{"id":35113,"date":"2015-11-16T09:50:30","date_gmt":"2015-11-16T07:50:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35113"},"modified":"2015-11-16T10:04:16","modified_gmt":"2015-11-16T08:04:16","slug":"hoekom-het-isis-frankryk-gekies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35113","title":{"rendered":"Hoekom het ISIS Frankryk gekies?"},"content":{"rendered":"<p>Gewapende terroriste en selfmoordbommers het regoor Parys Vrydagnag toegeslaan om &#8216;n psigose van vrees onder miljoene inwoners te laat posvat.<\/p>\n<p>President Francois Hollande het die aanvalle as &#8216;n ongekende terreurdaad, &#8216;n &#8220;oorlogsverklaring&#8221; beskryf.<\/p>\n<p>Die Islamitiese staat het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.<\/p>\n<p>Maar wie het die Islamitiese staat uit Siri\u00eb en Irak gefinansier? <\/p>\n<p>In 2012 het Hollande <a href=\"http:\/\/www.dailymail.co.uk\/wires\/afp\/article-3070734\/France-delivered-weapons-Syria-rebels-book-reveals.html\">erken <\/a>dat hy Siriese rebelle bewapen ten spyte van &#8216;n EU-embargo.<\/p>\n<p>Die wapens is in 2012 afgelewer, voordat die embargo in Mei 2013 afgeskaf is, volgens die joernalis en skrywer Xavier Panon. &#8220;Ons het begin toe ons seker was dit [die wapens] sal in die regte hande opeindig. Vir die dodelike wapens was dit ons dienste wat dit afgelewer het&#8221; het Hollande aan die skrywer verklaar.<\/p>\n<p>In Oktober 2012 was dit <a href=\"http:\/\/www.nytimes.com\/2012\/10\/15\/world\/middleeast\/jihadists-receiving-most-arms-sent-to-syrian-rebels.html?_r=0\">duidelik <\/a>dat die meeste van die wapens wat verskeep is op aandrang van Saoedi-Arabi\u00eb en Katar na harde Islamitiese jihadiste gaan, en nie die meer na sekul\u00eare opposisiegroepe, die sogenaamde &#8220;gematigde rebelle&#8221; nie.<\/p>\n<p>Frankryk het na vore getree as die <a href=\"http:\/\/www.theguardian.com\/world\/2012\/dec\/07\/france-funding-syrian-rebels?CMP=twt_gu\">mees prominente ondersteuner van gewapende groepe in Siri\u00eb<\/a> om die bele\u00ebrde regime van Assad te verdryf.<\/p>\n<p>Groot bedrae kontant het na die Franse regering se gevolmagtigdes gevloei, het diplomatieke bronne bevestig. Die geld is gebruik om wapens te koop in Siri\u00eb en gewapende bedrywighede teen &#8216;n demokraties verkose regering te befonds.<\/p>\n<p>Die linkse, menseregte-prediker, Hollande het in Augustus 2014 <a href=\"http:\/\/www.theatlantic.com\/international\/archive\/2014\/06\/isis-saudi-arabia-iraq-syria-bandar\/373181\/\">bevestig <\/a>dat Frankryk die Siriese regime van Bashar al-Assad omver wil werp.<\/p>\n<p>Twee van die mees suksesvolle faksies teen Assad se magte is Islamitiese ekstremistiese groepe: Jabhat al-Nusra en die Islamitiese staat van Irak en Siri\u00eb (ISIS).<\/p>\n<p>Hulle sukses is deels te danke aan ondersteuning wat hulle van twee Golflande ontvang het: Katar en Saoedi-Arabi\u00eb.<\/p>\n<p>Maar waar het di\u00e9 twee lande wapens gekry? Dit blyk dat Frankryk groot bestellings vir milit\u00eare toerusting van di\u00e9 twee ontvang het.<\/p>\n<p>In April 2015 het Katar <a href=\"http:\/\/www.theatlantic.com\/international\/archive\/2014\/06\/isis-saudi-arabia-iraq-syria-bandar\/373181\/\">ingestem <\/a>om 24 Dassault Rafale-vegvliegtuie te koop.<\/p>\n<p>In Junie 2015 het Saoedi-Arabi\u00eb en Frankryk ooreengekom om &#8216;n <a href=\"http:\/\/english.alarabiya.net\/en\/News\/middle-east\/2015\/06\/24\/France-Saudi-Arabia-to-ink-12bln-arms-deal.html\">transaksie <\/a>te onderteken, selfs nadat dit duidelik geword vir almal dat die regimeveranderingsprojek in Siri\u00eb reeds gelei het tot die uitbreiding van terrorisme.<\/p>\n<p>Hollande het selfs in September voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies ges\u00ea sy land sal &#8220;sy verantwoordelikhede nakom&#8221; in die pogings om van president Bashar al-Assad ontslae te raak.<\/p>\n<p>Kan Hollande nou sy deuntjie verander?<\/p>\n<p>Na Hollande se onbesonne en gevaarlike speletjie in Siri\u00eb het hy Angela Merkel se oop-grens-beleid nagepraat en lidlande gemaan om Siriese migrante te aanvaar: &#8220;Ons moet &#8216;n verenigde asielstelsel implementeer,&#8221; het Hollande by &#8216;n EU-beraad oor die migrasiekrisis in Augustus verklaar.<\/p>\n<p>Hollande het Merkel ten volle ondersteun nadat sy verklaar het dat Duitsland nie sal hou by die Dublin-re\u00ebl nie.<\/p>\n<p>Dit blyk nou dat die aanvallers die EU se oop grense benut het om terroriste te ontplooi.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gewapende terroriste en selfmoordbommers het regoor Parys Vrydagnag toegeslaan om &#8216;n psigose van vrees onder miljoene inwoners te laat posvat. President Francois Hollande het die aanvalle as &#8216;n ongekende terreurdaad, &#8216;n &#8220;oorlogsverklaring&#8221; beskryf. Die Islamitiese staat het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar. Maar wie het die Islamitiese staat uit Siri\u00eb en Irak gefinansier? In 2012 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[13551,1093,17039,10641,7829],"class_list":["post-35113","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-francois-hollande","tag-frankryk","tag-isis","tag-sirie","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35113\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}