{"id":35102,"date":"2015-11-16T07:42:20","date_gmt":"2015-11-16T05:42:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35102"},"modified":"2015-11-16T10:40:48","modified_gmt":"2015-11-16T08:40:48","slug":"frankryk-val-isis-vestings-in-sirie-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35102","title":{"rendered":"Frankryk val ISIS-vestings in Siri\u00eb aan"},"content":{"rendered":"<p>Franse vegvliegtuie het vestings van die Islamitiese Staat in Siri\u00eb aangeval nadat ISIS verantwoordelikheid vir die geko\u00f6rdineerde terreuraanvalle in Parys aanvaar het.<\/p>\n<p>Amerikaanse intelligensie-dienste het na die aanvalle ingestem om hul data te deel met Frankryk, en het begin met die verskaffing van &#8220;fokuspakkette&#8221; oor die Islamitiese Staat se posisies, het die <em>Wall Street Journal<\/em> Sondag berig.<\/p>\n<p>Die Pentagon se perssekretaris Peter Cook het in &#8216;n verklaring ges\u00ea dit is &#8220;konkrete stappe wat die VSA en die Franse moet neem in ons noue samewerking van vervolging om &#8216;n volgehoue veldtog verder te versterk teen ISIS.&#8221;<\/p>\n<p>Die lugaanvalle is uit weerwraak vir die slagting waarin minstens 132 burgerklikes dood is.<\/p>\n<p>Twaalf Franse vliegtuie, insluitend 10 vegvliegtuie, het deelgeneem aan Frankryk se grootste lugaanval nog ooit in Siri\u00eb, luidens die verklaring van die Franse ministerie van verdediging.<\/p>\n<p>Volgens die Siriese groep is 30 lugaanvalle uitgevoer en is minstens 20 bomme is op teikens in Raqa laat val, wat as &#8216;n vesting van ISIS beskou word.<\/p>\n<p>Die teikens sluit &#8216;n beheersentrum, &#8216;n wapenopslagplek en opleidingskamp in. Dit is nie bekend hoeveel skade aangerig is nie. Frankryk het die naweek onderneem om die ISIS te vernietig.<\/p>\n<p>Intussen s\u00ea Frankryk hulle is op soek na een persoon wat moontlik een van die Parys terreuraanvallers is.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n beroep op die publiek gedoen vir inligting oor &#8216;n man met die naam Salah Abdesalam.<\/p>\n<p>Abdesalam is kortliks deur die polisie naby die Franse grens Saterdagoggend na die aanvalle aangehou, maar is later vrygelaat.<\/p>\n<p>Hy het die Volkswagen Polo gehuur wat buite die Bataclankonsertsaal geparkeer was, waar 89 mense later doodgeskiet is.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n berig van Associated Press, het vier Franse amptenare ges\u00ea hy was een van die drie mense wat by die Franse grens voorgekeer is, sowat 120 myl van Parys, ure nadat hy ge\u00efdentifiseer is as die huurder van die motor.<\/p>\n<p>&#8216;n Internasionale lasbrief vir sy inhegtenisneming is intussen uitgereik.<\/p>\n<p>Vroe\u00ebr is nog &#8216;n verdagte as die 29-jarige inwoner van Parys, Omar Ismail Mostefai ge\u00efdentifiseer.<\/p>\n<p>Sewe mense is reeds in Belgi\u00eb in hegtenis geneem in verband met die aanvalle.<\/p>\n<p>Die dodetal het vroe\u00ebr tot 132 gestyg nadat nog drie mense in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Minstens 352 mense is in die aanvalle beseer.<\/p>\n<p>Ontleders meen, nalv van die geko\u00f6rdineerde aanvalle in Parys, dat &#8216;n groep soos ISIS nie sonder die ondersteuning van &#8216;n staat kan bestaan nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Franse vegvliegtuie het vestings van die Islamitiese Staat in Siri\u00eb aangeval nadat ISIS verantwoordelikheid vir die geko\u00f6rdineerde terreuraanvalle in Parys aanvaar het. Amerikaanse intelligensie-dienste het na die aanvalle ingestem om hul data te deel met Frankryk, en het begin met die verskaffing van &#8220;fokuspakkette&#8221; oor die Islamitiese Staat se posisies, het die Wall Street Journal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35102\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Frankryk val ISIS-vestings in Siri\u00eb aan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":35103,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[1093,17039,17539,21684,7507,21685,10641,7829],"class_list":["post-35102","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-frankryk","tag-isis","tag-lugaanvalle","tag-oorlogsverklaring","tag-parys","tag-raqqa","tag-sirie","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35102","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35102"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35102\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/35103"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35102"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35102"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35102"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}