{"id":35224,"date":"2015-11-20T10:30:03","date_gmt":"2015-11-20T08:30:03","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35224"},"modified":"2015-11-20T11:24:40","modified_gmt":"2015-11-20T09:24:40","slug":"soros-se-bloedspoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35224","title":{"rendered":"Soros se bloedspoor"},"content":{"rendered":"<p>Byna onmiddellik na Vrydag die 13de se terroriste-aanvalle in Parys waarin 129 mense die lewe gelaat het en 352 beseer is, het die argitekte van die massiewe immigrante-invloei vanuit die Midde-Ooste en Noord-Afrika, verklaar dat blaam vir die aanvalle verregaaande is omdat mense nodig het om te rou. <\/p>\n<p>Die sosiale media en propaganda-agente wat deur George Soros se w\u00eareldwye netwerk van nie-regeringsorganisasiefronte gefinansier word, was vierkantig agter die veldtog om hoofsaaklik Siriese migrante in Turkye aan te moedig om Europa te bestorm vanuit vlugtelingsentrums in Turkye.<\/p>\n<p>Die Soros-bende was oorgretig om nie enige immigrante vir die terroriste-aanvalle te blameer nie, in &#8216;n siniese poging om aandag weg te lei van die feit dat Soros-groepe die terroriste in staat gestel het om Europa binne te dring.<\/p>\n<p>Die Trojaanse perde in die migrantestroom het by &#8216;n onlangse vergadering in Istanbul, &#8216;n voorneme van Soros ontvang om meer as $10 miljard in hulle lot te bel\u00ea. Dit sal beteken dat meer as &#8216;n miljoen derdew\u00eareld- en hoofsaaklik Moslemvlugtelinge na Europa sal kom.<\/p>\n<p>Terwyl die meeste vlugtelinge, mans, die Duitse kanselier Angela Merkel se gulhartige uitnodiging aanvaar het, het die die Soros-bende ook gewaarsku dat enige iemand wat die migrante blameer vir terreur, rassiste en xenofobe is. <\/p>\n<p>Soros en sy agente is direk verantwoordelik vir die skepping van Europa se ergste krisis sedert die einde van die Tweede W\u00eareldoorlog, en ondersteuners van jihadistiese terrorisme. <\/p>\n<p>Met hul aanstigting van onverantwoordelike en onbeheerbare strome van migrante, is Europese veiligheidsmeganismes afgebreek sodat paniekerige politici grense moet sluit en mure moet oprig.<\/p>\n<p>Selfs nadat die Franse owerhede bepaal het dat een van die dooie terroriste in Parys in werklikheid Ahmad Almohammad was, &#8216;n Siriese vlugtelinge uit Idlib wat uit Turkye op 3 Oktober deur die Griekse eiland Leros met &#8216;n Siriese paspoort ingevoer is, het Soros-bendes ge\u00ebis dat die vlugtelingvloei uit die Midde-Ooste, Asi\u00eb en Noord-Afrika onverpoos moet voortgaan.<\/p>\n<p>Almohammad moes deur Griekeland na Masedoni\u00eb, Serwi\u00eb, Kroasi\u00eb, Hongarye, Oostenryk, en dan na Duitsland en uiteindelik na Frankryk reis. <\/p>\n<p><em>Human Rights Watch<\/em>, wat in 2010 deur Soros gehuur is vir $100 miljoen oor &#8216;n tydperk van tien jaar, het die kwessie probeer toesmeer.<\/p>\n<p>As gevolg van die druk deur groepe soos <em>Human Rights Watch, Amnesty International<\/em>, en ander Soros-gefinansierde geopolitieke gereedskap, word jihadistiese vlugtelingstrome na Europa volgehou.<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat hierdie groepe nou saamwerk met Angela Merkel. Sy en haar koalisie-regering van die Christelike Demokrate en Sosiale Demokrate deel ook in die skuld vir die Parys-slagting. <\/p>\n<p>Een minuut na die eerste berigte van Vrydag se aanvalle, het &#8216;n Londense kunstenaar genaam Jean Jullien &#8216;n &#8220;vredesimbool&#8221; met die beeld van die Eiffeltoring ontwerp. <\/p>\n<p>Dis die soort taak wat &#8216;n grafiese kunstenaar ten minste &#8216;n paar weke sal besig hou, maar nie Jullien nie.<\/p>\n<p>Die simbool is die handelsmerk vir die aanval en gladde bemarking wat wit Europe\u00ebrs tot vrede maan, maar eienaardig genoeg nie sulke vermanings rig aan die jihadiste nie.<\/p>\n<p>Die beelde is onmiddellik uitgerol, en het binne minute op sosiale media uitgekring. Die media-aanslag van emosie-belaaide simbole en slagspreuke het reeds &#8216;n integrale deel geword van Soros se veldtogte teen nasionale state.<\/p>\n<p>Net &#8216;n dag voor die Parys-aanvalle, het Barack Obama beklemtoon dat ISIS in Siri\u00eb en Irak, nie uitgeskakel hoef te word nie, maar net &#8220;afgegrens&#8221; moet word.<\/p>\n<p>Dieselfde ISIS het reeds die lewens van honderde duisende onskuldige mense in Siri\u00eb, Irak, die Koerdiese streek, Jemen, Libi\u00eb, Nigeri\u00eb, Sinai, Libanon, Thailand, Bangladesj, Afghanistan, Tunisi\u00eb, Frankryk, en Turkye beteken.<\/p>\n<p>By die G20-beraad in Antalya, Turkye, het die Russiese president Wladimir Poetin die VSA gewaarsku dat hulle nie ernstig is om die jihadiste se olie-inkomste te vernietig nie en lugfoto&#8217;s van oliekonvooie gewys wat ongehinderd voortgaan. <\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea die Amerikaanse uitsprake oor ISIS is warm lug. Die terreuraanvalle in Parys was egter nie en die bloedspoor loop deur Duitsland.<\/p>\n<p>Sedert die gru-gebeure in Parys is Merkel doodstil en het sy van die internasionale toneel verdwyn. Die vrou wat eers as &#8216;n &#8220;w\u00eareldleier&#8221; geprys is, lyk al hoe meer na die kommunis wat sy in haar jeug was.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Byna onmiddellik na Vrydag die 13de se terroriste-aanvalle in Parys waarin 129 mense die lewe gelaat het en 352 beseer is, het die argitekte van die massiewe immigrante-invloei vanuit die Midde-Ooste en Noord-Afrika, verklaar dat blaam vir die aanvalle verregaaande is omdat mense nodig het om te rou. Die sosiale media en propaganda-agente wat deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":35225,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[5227,10660,21360,7507,7829],"class_list":["post-35224","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-duitsland","tag-george-soros","tag-immigrasiekrisis","tag-parys","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35224","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35224"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35224\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35225"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35224"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35224"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35224"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}