{"id":35182,"date":"2015-11-19T07:46:35","date_gmt":"2015-11-19T05:46:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35182"},"modified":"2015-11-19T07:46:49","modified_gmt":"2015-11-19T05:46:49","slug":"bedrog-keer-dat-boko-haram-verlsaan-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35182","title":{"rendered":"&#8216;Bedrog keer dat Boko Haram verslaan word&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Wapens is nie aan Nigeriese soldate voorsien om teen Boko Haram te veg nie en duisende mense het gesterf weens wydverspreide bedrog in die proses van milit\u00eare aankope, s\u00ea president Muhammadu Buhari.<\/p>\n<p>Buhari het gelas dat almal \u00adbetrokke by die korrupsie aan die pen moet ry. Dit volg nadat die staatshoof \u2019n verslag van \u2019n komitee ontvang het wat di\u00e9 bedrog moes ondersoek, het AFP berig.<\/p>\n<p>\u201cDie bevindinge wat dusver gemaak is, is uiters kommerwekkend inaggenome dat ons troepe ten tyde van die gebeure teen \u00adinsurgente in die noordooste geveg het en desperaat milit\u00eare platforms, toerusting en \u00adammunisie benodig het,\u201d het Buhari ges\u00ea.<\/p>\n<p>Geld is volgens Buhari, \u2019n afgetrede generaal, gekanaliseer na maatskappye wat nie hul kon\u00adtrakte kon uitvoer nie. Hy het in Mei aan bewind gekom met die belofte om Islamitiese rebelle te vernietig wat sedert 2009 reeds vir sowat 17 000 sterftes verantwoordelik was.<\/p>\n<p>Nigeri\u00eb het een van die grootste verdedigingsbegrotings in Afrika.<\/p>\n<p>Die komitee ondersoek bedrog en korrupsie vanaf 2007 tot op hede. Volgens Buhari is talle onwettige en onderduimse transaksies reeds blootgel\u00ea.<\/p>\n<p>Van US$5,3 miljard wat aan nasionale veiligheid en die weermag toegestaan was, is baie min glo gebruik vir aankope. Uit \u2019n totaal van 513 kontrakte het 53 misluk.<\/p>\n<p>Na bewering het die land se voormalige veiligheidsadviseur, mnr. Sambo Dusaki (\u2019n voormalige kolonel), US$2 miljard betaal vir vier Alpha vegvliegtuie, 12 helikopters en bomme en ammunisie wat nooit gelewer is nie. <\/p>\n<p>Hy het glo ook US$132 miljoen en sowat tien miljoen euro laat oorplaas na bankrekeninge in Wes-\u00adAfrika, Brittanje en die VSA sonder stawende dokumente.<\/p>\n<p>Dusaki is reeds van geldwassery aangekla, maar ontken alle aan\u00adtygings teen hom.<\/p>\n<p>Die Nigeriese weermag het intussen &#8216;n plakkaat uitgereik waarop honderd vermeende jihadiste van Boko Haram uitgebeeld word. <\/p>\n<p>Die groep se leier, Abubakar Shekau vorm die middelpunt van die plakkaat. Dit is die eerste keer dat die weermag soveel foto&#8217;s van Boko Haram-lede publiseer. <\/p>\n<p>Die weermag het klaarblyklik die gesigte van propogandamateriaal verkry.<\/p>\n<p>Vyf mense waaronder twee vroulike selfmoordbomaanvallers is dood na twee ontploffings in Kano in die noorde van Nigeri\u00eb. <\/p>\n<p>Inwoners s\u00ea die een bom het binne &#8216;n besige mark afgegaan en die ander een net buite. Die jongste aanval volg &#8216;n dag na &#8216;n ontploffing by &#8216;n groentemark in die noordoostelike stad van Yola. Boko Haram is glo vir di\u00e9 aanval verantwoordelik.<\/p>\n<p>Meer as 30 mense is dood in die ontploffing in Yola. Verskeie mense is ook beseer in die ontploffing by &#8216;n besige mark. <\/p>\n<p>Dit is die derde noodlottige bomaanval in die stad die afgelope jaar. Die jongste ontploffing volg nadat die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, die stad die naweek besoek en verklaar het dat die stryd teen die terreurgroep, Boko Haram bykans gewen is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wapens is nie aan Nigeriese soldate voorsien om teen Boko Haram te veg nie en duisende mense het gesterf weens wydverspreide bedrog in die proses van milit\u00eare aankope, s\u00ea president Muhammadu Buhari. Buhari het gelas dat almal \u00adbetrokke by die korrupsie aan die pen moet ry. Dit volg nadat die staatshoof \u2019n verslag van \u2019n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35182\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Bedrog keer dat Boko Haram verslaan word&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4112,16712,2300,9397,7829],"class_list":["post-35182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrika","tag-boko-haram","tag-korrupsie","tag-nigerie","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35182\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}