{"id":35406,"date":"2015-12-02T10:59:48","date_gmt":"2015-12-02T08:59:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35406"},"modified":"2015-12-02T11:00:10","modified_gmt":"2015-12-02T09:00:10","slug":"bricsbanks-bedel-by-lidlande","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35406","title":{"rendered":"BRICSbank bedel by lidlande"},"content":{"rendered":"<p>Die president van die Brics Ontwikkelingsbank, Kundapur Kamath s\u00ea hulle verkies dat die nodige hulpbronne vir die bank van die lidlande afkomstig sal wees, het RSG berig. <\/p>\n<p>Kamath het in Pretoria &#8216;n openbare lesing aangebied en s\u00ea die ekonomie\u00eb van sommige van die lidlande, Brasili\u00eb, Rusland, Indi\u00eb, China en Suid-Afrika, is sterker as ander en sal &#8216;n groter bydrae tot die Ontwikkelingsbank kan lewer. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea die bank sal verkies om slegs na internasionale markte te gaan indien dit werklik noodsaaklik is. Kamath s\u00ea die Brics Ontwikkelingsbank behoort teen April aanstaande jaar die eerste lenings toe te staan.<\/p>\n<p>Intussen het Zimbabwe en China &#8216;n reeks bilaterale samewerkings-ooreenkomste onderteken. <\/p>\n<p>Die Chinese president, Xi Jinping het gister in Zimbabwe aangekom op &#8216;n tweedaagse besoek. Hy word vergesel deur &#8216;n groot afvaardiging Sjinese sakelui. Zimbabwe en China het historiese bande wat terugdateer na Zimbabwe se bevrydingstryd. <\/p>\n<p>Die betrekkinge tussen die twee lande het verstewig sedert 2000, toe Westerse lande Zimbabwe weens menseregte skendings ge\u00efsoleer het. Die nuwe ooreenkomste het betrekking tot omgewingsbeskerming, konstruksie, en kragopwekkingsprojekte, insluitend die uitbreiding van die Hwange-kragstasie. <\/p>\n<p>Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe het sy land se betrekkinge met China geloof, en verwys na die verswakkende ekonomiese invloed van Westerse lande.<\/p>\n<p>Amerikaanse verteenwoordigers by die Internasionale Monet\u00eare Fonds en binne die Kongres self het ges\u00ea hulle het geen keuse gehad nie ten opsigte van die IMF se besluit om die Chinese renminbi (RMB) te aanvaar as nuwe reserwegeldeenheid. <\/p>\n<p>Die IMF het ingestem om die yuan die nuutste toevoeging tot sy geldeenheidmandjie, bekend as Spesiale Trekkingsregte (SDR) te maak.<\/p>\n<p>Indien die VSA China se geldeenheid sou geweier het, sou dit Amerika gedwing het om alternatiewe instellings te bou, wat die bestaande finansi\u00eble argitektuur van die ou Bretton Woods-stelsel sou ondermyn het, s\u00ea ontleders.<\/p>\n<p>China is reeds te veel ge\u00efntegreer by die internasionale stelsel om so &#8216;n stap te kon oorweeg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die president van die Brics Ontwikkelingsbank, Kundapur Kamath s\u00ea hulle verkies dat die nodige hulpbronne vir die bank van die lidlande afkomstig sal wees, het RSG berig. Kamath het in Pretoria &#8216;n openbare lesing aangebied en s\u00ea die ekonomie\u00eb van sommige van die lidlande, Brasili\u00eb, Rusland, Indi\u00eb, China en Suid-Afrika, is sterker as ander en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35406\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;BRICSbank bedel by lidlande&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[21758,5311,6977,2251],"class_list":["post-35406","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-bricsbank","tag-china","tag-imf","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35406","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35406"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35406\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35406"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35406"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35406"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}