{"id":35118,"date":"2015-11-16T10:40:14","date_gmt":"2015-11-16T08:40:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35118"},"modified":"2015-11-16T11:08:06","modified_gmt":"2015-11-16T09:08:06","slug":"dan-roodt-afrikaans-moet-enigste-ampstaal-buite-natal-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35118","title":{"rendered":"Dan Roodt: Afrikaans moet enigste ampstaal buite Natal word"},"content":{"rendered":"<p>Soveel mense is besig om hulle tans oor die Afrikaanse taalkwessie uit te laat, wat blykbaar van die standpunt uitgaan dat alles in Suid-Afrika Engels moet wees. Selfs Julius Malema sou\u00a0volgens Netwerk24 ges\u00ea het \u201cdis PW wat uit die graf uit praat\u201d, verwysende na pleidooie vir die &#8220;grondwetlike regte van Afrikaanssprekendes&#8221;. &#8216;n Aggressiewe, luidrugtige minderheid van politici en marxistiese akademici soos Kylie Thomas van Open Stellenbosch poog tans om Engels as universiteitstaal op die hele land af te dwing, net soos Engels die afgelope tweehonderd jaar as aaklige koloniale taal op ons almal afgeforseer is.<\/p>\n<p>Stel dit so: Ek is gatvol vir Engels. Hiermee wil ek nie s\u00ea dat Engels nie ook onder sekere omstandighede \u2018n mooi en \u2018n bruikbare taal kan wees nie. Hier op my rak het ek leeruitgawes van die versamelde werke van die meeste Engelse Romantiese digters soos Byron, Shelley, Keats en Wordsworth wat ek by my oorlede vader, \u2018n stoere Afrikaner, ge\u00ebrf het. In Engeland en in die VSA is Engels \u2018n nasionale taal en daar bestaan vele mense in daardie lande met wie ons goeie verhoudinge het. Hulle baklei kliphard teen dieselfde soort tirannie &#8211; anti-wit rassisme en politieke korrektheid &#8211; as ons, daarom is ons bondgenote.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika het Engels egter \u2018n onding geword wat mens met DDR-Duits of Sowjet-Russies moet vergelyk. Soos ek al dikwels ges\u00ea het: die Berlynse Muur het nog nie in ons land geval nie. En daardie muur van totalitarisme is \u2018n Engelse muur, \u2018n Milnermuur\u2026<\/p>\n<p>Soos Leon Lemmer ook oor die naweek <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=35081\">geskryf het<\/a>:<\/p>\n<blockquote><p>In werklikheid word Afrikaans deur baie meer mense as Engels as hulle moedertaal beskou. Afrikaans was (en is dalk steeds) in veel groter mate as Engels die verstaanbare gebruikstaal tot in die verste uithoeke van die land. Die taalsituasie was\/is plaaslik soortgelyk aan di\u00e9 in Namibi\u00eb: die koloniale taal Engels is di\u00e9 amptelike taal maar Afrikaans is die landstaal.<\/p><\/blockquote>\n<p>Daarom is die korrekte en logiese reaksie op die huidige poging om Engels op die land af te dwing nie om \u201cmeertaligheid\u201d &#8211; wat dit ook al mag beteken &#8211; te bepleit nie. Dis Engels teen Afrikaans, oftewel \u2018n Engelse Suid-Afrika teenoor \u2018n Afrikaanse Suid-Afrika. \u2018n Minderheid radikale, kommuniste en koloniale veroweraars is besig om Engels as amptelike \u00e9n landstaal op ons af te dwing, op kampusse, skole en elders, in die naam van hul meerderwaardigheid en heerssug. So dikwels verwys hulle na <em>white supremacy<\/em> of \u201cwit heerssugtigheid\u201d soos dit in Afrikaans vertaal word, maar hulle vergeet van Engelse heerssugtigheid wat ons al sedert 1806 ervaar en wat sedert 1994 \u2018n siekte erger as MIV\/Vigs geword het.