{"id":35241,"date":"2015-11-22T07:16:57","date_gmt":"2015-11-22T05:16:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35241"},"modified":"2015-11-23T08:25:39","modified_gmt":"2015-11-23T06:25:39","slug":"john-white-james-de-villers-het-n-wanbegrip-oor-afrikaans-en-inklusiwiteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35241","title":{"rendered":"John White: James de Villiers het \u2018n wanbegrip oor Afrikaans en &#8216;inklusiwiteit&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die artikel op Netwerk24\u00a0<a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/Stemme\/Aktueel\/maak-afrikaans-vry-20151119-2\">&#8220;Maak Afrikaans vry&#8221;<\/a> waarin James de Villiers, ondervoorsitter van die Stellenbosse studenteraad Engels as akademiese taal bepleit, verwys. Ek is as medestudent werklik teleurgesteld in jou poging om die aanslag op Afrikaans, onder die dekmantel van \u201cinklusiwiteit\u201d, te reduseer tot \u201cparanoia\u201d en dit nog boonop te regverdig in die lig van \u201ctransformasie\u201d.<\/p>\n<p>Die reusehoeveelheid denkfoute en onwaarhede in jou artikel maak dit vir my onmoontlik om op alles te reageer.<\/p>\n<p>Eerstens was ek geskok toe jy na Afrikaans as \u2018n \u201cminderheidstaal\u201d verwys het. Is dit dan hoegenaamd moontlik dat iemand in jou posisie nie bewus is van die feit dat Afrikaans die tweede mees gesproke taal in Suid-Afrika is nie?<\/p>\n<p>Matthews Phosa skryf op die 9de November:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cIn short\u201a the results from the 2011 census indicated that Afrikaans is spoken at home by 13\u201a5 percent of the population\u201a second only to the 22\u201a7 percent of the population that speak isiZulu at home.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Nie net is Afrikaans \u2018n meerderheidstaal in di\u00e9 land nie \u2013 Afrikaans is ook tans een van die nege internasionale tale ter w\u00eareld!<\/p>\n<p>Jy skryf:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cAfrikaans sterf nie as gevolg van instellings wat dit nie meer beskerm nie; dit sterf omdat dit \u2019n taal is wat vir die massas onaantreklik word.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Jy praat van \u201cmassas\u201d asof jy die ANC-doktrine dat die \u201cmassas\u201d meer regte as minderhede behoort te geniet, ondersteun. Jou sienswyse bepaal dat daar in ons demokrasie altyd na die \u201cmassas\u201d se pype gedans moet word en dat hulle tog nooit ontstel of bedreig moet word nie. As \u2018n blanke of kleurling, moet jy doodeenvoudig aanvaar dat enige gebaar, of volgens jou selfs die teenwoordigheid van jou taal, eers deur die \u201cmassas\u201d goedgekeur moet word. Dit is \u2018n ware selfmoordresep vir enige minderheid.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cWant sien, toe apartheid val en Afrikaans sy beskermde status verloor, het Afrikaners nie net tralies gebou om hulle van die &#8216;swart gevaar&#8217; te beskerm nie, maar Afrikaans het ook tussen hom en sy naaste mure opgerig.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Ek sien dat jy mooi geleer is dat apartheid altyd \u2018n lekker stok is om Afrikaans mee te slaan. Ek aanvaar dat jy nie die terme \u201cAfrikaanses\u201d en \u201cAfrikaners\u201d verwar nie, aangesien die meerderheid Afrikaanses bruin is en nie eers Afrikaners is nie.\u00a0Dit is ook \u2018n vreemde groep mense wat in 1992 in \u2018n referendum \u201cja\u201d stem vir integrasie, met die wete dat hul taal sy \u201cbeskermde status\u201d sal verloor, maar dan summier daarna \u201ctralies bou\u201d om hulle te beskerm teen die einste \u201cswart gevaar\u201d met wie hulle d.m.v. hul \u201cja\u201d-stem wou integreer?<\/p>\n<p>Jou paradoksale siening poog dus bloot om Afrikaans op bedrieglike wyse aan rassisme te koppel.<\/p>\n<p>Jy skryf verder:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cIn plaas daarvan dat Afrikaans gehelp het om br\u00fbe te bou, ander tale te bevorder en aan Suid-Afrika te timmer, het vele Afrikaners verkies om eerder rugby te kyk, vleis te braai en oor ons politiek te kla.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Weereens is dit onverstaanbaar dat jy \u201cAfrikaans\u201d en \u201cAfrikaners\u201d as een entiteit in een sin gebruik. Baie kleurlingmense en swartmense is tog ook Afrikaans?<\/p>\n<p>Dit is ook ironies dat jy noem dat Afrikaans (of bedoel jy Afrikaners?) nie \u201cbr\u00fbe help bou\u201d nie en \u201cander tale bevorder nie\u201d. Dit is trouens \u2018n lagwekkende siening.