{"id":35284,"date":"2015-11-24T08:04:21","date_gmt":"2015-11-24T06:04:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35284"},"modified":"2015-11-24T09:16:29","modified_gmt":"2015-11-24T07:16:29","slug":"belgiese-polisie-vra-twitter-vir-katte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35284","title":{"rendered":"Belgiese polisie vra Twitter vir katte"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie in Belgi\u00eb het Twittergebruikers gevra om foto&#8217;s van katte te twiet ipv inligting oor &#8216;n uitgebreide anti-terreuroperasie.<\/p>\n<p>Sestien mense is in 22 klopjagte in hegtenis geneem in verband met die beplanning en uitvoering van die Parys-terreuraanvalle.<\/p>\n<p>Die owerhede het &#8216;n man van medepligtigheid aangekla in die aanvalle in Parys meer as tien dae gelede waarin 130 mense dood is. <\/p>\n<p>Die man is nie ge\u00efdentifiseer nie, maar is een van vyf mans wat Sondag tydens klopjagte in hegtenis geneem is. <\/p>\n<p>Vyftien van die mense wat aanvanklik ook vir ondervraging ingeneem is, is vrygelaat. <\/p>\n<p>Salah Abdeslam (26), een van die vermeende baasbreine agter die aanvalle, is nie onder di\u00e9 wat in hegtenis geneem is nie.<\/p>\n<p>Die polisie vrees dat hy na Brussel teruggekeer het om nuwe aanvalle uit te voer.<\/p>\n<p>Om &#8216;n aanval soortegelyk aan die een in Parys af te weer, het Belgi\u00eb die hoogste waaksaamheidsvlak afgekondig, ook in die hoofstad Brussel maar het ges\u00ea die metro-stelsel en skole sal Woensdag heropen.<\/p>\n<p>Potensi\u00eble teikens blyk inkopiesentrums en openbare vervoer te wees. Die publiek is gevra om plekke soos winkelsentrums, konserte en stasies te vermy waar groot groepe mense gewoonlik byeen is.<\/p>\n<p>Belgi\u00eb is die hart van die ondersoek na die aanvalle sedert Franse wetstoepassers verklaar het dat twee van die selfmoordbommers daar gewoon het. <\/p>\n<p>Abdeslam, wat \u2019n kroeg in die woonbuurt Molenbeek bestuur het, ontwyk die polisie sedert die aanvalle in Parys verlede Vrydag. Molenbeek is &#8216;n put van anti-wit haat en ontoeganklik vir Belgiese wetstoepassers.<\/p>\n<p>Sy ouer broer, Brahim, het homself opgeblaas by een van die restaurante wat geteiken is.<\/p>\n<p>\u201cWat ons vrees, is \u2019n aanval soortgelyk aan die een in Parys, met verskeie individue wat moontlik verskeie aanvalle gelyktydig in verskillende plekke van stapel kan stuur,\u201d het Charles Michel, premier van Belgi\u00eb, Sondagaand op \u2019n mediakonferensie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die polisie het kort daarna met die klopjagte begin. Hulle het toegeslaan op 19 persele in Brussel en drie in die nywerheidstad Charleroi, 50 km suid van Brussel.<\/p>\n<p>Eric van der Sypt, aanklaer, het egter Maandag verklaar dat geen wapens of ploftoestelle gevind is nie. \u2019n Regter sou die klagtes teen die 16 aangehoudenes intussen hersien.<\/p>\n<p>\u201cAbdeslam Salah is nie gedurende die klopjagte opgespoor nie,\u201d het Van der Sypt ges\u00ea.<\/p>\n<p>Drie mense is tot dusver in Belgi\u00eb weens hul beweerde betrokkenheid by die Parys-aanvalle aangekla. Volgens die Franse owerhede is die aanvalle in Belgi\u00eb gere\u00ebl.<\/p>\n<p>Die EU het Vrydag ooreengekom om hervormings aan die paspoort-vrye Schengen-sone te oorweeg.<\/p>\n<p>Frankryk het intussen &#8216;n verbod op openbare byeenkomste tot 30 November verleng ter voorbereiding vir die VN se beraad oor klimaatverandering wat dan in Parys begin. <\/p>\n<p>Jan Jambon, Belgiese minister van binnelandse sake, het aan die uitsaaier VRT ges\u00ea Abdeslam is nie die enigste veiligheids\u00adbedreiging nie.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2019n bedreiging wat verder as net een mens strek.<\/p>\n<p>\u201cOns kyk na meer (mense). Daarom het ons so \u2019n konsentrasie van hulpbronne gereed,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Streng veiligheidsmaatre\u00ebls word tans in Brussel toegepas. Die munisipaliteit, heelwat winkels en skole sal Dinsdag ook gesluit bly. Sommige ondernemings het hul werknemers toestemming gegee om van die huis af te werk.<\/p>\n<p>Die hoofkantore van die Europese Unie en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, NAVO, is in Brussel.<\/p>\n<p>Die moltreinstelsel in Brussel, die Belgiese hoofstad, is Saterdag gesluit omdat die owerheid &#8216;n terreurbedreiging vermoed.<\/p>\n<p>Belgi\u00eb het n\u00e1 &#8216;n vergadering met die polisie, ministers en veiligheidsdienste, sy gereedheidsvlak in die hoofstad tot die hoogste vlak \u2013 vlak 4 \u2013 verhoog.<\/p>\n<p>Sekuriteit is ook by lughawens in die land verskerp.<\/p>\n<p>Die stad se geskiedkundige \u201cGrand Place\u201d, wat gewoonlik vol toeriste is, was stil met slegs enkelinge wat op straat te siene was terwyl gepantserde voertuie voor die indrukwekkende stadsaal geparkeer was.<\/p>\n<p>Die menseslagting in Parys het die Europese Unie (EU) op sy hoede uit vrees dat ekstremiste wat deur die sogenaamde Islamitiese Staat-groep (ISIS) ge\u00efnspireer is, vrylik binne die Unie se paspoort-vrye Schengen-sone kan beweeg. <\/p>\n<p>Hulle het die afgelope weke honderde mense regoor die w\u00eareld vermoor.<\/p>\n<p>In Madrid is ondersteuners van Saterdag se El Clasico-sokkerwedstryd tussen Real Madrid en Barcelona deur snuffelhonde, berede polisie en eindelose identiteitsdeursoekings begroet.<\/p>\n<p>Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Vrydag eenparig \u2019n resolusie aanvaar \u201com alle nodige maatre\u00ebls te tref\u201d om ISIS te beveg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie in Belgi\u00eb het Twittergebruikers gevra om foto&#8217;s van katte te twiet ipv inligting oor &#8216;n uitgebreide anti-terreuroperasie. Sestien mense is in 22 klopjagte in hegtenis geneem in verband met die beplanning en uitvoering van die Parys-terreuraanvalle. Die owerhede het &#8216;n man van medepligtigheid aangekla in die aanvalle in Parys meer as tien dae &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35284\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Belgiese polisie vra Twitter vir katte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":35285,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8866,14772,1093,17039,21717,5878,7507,21718,7829],"class_list":["post-35284","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-belgie","tag-brussel","tag-frankryk","tag-isis","tag-katte","tag-navo","tag-parys","tag-selfmoordbommer","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35284","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35284"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35284\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35284"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35284"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35284"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}