{"id":35287,"date":"2015-11-24T08:32:28","date_gmt":"2015-11-24T06:32:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35287"},"modified":"2015-11-24T09:40:28","modified_gmt":"2015-11-24T07:40:28","slug":"ses-russe-eerste-doodgeskiet-in-mali-aanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35287","title":{"rendered":"Ses Russe eerste doodgeskiet in Mali-aanval"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Moslemgroep verbonde aan Al-Ka\u00efda het aanspreeklikheid vir Vrydag se terroriste-aanval op \u2019n hotel in die hoofstad van Mali aanvaar.<\/p>\n<p>Altesaam 19 mense, van wie die meeste buitelanders was, is in die voorval dood. Gerugte doen die ronde dat 27 lyke getel is. Minstens twee van die aanvallers is doodgeskiet.<\/p>\n<p>Die twee name wat die owerhede vrygestel het, het laat blyk dat die aanvallers van Mali was, maar dit kon nie bevestig word nie.<\/p>\n<p>Minstens 170 mense was in die hotel tuis toe die aanvallers Vrydagoggend daar ingestorm het.<\/p>\n<p>Ses Russe, drie Chinese, twee Belge, \u2019n Amerikaner, \u2019n Israeli, \u2019n Senegalees en \u2019n lid van Mali se spesiale magte was onder die slagoffers.<\/p>\n<p>Die owerhede is op soek na minstens drie mense wat met die aanval verbind word. &#8216;n Gas in die hotel het gehoor hoe die aanvallers Engels praat.<\/p>\n<p>Die Russiese owerhede het intussen &#8216;n klag van moord teen die aanvallers geopen. Al ses Russe het vir die Volga-Dnepr-lugdiens gewerk. Russiese wetstoepassers sal oorlewendes ondervra oor die voorval.<\/p>\n<p>Die Russe is glo heel eerste doodgeskiet.<\/p>\n<p>Al Mourabitoun, wat aan Al-Ka\u00efda verbonde is en in die woestyn in die noorde van die land gevestig is, het in \u2019n Twitter-bood\u00adskap aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.<\/p>\n<p>Di\u00e9 voormalige Franse kolonie is al jare in \u2019n stryd met Islamitiese rebelle gewikkel.<\/p>\n<p>Die regering van Mali het \u2019n noodtoestand verklaar n\u00e1 die dodelike nege-uur lange gyselaarkrisis Vrydag in die Radisson Blu-hotel, presies \u2019n week n\u00e1 die aanvalle in Parys.<\/p>\n<p>Die Al-Murabitoun groep, \u2019n Al-Ka\u00efda-filiaal, gelei deur die berugte een-oog Algeriese militant, Mokhtar Belmokhtar, wat die bynaam die &#8220;onvangbare&#8221; of &#8220;Mr Marlboro&#8221; het, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.<\/p>\n<p>Ongeveer 10 gewapende mans het Vrydag in die vroe\u00eb oggendure die hotel beset en in die gange geskiet waarna 170 hotelgaste en personeel gyselaar geneem is.<\/p>\n<p>Die aanval is be\u00ebindig toe Malinese en 40 Franse spesmagoperateurs die hotel om 3:00 bestorm het. Mali se president, Ibrahim Boubacar Keita, het bevestig dat buitelanders die hotel ontset het. <\/p>\n<p>Die spesiale magte het ook glo twee Amerikaanse soldate ingesluit. Hulle het &#8216;n dramatiese reddingspoging, van  vloer na vloer, uitgevoer en die besetting n\u00e1 nege ure be\u00ebindig. Twee Franse soldate is beseer in die operasie.<\/p>\n<p>Keita het in \u2019n televisie-boodskap ges\u00ea \u201cterreur sal nie se\u00ebvier nie\u201d. Hy het die hotel Saterdag besoek.<\/p>\n<p>&#8220;N\u00earens in die w\u00eareld is enige iemand veilig van hierdie barbare uit \u2019n ander era nie. Hierdie aanvallers het besluit van weg te breek van die mensdom,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Mali het drie dae van nasionale rou afgekondig. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Moslemgroep verbonde aan Al-Ka\u00efda het aanspreeklikheid vir Vrydag se terroriste-aanval op \u2019n hotel in die hoofstad van Mali aanvaar. Altesaam 19 mense, van wie die meeste buitelanders was, is in die voorval dood. Gerugte doen die ronde dat 27 lyke getel is. Minstens twee van die aanvallers is doodgeskiet. Die twee name wat die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35287\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ses Russe eerste doodgeskiet in Mali-aanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":35288,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1093,17039,8451,5358,2078,7829],"class_list":["post-35287","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-frankryk","tag-isis","tag-mali","tag-moslems","tag-rusland","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35287"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35287\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35288"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35287"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35287"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}