{"id":35160,"date":"2015-11-18T09:48:09","date_gmt":"2015-11-18T07:48:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35160"},"modified":"2015-11-19T13:04:59","modified_gmt":"2015-11-19T11:04:59","slug":"eksamens-onder-polisiebewaking-by-maties-terwyl-brandstigting-voortduur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35160","title":{"rendered":"Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur"},"content":{"rendered":"<p>Te midde van voorslepende geweldpleging en intimidasie op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, het die universiteit brandstigting soos gister voorgekom het, veroordeel. Onlusmakers het met die polisie gebots toe voorwerpe aan die brand gesteek is, onder andere &#8216;n universiteitsvoertuig wat op die kampus geparkeer was.<\/p>\n<p>Die universiteit het egter die versekering gegee dat eksamens normaalweg voortgaan, met polisiebewaking by eksamenlokale. &#8216;n Noodnommer\u00a0082 5570 880 is ook aan studente verskaf om te skakel indien hulle bedreig word.<\/p>\n<p>Die ekstreemlinkse organisasie <em>Open Stellenbosch<\/em> wat die onmiddellike verengelsing van Stellenbosch eis, het verklaar dat hy sal aanhou agiteer totdat die bestuur van die onlangse besluit afsien om steeds Afrikaans as voertaal naas Engels op die kampus tydens 2016 te handhaaf. Die organisasie eis onder andere dat alle naamborde en kennisgewings na Engels verander moet word en dat alle lesings en administrasie in Engels moet geskied.<\/p>\n<p>Die leidster van die beweging, prof. Kylie Thomas, het onlangs bedank omdat sy haar nie langer met die universiteit kon vereenselwig nie en omdat sy meen dat haar revolusion\u00eare taak op die kampus vervul is.<\/p>\n<p>Die Universiteit Wes-Kaapland bly steeds gesluit en niemand word op die kampus toegelaat nie, nie eens die rektor nie. Volgens &#8216;n dosent aan di\u00e9 universiteit &#8220;is die situasie nou erger as in die tagtigerjare&#8221; toe daar onder die regering van PW Botha georganiseerde opstand en onluste vanuit die buiteland befonds en aangehits is. Etlike miljoene rand se skade is reeds aan universiteitsgeboue en ander eiendom aangerig.<\/p>\n<p>In &#8216;n afsonderlike voorval in Februarie vandeesjaar is &#8216;n gebou op die kampus van Stellenbosch, die 56-jarige Van der Sterr-gebou, in ligte laaie gelaat. Dit is nog onduidelik of dit weens brandstigting was.<\/p>\n<p><em>&#8216;n Vorige weergawe van di\u00e9 berig en veral &#8216;n foto van die brandende Van der Sterr-gebou het die indruk gewek\u00a0dat die brandende gebou\u00a0dalk met die studentebetogings op die kampus verband kon hou, waarteen die Universiteit van Stellenbosch beswaar gemaak het. Ons plaas die reaksie van die universiteit se mediabeampte, Susan van der Merwe:<\/em><\/p>\n<blockquote><p>Op die PRAAG-webblad is daar twee sake rakende die Universiteit Stellenbosch wat 1) nie feitelik korrek is nie, en 2) \u2018n wanvoorstelling skep van die protesaksie op die Stellenbosch-kampus.<\/p>\n<p>Die foto van die brandende Van der Sterr-gebou by die berig oor protesaksie op kampus, is \u2018n opsetlike wanvoorstelling. Die brand in die gebou was maande gelede en het niks met protesaksies of brandstigting te doen gehad nie. Die <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=35131\">berig oor taal aan die US<\/a>. Daar is nie sprake van \u2018terugkrabbel\u2019 nie. Die Bestuur se verklaring oor die gebruik van taal aan die US is \u2018n gespreksdokument wat met verskillende belangegroepe op kampus bespreek sal word, en die beginsels verwoord in die verklaring sal as vertrekpunte vir hierdie gesprekke gebruik word. Ek haal twee kolpunte aan uit die jongste kommunikasie met die kampusgemeenskap:<\/p>\n<ul>\n<li>Dit is nie akkuraat dat ons Bestuurspan ons verklaring van 12 November teruggetrek het nie. Ons bly daartoe verbind om die akademiese aanbod in Afrikaans en Engels uit te brei, asook tot effektiewe interne kommunikasie wat nie belangegroepe uitsluit nie.<\/li>\n<li>Ons bly ook volkome daartoe verbind om die statut\u00eare\u00a0 prosesse te volg om veranderings aan die Taalbeleid en Taalplan aan te bring.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Susan van der Merwe<br \/>\nBemarking en Kommunikasie<br \/>\nUniversiteit Stellenbosch<\/p><\/blockquote>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Te midde van voorslepende geweldpleging en intimidasie op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, het die universiteit brandstigting soos gister voorgekom het, veroordeel. Onlusmakers het met die polisie gebots toe voorwerpe aan die brand gesteek is, onder andere &#8216;n universiteitsvoertuig wat op die kampus geparkeer was. Die universiteit het egter die versekering gegee dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35160\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eksamens onder polisiebewaking by Maties terwyl brandstigting voortduur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":34390,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[7108,5531,20459,4861],"class_list":["post-35160","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-brand","tag-brandstigting","tag-open-stellenbosch","tag-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35160","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35160"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35160\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/34390"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35160"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35160"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35160"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}