasies vir sowel Frankryk as Europa in. Meningsopnames na die terreuraanvalle op 13 November in Parys toon dat die Front National van mevrou Marine Le Pen, wat deur die Franse media steeds as \u201cverregs\u201d getipeer word, die meeste steun bygekry het. In die noordelike streek wat as Nord-Pas-de-Calais-Picardie bekendstaan, het Le Pen se steun byna onmiddellik met drie tot vier persentasiepunte gestyg en staan tans op 40%.<\/p>\n<p>Verder op die horison wink die Franse presidentsverkiesing van 2017. Indien Marine Le Pen in die huidige streeksverkiesing goed vaar, versterk dit haar kanse om die volgende Franse president te word, iets wat aardskuddende gevolge vir die Europese Unie sou h\u00ea. Want nie net is die Front National sterk ten gunste van \u201cdie herstel van Franse nasionale soewereiniteit\u201d nie, maar wil selfs die euro as geldeenheid ops\u00ea. Dit mag die Griekse skuldkrisis na \u2018n vulletjie laat lyk as die eurosone se naasgrootste ekonomie hom aan die Europese geldeenheid sou onttrek.<\/p>\n<p>Afgesien van die Islamitiese terreuraanvalle op Parys wat in Januarie en November vanjaar plaasgevind het, speel die migrantekrisis in Europa insgelyks byna volmaak in die guns van die Front National wat reeds jare lank waarsku dat Frankryk gevaar loop om deur derdew\u00eareldimmigrante \u201cverswelg\u201d te word.<\/p>\n<p>Die invloedryke Britse meningsvormer en rubriekskrywer van die Britse <em>Financial Times<\/em>, Gideon Rachman, het <a href=\"http:\/\/www.ft.com\/intl\/cms\/s\/0\/e7b61eae-974d-11e5-9228-87e603d47bdc.html#axzz3tRmxXkpk\" target=\"_blank\">vandeesweek geskryf<\/a> dat daar \u2018n \u201cnagmerrie\u201d is wat by hom spook, en dit is dat \u2018n nasionalistiese troika van Wladimir Poetin (Rusland), Donald Trump (VSA) en Marine Le Pen (Frankryk) oor \u2018n jaar of twee aan bewind mag wees. Volgens hom \u201cspreek die blote feit dat Donald Trump en Marine Le Pen sterk aanspraakmakers vir die Amerikaanse en Franse presidentskappe is, van iets kommerwekkends aangaande die toestand van liberale demokrasie in die Weste\u201d.<\/p>\n<p>Of \u2018n mens Rachman se kommer deel, aldan nie, is die tektoniese plate beslis besig om in Frankryk te skuif, met heftige debatte en selfs rusies oor die radio en TV, asook die gedrukte en digitale media. In \u2018n land waar skrywers, filosowe en akademici \u2018n groot rol in die openbare lewe speel, is insgelyks \u2018n witwarm intellektuele stryd aan die gang wat in boeklengte essays, romans en selfs strokiesprente gevoer word. So pas in November het \u2018n akademikus en \u2018n kunstenaar \u2018n grafiese roman met die titel La pr\u00e9sidente gepubliseer waarin Marine Le Pen se aanstelling as president voorgestel word, wat dan stakings en onluste in die land ontketen as linkses teen haar bewind in opstand kom.<\/p>\n<p>Soos wat Afrikanerskap in Suid-Afrika \u2018n twispunt kan raak, is \u201cFransmanskap\u201d deesdae di\u00e9 onderwerp in Frankryk wat in haarfyn besonderhede ontleed en bespreek word. Die woord \u201cidentiteit\u201d is op almal se lippe en die byvoeglike naamwoord \u201cidentit\u00ear\u201d word vir buiteparlement\u00eare groepe gebruik wat regs van die Front National betogings teen immigrasie op straat of selfs op die dakke van geboue re\u00ebl met \u2018n geurtjie van opstand en revolusie. Op YouTube bestaan daar \u201cpatriotiese\u201d musiekgroepe wat openlik politieke liedere sing en maskers dra om nog verder die allure van verbode optrede daaraan te verleen.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/ZuoqreGkl7o\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Terwyl die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, en leier van die nuwe sentrum-regse party bekend as die Republikeine, aanmekaar s\u00ea, \u201cOns moet ophou om advertensie vir die Front National te maak\u201d, doen die koerante niks anders nie. Selfs die Facebook-blaaie van alle FN-kandidate word wyd en syd deur Le Monde en Le Figaro gepubliseer om sommige van hulle grensoorskrydende uitlatings oor immigrante of Islam te toon. Veral kandidate wat \u201cbande met identit\u00eare groepe\u201d sou h\u00ea, word aan die kaak gestel in \u2018n poging om hulle by die stembus te diskrediteer.