<\/p>\n<p>Dit is Afrikaners wat \u2018n 1992-referendum tot stand gebring het om \u2018n brug te bou tussen die ou en nuwe bedeling. Dit is Afrikaners wat die nuwe grondwet geskryf het en daarna die ANC se vuilwerk gedoen het, vandag Nelson Mandela se nalatenskap lewendig hou (dink aan Zelda le Grange en meelopers) en heeltyd \u201cjammer\u201d bly prewel oor hul witheid.\u00a0Dit was toevallig ook Afrikaners wat Afrika-tale soos Xhosa en Zoeloe op skrif gestel het sodat hulle insgelykse\u00a0woordeboeke en geskrewe stories kon geniet.<\/p>\n<p>Verder skryf jy oor \u201cons\u201d wat \u201congemaklik\u201d geraak het met ander kulture. Ek wil graag noem dat wanneer jy praat van \u201cons\u201d, jy kwalik namens \u2018n groot groep jong Afrikaners praat.<\/p>\n<p>As Afrikaner is ek heel gemaklik daarmee om mense van ander kulture in my dorp, kerk of selfs koshuiskamer te verwelkom. Ek word wel ongemaklik wanneer daardie selfde mense aan my voorskryf oor hoe ek moet omgaan met my kultuur en erfenis, en <em>white privilege<\/em>\u00a0opper wanneer ek sukses bereik. Of wanneer diegene mense soos ek uitvloek en verneder wanneer laasgenoemde poog om eersgenoemde se <a href=\"http:\/\/maroelamedia.co.za\/blog\/nuus\/sa-nuus\/videos-wit-maties-studente-afgejak-probeer-standbeeld-skoonmaak\/\">gemors skoon te maak<\/a>.<\/p>\n<p>Dit is ook ooglopend dat jy die enorme <em>white privilege-<\/em>denkfout maak.<\/p>\n<p>James, witmense is nie kapitaalryk a.g.v. <em>white privilege<\/em>\u00a0nie. Witmense is <em>privileged<\/em>\u00a0a.g.v. hul kapitaalrykdom wat hul deur harde werk oor dekades opgebou het.<\/p>\n<p><em>White privilege<\/em>\u00a0is \u2018n mite wat effektief aangewend word om mense soos ek en jy te laat twyfel aan die meriete van ons sukses, om ons en ons ouers as\u2019t ware van ons verdiende erkenning te beroof en te laat verstaan dat alles waarvoor ons gewerk het op onregverdige wyse verkry is. <em>White privilege<\/em> is derhalwe \u2018n bedrieglike sinoniem vir harde werk, toewyding en vooruitstrewendheid, en trek ons aandag af van die werklike bevoorregdes \u2013 die \u201cmassas\u201d waarvan jy so praat. Dit is tog hulle wat met veel laer matriekpunte as minderheidsleerlinge keuring tot kursusse en koshuise geniet? Dit is tog hulle wat eksklusiewe beurse losslaan deurdat maatskappye weier om beurse aan wit studente toe te ken omdat hulle \u2018n gunstige BEE-telling najaag?<\/p>\n<p>Wanneer jy die stelling dat witmense \u201cmakliker as ander rasse werk kry en \u2019n mate van veiligheid in Suid-Afrika ervaar\u201d uiter, wil ek eerstens vir jou vra wat hierdie mening met die taal Afrikaans te make het? Jy kon nie genoeg skietgoed opper om\u00a0Afrikaans swart te smeer nie, en toe dwaal jou artikel geriefliksheidhalwe af na die onderwerp van <em>white privilege<\/em> en die kapitaalrykdom van witmense? Dit is werklik \u2018n lae hou.<\/p>\n<p>Die feit dat witmense makliker werk kry as ander kan, soos kapitaalrykdom, ook toegeskryf word aan die feit dat witmense geweldige vooruitstrewendheid ervaar het in die verlede en dat hul steeds baat by die spoedige proses van nywerheidsontwikkeling\u00a0wat hulle destyds van stapel gestuur het.<\/p>\n<p>Dit is nie witmense se skuld dat daar \u2018n werkloosheidsprobleem en armoede in Afrika is nie. Alles behalwe.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cEn nou, wanneer Suid-Afrika transformeer, wonder ons hoekom Suid-Afrika ons nie wil saamneem nie.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Jy praat van transformasie by universiteite en dat dit ons (ek neem aan jy praat van ons voorouers) eie skuld is, maar as dit nie vir die \u201cons\u201d, waarna jy so neerhalend veryws, was nie, was daar nie vandag universiteite om te transformeer nie. Dit is die polities onkorrekte waarheid wat mense soos jy nie wil aanvaar nie.<\/p>\n<p>Daarom is ek gekant teen transformasie. Al ooit gewonder wat sou gebeur as Suid-Afrika ophou om te transformeer, en begin om te bou? Suid-Afrika moet Engelse universiteite en Zoeloe- en Xhosa-universitiete bou, nie Afrikaanse universiteite \u201ctransformeer\u201d en hul van hul taal en kultuur stroop nie.<\/p>\n<p>Terloops, waarom beskou jy \u201cons\u201d en \u201cSuid-Afrika\u201d as apart, en impliseer jy boonop dat dit \u2018n onverdiende vergunning sou wees as \u201cSuid-Afrika ons saamneem\u201d? Ons is deel van Suid-Afrika, James, self al wil sommige mense jou indoktrineer om te glo dat ons \u201cwit setlaars\u201d is.