<\/p>\n<p>Wim de Villiers en die Universiteit van Stellenbosch het 12 November \u2018n absurde verklaring uitgereik waarin die volgende in die eerste paragraaf ges\u00ea word:<\/p>\n<blockquote><p>Aangesien Engels die omgangstaal in Suid-Afrika is, sal alle onderrig by die Universiteit Stellenbosch in ten minste Engels gefasiliteer word om geen uitsluiting op grond van taal te verseker. Die Universiteit bly verbind tot die verdere ontwikkeling van Afrikaans en isiXhosa as akademiese tale.<\/p><\/blockquote>\n<p>Kan \u2018n universiteit, waar mense kwansuis in die praktyk van \u201cnavorsing\u201d en \u2018n ewewigtige omgang met feite opgelei word, so \u2018n leuen versprei? Feit is: buiten Natal, is Afrikaans die \u201comgangstaal van Suid-Afrika\u201d. Taalkundige studies bewys dat m\u00e9\u00e9r mense in die land Afrikaans as Engels verstaan. As Natal, wat tradisioneel \u2018n Engelse kolonie was &#8211; maar selfs in Noord-Natal waar daar nog Voortrekkergrond bestaan, word Afrikaans gepraat &#8211; buite rekening gelaat word, is Suid-Afrika oorwegend Afrikaans! In groot dele van die ou Transvaal en Vrystaat, asook Noord- en Wes-Kaap, is Engels \u2018n vreemde taal waarin geen onderrig of kommunikasie k\u00e1n plaasvind nie.<\/p>\n<p>Ons beleef tans die ineenstorting van die Engelse onderwysstelsel wat n\u00e1 1994 met soveel fanatieke ywer deur die Kommunisteparty in ons land ingestel is. Slegs \u2018n paar duisend Afrikaanse leerkragte wat in die vorige stelsel opgelei is, hou die land se onderwys nog min of meer aan die gang. Die tekens is egter daar dat die totale onderwysstelsel, sowel op skool as op universiteit, besig is om in duie te stort. \u201cLeerlinge\u201d verkry matriek sonder dat hulle kan lees of skryf of basiese maalsomme kan doen. \u201cStudente\u201d word van grade voorsien, sonder dat hulle eens \u2018n behoorlike brief kan skryf, wat nog te s\u00ea om in die beginsels van logika en debat, asook die bre\u00eb tradisie van beskaafde redevoering opgevoed te wees. Ons \u201cgraduandi\u201d is \u201cbarbare met \u2018n stuk papier\u201d en die meeste van die tyd gedra hulle hul soos barbare deur openlike intimidasie en geweldpleging, brandstigting en vandalisme op dieselfde kampusse waar hulle veronderstel is om hul \u201cEngelse opvoeding\u201d te ontvang.<\/p>\n<p>Dis besonder gepas dat die minister van ho\u00ebr onderwys voor wie Wim de Villiers, Jonathan Jansen, Ihron Rensburg en elke ander rektor ellendig kruip, insgelyks\u00a0leier van die SAKP is. Die verengelsingsprojek in Suid-Afrika is \u2018n kommunistiese projek. Al was Engels in die negentiende eeu \u2018n Brits-koloniale taal wat in die administrasie en uiteindelik in die konsentrasiekampe van 1900-1902 op ons afgedwing is, het dit in 1994 met die bankkrotskap van Oos-Europese kommunisme die enigste grashalm geraak waarna Suid-Afrika se Rooi Rooinekke angsvallig reik. Engels verteenwoordig vir hulle mag.<\/p>\n<p>As ek praat van Rooi Rooinekke, dan dink ek veral aan daardie verloopte Afrikaners (soos Bram Fischer), Engelse (soos John Harris van die stasiebomfaam) en Lithause Jode (soos Joe Slovo en Ronnie Kasrils) wat geen leuen, terreurdaad of gekonkel sou ontsien om hul nuwe Engelse goelag in ons mooi land tot stand te bring nie.