{"id":35339,"date":"2015-11-27T09:28:08","date_gmt":"2015-11-27T07:28:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35339"},"modified":"2015-11-27T10:31:24","modified_gmt":"2015-11-27T08:31:24","slug":"franse-leier-na-moskou-om-front-teen-isis-te-bou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35339","title":{"rendered":"Franse leier na Moskou om front teen ISIS te bou"},"content":{"rendered":"<p>Frankryk het die voortou geneem op die globale politieke toneel met President Francois Hollande se besoek aan Moskou Donderdag.<\/p>\n<p>Sy gesprek met die Russiese president Vladimir Poetin kan lei tot nuwe verwikkelinge in die streek nadat die twee ooreengekom het om terroriste se olie-inkomste te teiken.<\/p>\n<p>Hollande wil konsensus bou teen ISIS in beide Siri\u00eb en Irak, na aanleiding van die terreuraanvalle in Parys op 13 November wat 130 mense se dood gekos het en honderde beseer het.<\/p>\n<p>As sodanig, is sy ontmoeting met Poetin Donderdag &#8216;n belangrike stap in die rigting van &#8216;n verdraagsame beleid teenoor Rusland.<\/p>\n<p>Wetgewers van Duitsland se regerende partye het die week vergader om te bespreek hoe Berlyn bystand aan Frankryk in die stryd teen die Islamitiese Staat kan verleen.<\/p>\n<p>Dit volg insgelyks na die dodelike terreuraanvalle in Parys.<\/p>\n<p>Hollande, het Woensdag Duitsland se hulp gevra toe kanselier Angela Merkel hom in die Franse hoofstad besoek het. Sy het toe onderneem om \u201cspoedig\u201d op die versoek te reageer.<\/p>\n<p>Lede van die Duitse Bundestag se konserwatiewe blok en diegene van die sentraal-linkse Sosiaal Demokrate is genooi om \u2018n vergadering by te woon om die aangeleentheid te bespreek.<\/p>\n<p>Die Franse en Duitse leiers het elk ook \u2018n pienk roos by die ander huldeblyke vir die slagoffers van die Parysaanvalle in die <em>Place de la Republique<\/em> geplaas.<\/p>\n<p>Hollande het ook met die Italiaanse eerste minister, Matteo Renzi, in Parys vergader voordat hy na Moskou gevlieg het.<\/p>\n<p>Sy veldtog word aan bande gel\u00ea deur die uitval tussen Rusland en Turkye oor die Russiese vegvliegtuig wat vroe\u00ebr die week afgeskiet is.<\/p>\n<p>Ontleders meen dat Turkye met Washington se goedkeuring die Russiese tuig afgeskiet het nadat hulle die Russe in &#8216;n lokval gelei het. CNN het intussen na ISIS-terroriste in hul nuusberigte begin verwys as &#8220;amptenare van die Islamitiese Staat&#8221;.<\/p>\n<p>Die Turkse president Erdogan en sy gesin baat glo uit die inkomste van gesteelde olie wat hulle by ISIS teen &#8216;n afslag koop.<\/p>\n<p>Volgens berigte is &#8216;n <a href=\"http:\/\/journal-neo.org\/2015\/11\/25\/israeli-colonel-caught-with-is-pants-down\/\">Israeliese kolonel<\/a> Yusi Oulen Shahak glo ontmasker as deel van ISIS.<\/p>\n<p>Frankryk het hom beroep op \u2018n resolusie wat bepaal dat lidlande van die Europese Unie (EU) milit\u00eare bystand aan Frankryk moet verleen n\u00e1 die aanvalle in Parys op 13 November toe 130 mense dood is in \u2018n golf aanvalle waarvoor ISIS aanspreeklikheid aanvaar het. <\/p>\n<p>Hollande het egter volgehou dat die verkose Siriese president geen rol moet speel in &#8216;n &#8220;oorgang&#8221; nie, en dat Rusland as spreekbuis vir Siriese belange moet optree.<\/p>\n<p>Duitsland het vandag ingestem om milit\u00eare hulp te verleen aan Frankryk met ondersteuning vir &#8216;n uitgebreide lugveldtog teen die &#8220;moorddadige bende&#8221; na die Franse president se besoek.<\/p>\n<p>Deelname sal insluit dat tussen vier en ses Tornado-verkenningsvliegtuie toegerus met spesiale infrarooikameras wat vyandige posisies sal kan opspoor, gestuur word sowel as &#8216;n fregat om die Charles de Gaulle, die Franse vliegdekskip in die Middellandse See, te beskerm. <\/p>\n<p>Duitsland sal ook hervullingsvliegtuie vir Franse tuie beskikmaar maak, het Henning Otte, verdedigingswoordvoerder vir die Duitse kanselier Angela Merkel se Christen-Demokratiese Unie, aan joernaliste ges\u00ea.<\/p>\n<p>Rusland het met die ontmoeting die Turks-Amerikaanse plan om &#8216;n vliegspergebied oor Siri\u00eb aan te kondig, gekelder.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Frankryk het die voortou geneem op die globale politieke toneel met President Francois Hollande se besoek aan Moskou Donderdag. Sy gesprek met die Russiese president Vladimir Poetin kan lei tot nuwe verwikkelinge in die streek nadat die twee ooreengekom het om terroriste se olie-inkomste te teiken. Hollande wil konsensus bou teen ISIS in beide Siri\u00eb &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35339\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse leier na Moskou om front teen ISIS te bou&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":35340,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1093,17039,5049,9575,2078,10641,7829],"class_list":["post-35339","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-frankryk","tag-isis","tag-olie","tag-oorlog","tag-rusland","tag-sirie","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35339","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35339"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35339\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35340"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35339"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35339"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35339"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}