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cAl wat dit vra, is dat ons eerste in Engels moet praat sodat almal verstaan. Is dit regtig te veel gevra?\u00a0Ja, dit neem \u2019n bietjie van ons <em>white privilege<\/em> weg, maar wil ons ten koste van ander studente eksklusiwiteit behou?\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>James, dit is vir my onverstaanbaar dat mense wat hoegenaamd nie Afrikaans verstaan nie, by die Universiteit van Stellenbosch aansoek doen. Daar is twee top Engelse universiteite in die Wes-Kaap waar daar nie \u2018n enkele Afrikaanse woord gerep word nie.<br \/>\nWeereens aanvaar jy ook doodeenvoudig dat alle Afrikaanssprekendes wit is. Daar is baie bruinmense wat uit suiwer Afrikaanse gemeenskappe kom, wat nie by die beoogde taalbeleid sal kan aanpas nie. Wat het nou geword van daardie mooi woord, \u201cinklusief\u201d, waarmee mense soos jy transformasie propageer?<\/p>\n<p>Beteken \u201cinklusief\u201d dat in \u2018n meerderheid Afrikaanse provinsie, Engels as hoofvoertaal by die laaste deels Afrikaanse universiteit in die land aanvaar moet word, terwyl daar reeds \u2018n klomp suiwer Engelse universiteite in die land is? Dit is kwalik inklusief \u2013 dit is \u2018n poging om Afrikaans finaal by universiteite in Suid-Afrika te ontwortel en jy behoort dit te besef. Jy is ook duidelik na\u00efef as jy glo dat daar slegs \u201ceerste in Engels gepraat gaan word\u201d. As dit maar so was!<\/p>\n<blockquote><p>\u201cAs Afrikaans s\u00ea dat hy omgee, hoe kan hy dink dat dit regverdig is dat studente nie in koshuise kan deelneem nie omdat die kommunikasietaal hulle nie insluit nie? Hoe kan Afrikaans s\u00ea hy gun almal hul plek indien my mede-Matie druip omdat sy nie die klasse verstaan nie?\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>James, die kommunikasietaal van die universiteit is sekerlik bekend aan diegene wat aansoek doen by die universiteit? Iemand wat nie Engels kan verstaan nie, sal tog nie UCT toe gaan en daar eis dat die kommunikasietaal verander nie?<br \/>\nTerloops, Afrikaans is nie \u2018n mens nie, en kan dus nie \u201cs\u00ea dat hy omgee\u201d nie.<\/p>\n<p>Dit bekommer my dat iemand in jou ho\u00eb posisie slegs die geluide\u00a0eggo wat die ekstreemlinkse Blade Nzimande en sy meelopers maak oor Afrikaans. Jy het duidelik \u2018n wanpersepsie oor wat inklusiwiteit behels en behoort verder te kyk as Stellenbosch. Inklusiwiteit beteken nie dat \u2018n universiteit vir almal toeganklik moet wees nie (dit is onmoontlik), maar dat elke landsburger binne die grense van Suid-Afrika in \u2018n taal kan studeer wat hy\/sy akademies kan verstaan. Dit is hoekom daar baie Engelse universiteite is vir diegene wat Engels as huistaal en tweede taal praat. Daar moet egter ook voorsiening gemaak word vir die 7,1 miljoen mense wat Afrikaans as huistaal praat, en die 10,3 miljoen mense wat dit as \u2018n tweede taal praat. Daarom is een deels Afrikaanse universiteit allermins onbillik en \u201ceksklusief\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die artikel op Netwerk24\u00a0&#8220;Maak Afrikaans vry&#8221; waarin James de Villiers, ondervoorsitter van die Stellenbosse studenteraad Engels as akademiese taal bepleit, verwys. Ek is as medestudent werklik teleurgesteld in jou poging om die aanslag op Afrikaans, onder die dekmantel van \u201cinklusiwiteit\u201d, te reduseer tot \u201cparanoia\u201d en dit nog boonop te regverdig in die lig van \u201ctransformasie\u201d. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":24,"featured_media":35243,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21708,10],"tags":[167,5298,21709,4729,17551,10536],"class_list":["post-35241","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-john-white","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-blade-nzimande","tag-james-de-villiers","tag-taalstryd","tag-uct","tag-universiteit-van-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35241","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/24"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35241"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35241\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35243"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35241"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35241"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35241"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}