{"id":35435,"date":"2015-12-04T09:18:42","date_gmt":"2015-12-04T07:18:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35435"},"modified":"2015-12-04T09:18:42","modified_gmt":"2015-12-04T07:18:42","slug":"brittanje-gaan-isis-glo-vir-die-volgende-drie-jaar-bom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35435","title":{"rendered":"Brittanje gaan ISIS glo vir die volgende drie jaar bom"},"content":{"rendered":"<p>Die Britse sekretaris van verdediging Michael Fallon s\u00ea Britse lugaanvalle in Siri\u00eb kan drie jaar duur as hulle fokus op ISIS se olie-velde.<\/p>\n<p>Die owerheid gaan glo bykomende vegvliegtuige ontplooi in aanvalle teen die Islamitiese Staat in Siri\u00eb. <\/p>\n<p>Bomwerpers het reeds die Omar-olievelde in die ooste van Siri\u00eb geteiken wat onder beheer van die terreurgroep is.<\/p>\n<p>Fallon s\u00ea dit is belangrik om die olie-infrastruktuur te ontwrig, aangesien dit &#8216;n vername inkomste van die groep is. <\/p>\n<p>Die ekstremiste-groep verkoop olie hoofsaaklik aan Turkse en Siriese tussengangers, waarna dit aan verbruikers in ander lande verkoop word.<\/p>\n<p>&#8216;n Russiese ho\u00eb amptenaar, Konstantin Kosatsjef het egter ges\u00ea dit is nog nie duidelik of &#8220;die Britte ander of dieselfde teikens [as die Russiese Federasie] het nie. Tyd sal leer watter oorlog Brittanje voer: Anti-terreur of burger,&#8221; het hy afgesluit.<\/p>\n<p>Die aandeelpryse van groot internasionale wapenhandelaars het in die nasleep van die besluit van die Britse parlement om sy lugbombardementveldtog teen die Islamitiese staat te brei, die hoogte ingeskiet in weerwil van die feit dat Brittanje nie volgens internasionale reg handel nie.<\/p>\n<p>BAE Systems, Airbus, Finmeccanica en Thales se aandele het Donderdagoggend ho\u00ebr verhandel, berig CommonSpace. <\/p>\n<p>Dit kom nadat Brittanje sy bereidwilligheid om miljoene meer te spandeer op sy oorlog met ISIS, verklaar het.<\/p>\n<p>Daar is onbevestigde berigte dat ISIS besluit het dat die volgende teiken van &#8216;n aanval sal wees op Brittanje.<\/p>\n<p>Europese veiligheid-agentskappe, met verwysing na spesifieke intelligensie wat verkry is, het ges\u00ea dat die Britse terroriste in Siri\u00eb en Irak getaak word om huis toe te gaan om &#8216;n aanval te loods, het CNN berig.<\/p>\n<p>Die kommer van intelligensie agentskappe is glo vererger deur die parlement\u00eare stemmery Woensdagaand.<\/p>\n<p>Australi\u00eb se parlement het intussen wetgewing in plek gestel om dubbele burgers van hul burgerskap te ontneem indien hulle skuldig bevind word aan oortredings wat verband hou met terrorisme.<\/p>\n<p>Sulke burgers wat bande met verdagte groepe oorsee het, sal te midde van kommer oor jihadiste, ook van hul Australiese paspoorte gestroop word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Britse sekretaris van verdediging Michael Fallon s\u00ea Britse lugaanvalle in Siri\u00eb kan drie jaar duur as hulle fokus op ISIS se olie-velde. Die owerheid gaan glo bykomende vegvliegtuige ontplooi in aanvalle teen die Islamitiese Staat in Siri\u00eb. Bomwerpers het reeds die Omar-olievelde in die ooste van Siri\u00eb geteiken wat onder beheer van die terreurgroep &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35435\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brittanje gaan ISIS glo vir die volgende drie jaar bom&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[18270,7402,17039,5361,10641,7829,21762,19395],"class_list":["post-35435","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-bae-systems","tag-irak","tag-isis","tag-islam","tag-sirie","tag-terreur","tag-thales","tag-wapenhandel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35435","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35435"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35435\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35435"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35435"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35435"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}