<\/p>\n<p>Daar bestaan geen praktiese oorweging of morele reg vir die voortbestaan van Engels in ons land, buiten in Natal nie. Tydens Republiekwording in 1961 wou Natal afstig en selfs tans sou die land van \u2018n groot deel van sy probleme ontslae raak as hy di\u00e9 koloniale provinsie\u00a0met sy Engelse, Zoeloes en Indi\u00ebrs aan hul eie lot oorlaat. Immers is Jacob Zuma en sy uitgebreide familie almal Natallers! Natal is die Engelse parasiet wat minder as 16% van ons Bruto Nasionale Produk lewer, maar tans die land regeer en sy taal op ons afdwing! Naas Wits en die Universiteit van Kaapstad, waar die Lithause invloed tradisioneel sterk was, het die \u201cBritse\u201d Universiteit van Kwazulu-Natal insgelyks sy kwota fanatiese radikale en kommuniste opgelewer. Sedert 1994 verkeer Natalse Indi\u00ebrs ook op die voorpunt van die oorlog teen Afrikaans, \u2018n taal wat hulle as \u201coorbodig\u201d beskou, synde geen <em>lingua franca<\/em> in hul tuisprovinsie, Natal, of in hul land van herkoms, Indi\u00eb nie.<\/p>\n<p>Anders as Engels, is Afrikaans geen koloniale taal wat vanaf Europa op ons afgedwing is nie. Soos wat die Vryburgers aanvanklik in 1657 op hul eie grond begin boer het, het hul volkstaal natuurlikerwys in die Kaap al verder en verder versprei en is merendeels sonder dwang deur ander inheemse groepe soos die Khoi-San as voertaal aangeneem. Later in die negentiende eeu is Afrikaans deur die Groot Trek na die binneland versprei. In die Boererepublieke was Afrikaans die omgangstaal en veral in die Transvaal is geen Engels in die administrasie gebruik nie.<\/p>\n<p>Laasgenoemde is \u2018n belangrike punt, want selfs toe ons deur Brittanje in 1902 verower is, het artikel 5 van die Vrede van Vereeniging bepaal dat die \u201cDutch language\u201d (waarby Afrikaans inbegrepe is) in \u201copenbare skole in die Transvaal en die Oranjerivierkolonie waar ouers dit verkies\u201d onderrig sou word, asook dat dieselfde taal \u201cin die geregshowe\u201d toegelaat sou word.<\/p>\n<p>D\u00edt wat ons nou aanskou, verteenwoordig die terugdraai van die horlosie na tegelykertyd, \u2018n soort oerkolonialisme van die vroe\u00eb negentiende eeu en die beginsel van \u201cmag is reg\u201d, asook die sosiogeni\u00ebring van die Oos-Europese goelag-tipe. Deur dwang en geweld moet \u201ceen Engelse nasie\u201d uit die diverse etniese en kultuurgroepe in Suid-Afrika gesmee word.<\/p>\n<p>FW de Klerk is \u2018n hond en \u2018n verraaier wat net die doodstraf verdien. Pleks van \u201cte onderhandel\u201d, het hy gemeensaak met Joe Slovo en sy fanatieke Oos-Europe\u00ebrs, Lithauers, Natalse Indi\u00ebrs en Engelse marxiste gemaak om ons van ons nasionale kultuur te beroof. Nie net ons kultuur nie, maar selfs ons lewens: ons volkslewe wat moeisaam oor eeue hier tot stand gekom het, dog ook: ons fisieke lewens wat daagliks deur moord, verkragting en roof vernietig word.<\/p>\n<p>Die Kaap is in 1806 vir die tweede keer deur Brittanje beset, terwyl die Transvaal en Vrystaat in 1902 weereens deur die Britse Ryk verower is. Gee dit die Rooi Rooinekke die reg om hul taal op ons af te dwing? Nee, en nogmaals nee! Tydens die twintigste eeu het Afrikaners getoon dat hulle geensins hierdie verowering aanvaar nie. Ons was die eerste antikoloniale stryders; selfs Lenin het dit erken. Oor die afgelope eeu het ons Afrikaans as nasionale taal ontwikkel en uitgebou tot die grootste kultuurtaal wat daar nog in Afrika bestaan het, as alternatief vir Engels wat grotendeels in Natal en enkele voorstede van Johannesburg en Kaapstad gepraat is.