<\/p>\n<p>Na \u2018n konsolidasie van sommiges, kan die 13 streke in metropolitaanse Frankryk met Suid-Afrika se nege provinsies vergelyk word. Hulle beheer veral die ho\u00ebrskole (lyc\u00e9es), vervoer, ekonomiese ontwikkeling en belastinginvordering met aansienlike begrotings van ongeveer \u20ac3 miljard (R45 miljard) elk. Dan is daar nog vier buitelandse streke ook, waaronder R\u00e9union-eiland digby Suid-Afrika in die Indiese oseaan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_35450\" aria-describedby=\"caption-attachment-35450\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-35450\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b-300x187.jpg\" alt=\"Marine Le Pen: verguising deur die Franse media bring haar nie van stryk nie\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b-300x187.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b-148x92.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b-31x19.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b-38x24.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b-344x215.jpg 344w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/marine-le-pen_2711095b.jpg 620w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-35450\" class=\"wp-caption-text\">Marine Le Pen: verguising deur die Franse media bring haar nie van stryk nie<\/figcaption><\/figure>\n<p>Vandat Marine Le Pen die leisels van die Front National by haar vader, Jean-Marie Le Pen, op 16 Januarie 2011 oorgeneem het, het die party se kiesersteun ondanks die media se vyandigheid byna konstant toegeneem. Daarom het die ou Links-Regs-verdeling of bipol\u00eare stelsel in Frankryk verval om \u201ctripol\u00ear\u201d te word. Die jongste meningsopname deur Harris Interactive toon dat Links oor 24% steun en Regs oor 27% beskik &#8211; met die Front National op 28%. Ander onlangse opnames bespeur tot 30% steun vir die Front. Vanwe\u00eb die ingewikkelde kiesstelsel vir streke wat \u2018n sogenaamde \u201cbonus\u201d of <em>prime<\/em> van \u2018n verdere kwart van die setels aan enige party toeken wat meer as 35% van die stemme op hom verenig, kan selfs \u2018n minderheid van stemme dus aan \u2018n party die meerderheid setels in die streeksraad verskaf. Di\u00e9 maatre\u00ebl is juis ingestel om te sorg dat die streke nie met \u2018n staking van stemme eindig sodat geen besluite geneem kan word nie.<\/p>\n<p>Eintlik is die stelsel kwadripol\u00ear, want daar bestaan nog verlinkse partye (waaronder die Kommuniste) ook, maar wat altesaam nie meer as 8% steun geniet nie en dus \u2018n mindere rol speel, aangesien \u2018n party ten minste 10% stemme in die streeksverkiesing moet verkry om na die tweede rondte deur te gaan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_35455\" aria-describedby=\"caption-attachment-35455\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-35455\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls-300x192.jpg\" alt=\"Manuel Valls, die Sosialistiese eerste minister en die seun van Katalaanse immigrante. Hy meen Marine Le Pen is 'n &quot;gevaar vir Frankryk&quot;.\" width=\"300\" height=\"192\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls-300x192.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls-1024x655.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls-148x95.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls-31x20.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls-38x24.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/valls-336x215.jpg 336w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-35455\" class=\"wp-caption-text\">Manuel Valls, die Sosialistiese eerste minister en seun van Katalaanse immigrante (gebore in Barcelona). Hy meen Marine Le Pen is &#8216;n &#8220;gevaar vir Frankryk&#8221;.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hoewel die bele\u00ebrde Sosialistiese president, Francois Hollande, se gewildheid kort n\u00e1 die terreuraanval op 13 November gestyg het, staan kiesers steeds baie skepties teenoor sy party wat sukkel om veel bokant die 20%-merk uit te styg. Hy word veral vir die ho\u00eb werkloosheid geblameer, met Marine Le Pen wat hom gereeld daaroor kasty. Aan Hollande se sy is die eerste minister, Manuel Valls, wat sy bes probeer om skadebeheer toe te pas en die Front as \u2018n \u201cgevaar vir Frankryk\u201d beskryf.