{"id":35290,"date":"2015-11-24T08:53:55","date_gmt":"2015-11-24T06:53:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35290"},"modified":"2015-11-24T08:54:32","modified_gmt":"2015-11-24T06:54:32","slug":"duitsland-genader-na-plaasmoordenaars-borg-kry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35290","title":{"rendered":"Duitsland genader na plaasmoordverdagtes borg kry"},"content":{"rendered":"<p>Boere van die Kalkrand-omgewing en die gemeenskap van Omamas in Namibi\u00eb is woedend en geskok nadat die vyf swart verdagtes van die moord op die bejaarde Duitse burger, mnr. Reinhardt Schmidt, Vrydag borgtog van N$5 000 elk gekry het.<\/p>\n<p>Die vyf verdagtes te wete dr. Gerson Kandjii en mnre. Erwin Tjiteer, Domingo Juseus, Stefanus Jarson en Mawapunchila Nakapanda, het in die landdroshof op Kalkrand verskyn nadat hulle vroeg in Maart op klagte van moord en diefstal in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p>Landdros Ismael Huanga het nie die redes vir die toekenning van borgtog in die hof gelees nie.<\/p>\n<p>Adjudant-offisier Aloy Haraseb van die Namibiese polisie het gister bevestig dat Kandjii, die Brave Warriors se spandokter wat \u2018n ander hangende saak van renosterstropery teen hom het, reeds op vrye voet is nadat hy Saterdag sy borgtog betaal het.<\/p>\n<p>Die ander vier is steeds in aanhouding tot tyd en wyl hulle hul borgtog kan betaal.<\/p>\n<p>\u201cDit is absoluut onaanvaarbaar dat moordverdagtes borgtog van N$5 000 elk kry. Dit is ondenkbaar. Ek kan nie verstaan dat jy \u2018n prys van N$5 000 op iemand se lewe kan plaas nie,\u201d het die ontstelde bestuurder van die Namibi\u00eb Hoodia-jagplaas, mnr. Derek MacKinnon, gister ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het bygevoeg: \u201cDie regering sal moet ingryp. Hoe kan \u2018n moordverdagte dieselfde borgtog as \u2018n vermeende veedief kry?\u201d<\/p>\n<p>MacKinnon het ges\u00ea Schmidt se familie in Duitsland het Vrydag \u2018n brief aan die Duitse ambassadeur in Namibi\u00eb, mnr. Christian Schlaga, geskryf om hul skok oor die borgtog uit te spreek en te vra of hy met die Namibiese regering kan vergader om hul misnoe\u00eb oor die vrylating oor te kan dra.<\/p>\n<p>MacKinnon het ges\u00ea hy is ook van plan om \u2018n brief van protes aan die ministerie van landbou, water en bosbou te rig.<\/p>\n<p>\u201cEk sukkel om te glo dat vermeende moordenaars toegelaat kan word om op vrye voet rond loop,\u201d het MacKinnon ges\u00ea.<\/p>\n<p>Schmidt is in die oggendure van 26 Februarie en 27 Februarie in sy huis op die Namibi\u00eb Hoodia-jagplaas in die Omamas-omgewing vermoor. Die verdagtes het glo ook twee vuurwapens, \u2018n platskermtelevisie en ander items uit sy huis gesteel.<\/p>\n<p>Van die verdagtes is vasgetrek toe hulle van die gesteelde items verkoop het.<\/p>\n<p>Toe die verdagtes in Maart in hegtenis geneem is, is gespekuleer dat hulle moontlik deel van \u2018n sindikaat verantwoordelik vir renosterstropery is en die jagplaas vir \u2018n ruk lank dopgehou het. Schmidt was glo van voorneme om renosters tot die wildbevolking van die plaas te voeg.<\/p>\n<p>Bron: Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Boere van die Kalkrand-omgewing en die gemeenskap van Omamas in Namibi\u00eb is woedend en geskok nadat die vyf swart verdagtes van die moord op die bejaarde Duitse burger, mnr. Reinhardt Schmidt, Vrydag borgtog van N$5 000 elk gekry het. Die vyf verdagtes te wete dr. Gerson Kandjii en mnre. Erwin Tjiteer, Domingo Juseus, Stefanus Jarson &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35290\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duitsland genader na plaasmoordverdagtes borg kry&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5],"tags":[12566,5227,6831,6335,11432,2261],"class_list":["post-35290","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","tag-borg","tag-duitsland","tag-namibie","tag-plaasaanvalle","tag-renosters","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35290","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35290"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35290\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35290"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35290"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35290"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}