<\/p>\n<p>Maar steeds word die veroweringsargument en \u201cmag is reg\u201d aan ons opgedwing! N\u00e1 FW de Klerk en Roelf Meyer se laakbare kapitulering aan die bebrilde \u201cgeneraals\u201d van Umkhonto we Sizwe soos Joe Slovo of Ben Turok, word die argument elke dag gestel dat Afrikaners deur die \u201cprogressiewe\u201d (\u2018n eufemistiese term vir \u201ckommunistiese\u201d) magte verower is. Terloops, is ek dalk onbillik om Lithaue die skuld te gee. Turok is in Letland gebore, ook \u2018n Oosseestaatjie en voormalige kommunistiese land wat net langs Lithaue gele\u00eb is.<\/p>\n<p>Ons is dus drie keer verower: in 1806, in 1902 en in 1994. Daarom moet ons nou Engels as landstaal, asook enigste taal van ho\u00ebr onderwys &#8211; en binnekort alle onderwys &#8211; aanvaar.<\/p>\n<p>Sedert die Tweede W\u00eareldoorlog is die veroweringsreg egter nie meer geldig nie. Die territoriale integriteit van alle state moet eerbiedig word, volgens die Handves van die Verenigde Nasies wat universeel aanvaar is. Net so min as wat Brittanje vandag die reg het om ons in te val en die Engelse taal op ons af te dwing, het Slovo en ander Oos-Europe\u00ebrs die reg om ons deur middel van terreur &#8211; wat in elk geval \u2018n internasionale misdaad is &#8211; aan te val en agterna\u00a0Engels op ons af te dwing.<\/p>\n<p>Wat die hele land &#8211; met die uitsondering van Natal &#8211; betref, was Afrikaans of die vorm daarvan waarna ook in vorige eeue as \u201cNederlands\u201d of \u201cKaaps-Hollands\u201d verwys is, die regs- kerklike en opvoedkundige taal. In die noorde van die land is dit maar eers n\u00e1 1902 dat Engels hoegenaamd amptelike status verkry het: deur die loop van \u2018n geweer en oor die lyke van die kinders en vroue in die konsentrasiekampe.<\/p>\n<p>Net so min as wat die Engelse \u201ctaalreg\u201d in di\u00e9 land deur verowering gevestig kan word, kan dit deur verskeie pogings tot volksmoord &#8211; waarvan die huidige maar die jongste in \u2018n hele reeks is &#8211; gevestig word.<\/p>\n<p>Ek praat namens alle Afrikaners as ek s\u00ea dat ons nooit ondergeskiktheid teenoor die Engelsman, die Lithauer, die Xhosa, die Zoeloe, of wie ook al, sal aanvaar nie. Ook en veral nie die ondergeskiktheid van ons suiwer Germaanse kultuurtaal, Afrikaans, teenoor \u2018n kreoolse bastertaal soos Engels wat deels Germaans en deels Latyns is nie. Ons gee nie om of die Franse, Duitsers, Nederlanders, Skandinawi\u00ebrs of wie ook al Engels bo-oor hul eie tale as \u201cinternasionale taal\u201d aanvaar nie. As daar een taalgroep op di\u00e9 planeet is wat Engelse oorheersing totaal en al verwerp, is dit die Afrikaanse taalgroep! Op Stellenbosch, in Pretoria of waar ook al.<\/p>\n<p>Selfs al is dit de facto waar dat ons verower is of deur verraderlike miskruiers van sg. \u201cleiers\u201d tot die status van \u201cverowerdes\u201d verdoem is, verbied die verskeie Geneefse konvensies steeds dat die veroweraar die kultuur van die verowerdes uitwis. Artikel 49 van die Vierde Geneefse Konvensie verbied insgelyks die veroweraar om tot \u201cbevolkingsoordragte\u201d (\u201cpopulation transfers\u201d in die Engelse weergawe) oor te gaan:<\/p>\n<blockquote><p>Individual or mass forcible transfers, as well as deportations of protected persons from occupied territory to the territory of the Occupying Power or to that of any other country, occupied or not, are prohibited, regardless of their motive. &#8230; The Occupying Power shall not deport or transfer parts of its own civilian population into the territory it occupies.