<\/p>\n<p>Vanuit \u2018n media- en reklame-oogpunt is die Franse verkiesingstryd baie interessant, want dit toon dat slegs\u00ea en etikettering naderhand teenproduktief raak. Marine Le Pen word gereeld as \u2018n \u201cfascis\u201d, \u201crassis\u201d, \u201cNazi\u201d, \u201cIslamofoob\u201d en \u201cverregse\u201d getipeer, maar dis asof die stortvloed beledigings merendeels simpatie by die Franse kiesers wek. As iemand wat in \u2018n politieke familie gebore is en reeds jare lank sulke taal verduur, is sy so bedrewe in TV- en radiodebatte dat sy byna outomaties met snydende sarkasme terugkap en gewoonlik die debat in haar guns beklink.<\/p>\n<p>Haar voorkoms en styl het min in gemeen met di\u00e9 van \u2018n tradisionele aspirantdiktator. Boonop is haar adjunk en partystrateeg, Florian Philippot, \u2018n jaar of wat gelede \u201contmasker\u201d as gay. Die derde mees sigbare politikus in die party is die aanvallige Marion Mar\u00e9chal-Le Pen, Marine se kleinniggie, wat op 22 die jongste parlementslid in die Franse geskiedenis geword het as verteenwoordiger vir die Vaucluse-kiesafdeling.<\/p>\n<p>Indien die Front National \u2018n \u201cfascistiese\u201d party is, is dit die eerste in die geskiedenis wat deur twee blondines en \u2018n gay man gelei word! Mar\u00e9chal-Le Pen staan in die suide in \u2018n streek met die afkorting PACA (Provence-Alpes-C\u00f4te d\u2019Azur) waar sy insgelyks &#8216;n golf van ongeveer 40% steun in meningsopnames ry. Twee ander streke waar die Front sterk steun geniet, is di\u00e9 wat aan Duitsland grens, Alsace-Champagne-Ardenne-Lorraine, waar Philippot hom as streeksleier beskikbaar stel, asook Bourgogne-Franche-Comt\u00e9.<\/p>\n<p>Die enigste manier waarop streeksoorwinnings vir die Front National gestuit kan word, is indien daar \u2018n Regs-Linkse alliansie tydens die tweede rondte sou plaasvind. Dit sou beteken dat die Sosialistiese Party en die Republikeine hul lyste sou moes saamsmelt binne 48 uur nadat die stembus vir die eerste rondte gesluit het. &#8216;n Ander moontlikheid is dat die Sosialistiese party, wat volgens die meningsopnames oral swak gaan vaar, eenvoudig in sekere streke voor die tweede rondte onttrek. In so \u2018n geval sou kiesers soos tydens die presidensi\u00eble verkiesing van 2002 gevra word om \u2018n verenigde front teen die Front National te monster. In daardie verkiesing het Marine se vader, Jean-Marie Le Pen, in die tweede rondte teen die regse kandidaat, mnr. Jacques Chirac, te staan gekom, met linkse \u00e9n regse kiesers wat en masse vir Chirac gestem het om aan hom 82% van die stemme te besorg. In die Noorde waar Marine Le Pen staan, dreig die Sosialis, Pierre de Saintignon, reeds om &#8220;sy verantwoordelikheid na te kom&#8221; en aan die tweede rondte te onttrek sodat sy Regse eweknie, Xavier Bertrand, &#8216;n beter kans staan om haar te klop. Sarkozy, wat besef dat die Sosialiste teen die toue verkeer, is egter langtand om hoegenaamd enige ooreenkoms aan te gaan, dus lyk dit asof daar insgelyks driehoekige kragmetings in die tweede rondte gaan plaasvind.<\/p>\n<p>Marine Le Pen is veel gewilder as haar veglustige pa, \u2018n veteraan van die Algerynse oorlog. Vroe\u00ebr vanjaar het sy hom ook uit die party geskors nadat hy \u2018n tweede keer die Joodse konsentrasiekampe in Duitsland as \u2018n \u201cdetail van die geskiedenis\u201d bestempel het. Anders as in die presidentsverkiesing waar \u2018n blote app\u00e8l op kiesers geloods kan word, is die samesmelting van lyste \u2018n ingewikkelde proses. Boonop bestaan beide die linkse en regse blokke uit \u2018n paar groot en enkele kleiner partye wat reeds onderling allerlei delikate ooreenkomste oor kandidaatlyste aangegaan het. Om inderhaas aan di\u00e9 lyste te torring, mag veroorsaak dat die blokke uitmekaar skeur en \u2018n selfs groter oorwinning aan die dames Le Pen besorg.