{"id":35344,"date":"2015-11-27T09:55:18","date_gmt":"2015-11-27T07:55:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35344"},"modified":"2015-11-27T11:07:09","modified_gmt":"2015-11-27T09:07:09","slug":"die-houtwerkdruipeling-sit-sy-anti-afrikaanse-veldtog-in-vk-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35344","title":{"rendered":"Die houtwerkdruipeling sit anti-Afrikaanse veldtog in VK voort"},"content":{"rendered":"<p>Swart studente lei die stryd teen wit heerskappy wat inheemse bevolkings uitsluit, het Julius Malema Woensdagaand voor die Oxford-universiteit se debatsvereniging, verklaar.<\/p>\n<p>Malema toer tans deur Brittanje waar hy met ryk Britse sakeleiers vergader het oor hoe om Afrikaans by ho\u00ebr instellings die nekslag toe te dien.<\/p>\n<p>Die rooi nar, sal soos sy voorloper Nelson Mandela, Chatham House, een van Brittanje se gesaghebbendste dinkskrums, ook toespreek om sy internasionale aansien te verhoog.<\/p>\n<p>Die EFF-leier se boodskap is soortgelyk aan die van die getalarm <em>Open Stellenbosch<\/em> wat Afrikaans by US wil afskaf.<\/p>\n<p>Onder &#8220;wit heerskappy&#8221; &#8211; lees Afrikaans &#8211; word &#8220;swartes glo opvoeding geweier sodat hulle &#8216;n bron van goedkoop arbeid kon wees&#8221; aldus Malema.<\/p>\n<p>Sy boodskap was besonder goed teen Afrikaans gefokus vir &#8216;n houtwerkdruipeling en Netwerk24 het oudergewoonte uitgebreid daaroor berig:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cSuid-Afrika moet nie &#8216;n tuiste vir rassiste wees nie. En ons gaan nie om verskoning daarvoor vra nie. Diegene wat weier om berou te toon, moet dit weet.<\/p>\n<p>\u201cOns glo daar is in Suid-Afrika plek vir almal. Maar ons kan nie aanhou om wit bevoorregting ten koste van swart mense te beskerm nie.\u201d<\/p>\n<p>Malema, wat &#8216;n noue verhouding met Winnie Madikizela-Mandela het, het ges\u00ea oudpres. Nelson Mandela het die Vryheidsmanifes verlo\u00ebn toe hy en Madikizela-Mandela geskei het omdat hy in &#8216;n huis gaan woon het wat wittes aan hom geskenk het.<\/p>\n<p>\u201cOm te kla dat Mandela die struggle verlo\u00ebn het, is sinloos. Hy het geweet die struggle is onvoltooid. Hy het dit vir ons gelos. Ons sal dit klaar maak. Ons gaan nie &#8216;n kompromie aangaan nie.\u201d Hy het aan die gehoor ges\u00ea sy party wil nie wit heerskappy met swart heerskappy vervang nie.<\/p>\n<p>\u201cOns wil die waardigheid van die kontinent herstel en Afrika as &#8216;n gelyke vennoot in die w\u00eareldekonomie en internasionale politiek posisioneer.<\/p>\n<p>\u201cOns wil h\u00ea Afrika moet soos Europa wees. Ons wil nie h\u00ea Europa moet Afrika as sy onderdaan behandel nie. Afrika se tyd is nou,\u201d het Malema ges\u00ea.<\/p><\/blockquote>\n<p>Malema het die dooie Cecil John Rhodes opgerakel as &#8216;n toonbeeld van die onverkwiklike rasseskeiding waarmee sy soort glo worstel. Hy is egter deur se Rhodes se klasgenote met ope arms verwelkom, &#8216;n voorreg wat wit Britte van die werkersklas nie beskore is nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Swart studente lei die stryd teen wit heerskappy wat inheemse bevolkings uitsluit, het Julius Malema Woensdagaand voor die Oxford-universiteit se debatsvereniging, verklaar. Malema toer tans deur Brittanje waar hy met ryk Britse sakeleiers vergader het oor hoe om Afrikaans by ho\u00ebr instellings die nekslag toe te dien. Die rooi nar, sal soos sy voorloper Nelson [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[167,9219,21743,6685,17020],"class_list":["post-35344","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-boerehaat","tag-brittanje-oxford","tag-julius-malema","tag-us"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35344","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35344"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35344\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35344"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35344"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35344"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}