<\/p><\/blockquote>\n<p>Umkhonto we Sizwe, die SAKP se terreurmag, het ooreenkomste met Robert Mugabe en ander totalit\u00eare leiers gesluit. Verbaas dit daarom dat \u2018n deel van die Zimbabwiese bevolking na ons land deur bevolkingsoordrag gebring is, sodat die land verder verengels kon word?<\/p>\n<p>Op \u2018n kleiner skaal, is Umkhonto we Sizwe besig met \u201cbevolkingsoordrag\u201d na Afrikaanse universeite met kultuurmoord en volksmoord (daar is geen regstegniese onderskeid tussen die twee nie) as oogmerk.<\/p>\n<p>Die 1996-Grondwet, wat nooit aan \u2018n referendum onderwerp is nie, is so swak deur Roelf Meyer en sy idiotiese medeverraaiers onderhandel dat niemand kop of stert kan uitmaak van die taalartikels daarin nie. Suid-Afrika beskik oor \u201celf amptelike tale\u201d, maar slegs een \u201comgangstaal\u201d &#8211; in die woorde van die Universiteit van Stellenbosch &#8211; en slegs Engels word op amptelike dokumente en in wetgewing gebruik. Waarskynlik het Idi Amin se Uganda \u2018n meer konsekwente grondwet en taalbeleid gehad!<\/p>\n<p>Aangesien geen Afrikaner, behalwe een of twee \u201cgekooptes\u201d ooit tot die 1996-grondwet ingestem het nie, moet ons ons op die Verdrag van Vereeniging (1902), asook die British South Africa Act (1909) en die Ampteliketalewet (1925) verlaat. Elkeen van daardie dokumente, waarvan twee deur Brittanje opgestel is, gee ten minste gelyke status aan Afrikaans. Waarom sou ons tans met minder tevrede wees? Omdat \u2018n klompie Lithauers met die hulp van die Oos-Duitsers en die Sowjet-Russe bomme in ons stede kom stel het, op dieselfde wyse as wat terroriste enkele dae gelede \u2018n skrikbewind in die Franse hoofstad, Parys, gevoer het.<\/p>\n<p>Ons verwerp terreur en taaloorheersing met dieselfde mate van minagting. In Suid-Afrika was Engels nog altyd by uitstek die taal van die terroris, die lasteraar, die beswadderaar en volksmoordenaar. Kennelik bestaan daar inwoners van di\u00e9 land &#8211; gelukkig \u2018n minderheid &#8211; wat Afrikaans en ons nasionale tradisie hartstogtelik haat. In hierdie tye &#8211; net soos voorheen in die geskiedenis &#8211; het hulle \u2018n soort taaloorlog teen Afrikaans verklaar.<\/p>\n<p>Laat ons dit vandag ewe hartstogtelik aan die Rooi Rooinek met sy dik Lithause bril stel: Alvorens u Afrikaans in di\u00e9 land uitwis, sal u elkeen van ons eers moet doodmaak. Sekerlik broei die obsessie om alle Afrikaners te wil uitmoor in die patologiese geeste van Suid-Afrika se Anglo-kommuniste en \u201cinternasionaliste\u201d. Maar anders as die groter Anglo-Amerikaanse Ryk, beskik hulle kwalik oor die vermo\u00eb om hul doodsvonnis op ons moedige klein volk te voltrek. Ook nie die doodsvonnis wat die afgelope dae oor Afrikaans by Stellenbosch uitgespreek is nie.<\/p>\n<p>PW Botha se naam eggo die afgelope week of twee deur die land, ironies genoeg. Hy het aan ons die begrip van die \u201ctotale aanslag\u201d oorgedra, maar waarskynlik was hy te na\u00efef om te verstaan juis h\u00f3\u00e9 totaal en totalit\u00ear die aanslag uiteindelik sou word, tot hier waar dit elke aspek van ons kulturele en opvoedkundige lewe sou raak.