<\/p>\n<p>Hollande, Valls en Sarkozy sien glad nie uit na die gesig van twee triomfantelik glimlaggende vroue in hul gewone sjiek uitrustings wat in hul onderskeie streke met die Franse driekleur in die agtergrond vir die kameras poseer nie. Die datum tydens die tweede rondte sal 13 Desember wees, presies een maand n\u00e1 die afskuwelike Islamitiese terreuraanvalle op onskuldiges in die Franse hoofstad.<\/p>\n<p>Marion Mar\u00e9chal-Le Pen, wat soos haar oupa Jean-Marie met die regtervleuel van die party geassosieer word, het op die vooraand van die verkiesing ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cOns is nie \u2018n Moslemland nie, en as Franse die Moslemgeloof mag aanhang, is dit op voorwaarde dat hulle hul by die waardes en lewenswyse neerl\u00ea wat Griekse en Romeinse invloed, asook sestien eeue van Christendom gevorm het. By ons dra \u2018n mens nie die djellaba (die lang gewaad vir vroue) nie, ook nie die volle sluier nie en dwing ook nie katedraal-moskees aan ons op nie.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Sy het verder in die rugbystad Toulon ges\u00ea dat iemand wat \u201cnie aan die bewe gaan\u201d by die katedraal van Reims waar die Franse konings voorheen gekroon is of by die Federasiefees waar die republikeinse bestorming van die Bastille gevier word, \u201cnie regtig Frans kan wees nie\u201d. Daarmee het sy die handskoen neergesmyt teenoor diegene wat meen dat Franse burgerskap van Franse patriotisme en identiteit losgemaak kan word.<\/p>\n<p>Indien Rachman se nagmerrie bewaarheid word en beide Donald Trump en Marine Le Pen tot die hoogste amp in hul onderskeie lande verkies word, mag dit interessante gevolge vir Suid-Afrika h\u00ea. Nie net is Frankryk een van die Afrikaner-stamlande en \u2018n wapenverskaffer aan die ou NP-regerings nie, maar die feit dat Hollande se Sosialistiese Party eens gehelp het om die ANC-SAKP in Suid-Afrika aan bewind te stel, mag dalk net vir Le Pen oorreed om met groter simpatie na Suid-Afrika se bele\u00ebrde Westerse en Christelike minderheid te kyk.<\/p>\n<p>Anders as mev. Hillary Clinton, gaan Donald Trump ook nie in Johannesburg Afrika-danse saam met ANC-politici kom uitvoer nie, maar eerder begin wonder of Suid-Afrika nie \u2018n moontlike kandidaat vir \u201cregimeverandering\u201d is nie. In Rachman se Brittanje mag die kombinasie Poetin-Trump-Le Pen \u2018n nagmerrie verteenwoordig, maar wat kan verskrikliker as die ANC-SAKP, met die EFF as opvolger op die horison, wees? Dit pas by die re\u00ebl uit James Joyce se Ulysses: \u201cDie geskiedenis is \u2018n nagmerrie waaruit ek probeer wakkerskrik.\u201d<\/p>\n<p>Gelukkig is een se nagmerrie \u2018n ander se aangename droom. Noudat ek daaraan dink: ek het ook al in daardie katedraal te Reims, in die hart van die pragtige Sjampanjestreek, gestaan en die vibrasies waarvan Mar\u00e9chal-Le Pen praat, gevoel&#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rondte van die Franse streeksverkiesing wat Sondag plaasvind, trek nie soveel aandag buite die land nie, maar hou enorme implikasies vir sowel Frankryk as Europa in. Meningsopnames na die terreuraanvalle op 13 November in Parys toon dat die Front National van mevrou Marine Le Pen, wat deur die Franse media steeds as \u201cverregs\u201d &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35447\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Die dames Le Pen op vooraand van &#8216;n triomf in Frankryk?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":35448,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[10639,21765],"class_list":["post-35447","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-marine-le-pen","tag-marion-marechal-le-pen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35447","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35447"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35447\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35448"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35447"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35447"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35447"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}