<\/p>\n<p>Die taaloorlog is verklaar. Ons was nog altyd verdraagsaam teenoor elke taal ter w\u00eareld, Engels daarby ingesluit. Dieselfde kan nie van die \u201cEngelse alliansie\u201d in Suid-Afrika ges\u00ea word nie. Hulle was nog altyd kwaadwillig, haatdraend, onverdraagsaam. Wanneer Engels soos tans die voertuig vir totalitarisme, asook volks- en kultuurmoord word, moet ons dit verwerp en terugdryf tot in Natal van waar dit oor die Drakensberge gekom het ons te bedreig en te versmoor. Die aggressie kom nie van ons nie, maar van die anglomane wat soos \u2018n trop hi\u00ebnas nou bloed geruik het en finaal alles voor die voet wil doodbyt.<\/p>\n<p>Laat ons teen Engels opstaan soos ons voorouers teen die Britse Ryk opgestaan het en soos ons jong seuns aan die grens teen Kuba, Rusland en Oos-Duitsland geveg het. Die \u201cEngelse mag\u201d wat hom tans in sy oorheersing en sy hegemonie verlekker, mag binnekort verras word deur die staalharde wil van elke ware Afrikaner om geen duim vir sy taal toe te gee nie.<\/p>\n<p>Afrikaans verteenwoordig ons laaste stukkie grondgebied wat ons nie durf prysgee nie. Engels is die dood self, juis daarom word dit \u2018n \u201cdoodsetertaal\u201d* (<em>killer language<\/em>) genoem. \u201cMeertaligheid\u201d is \u2018n illusie en het nog nooit in Suid-Afrika bestaan nie. Dit was nog altyd net \u2018n stryd tussen Engels en Afrikaans, met die oorwinning wat tans deur Engels verklaar word.<\/p>\n<p>Engels hoort in Natal. Of dalk oorsee. Nie langer in u en my aangesig nie. Weens die onverdraagsaamheid van Engels en Engelsgesindes, moet Afrikaans die enigste amptelike taal van \u2018n herrese Afrikaanse Republiek word waarin onderontwikkelde minderheidstale soos elders ter w\u00eareld met verdraagsaamheid behandel sal word. Ons is siek en sat vir die selfvoldane aggressie en meerderwaardigheidsindroom van Engels. \u201cEngelse heerssugtigheid\u201d, inderdaad.<\/p>\n<p>Om dit pront te stel: Laat Engels in sy swernoot vlieg!<\/p>\n<p>* Di\u00e9 neologisme, ontleen aan die Skotse skryfster van die Harry Potter-boeke, sal my vergun word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soveel mense is besig om hulle tans oor die Afrikaanse taalkwessie uit te laat, wat blykbaar van die standpunt uitgaan dat alles in Suid-Afrika Engels moet wees. Selfs Julius Malema sou\u00a0volgens Netwerk24 ges\u00ea het \u201cdis PW wat uit die graf uit praat\u201d, verwysende na pleidooie vir die &#8220;grondwetlike regte van Afrikaanssprekendes&#8221;. &#8216;n Aggressiewe, luidrugtige minderheid [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,13813,6016,10574,4861,5565,21687,10536],"class_list":["post-35118","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-britse-ryk","tag-engels","tag-leon-lemmer","tag-stellenbosch","tag-taal","tag-taaloorlog","tag-universiteit-van-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35118","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35118"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35118\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35118"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35118"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35118"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}