{"id":35064,"date":"2015-11-14T07:47:17","date_gmt":"2015-11-14T05:47:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35064"},"modified":"2015-11-14T07:47:17","modified_gmt":"2015-11-14T05:47:17","slug":"breyten-breytenbach-die-diktaat-van-open-stellenbosch","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35064","title":{"rendered":"Breyten Breytenbach: Die diktaat van Open Stellenbosch"},"content":{"rendered":"<p>Dit maak eintlik nie saak hoe die rektor se bestuurspan se aanbeveling of besluit betreffende die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid ingeklee, bewimpel of opgedollie word nie.<\/p>\n<p>Dit maak ook geen saak dat di\u00e9 wat reeds oorgegee het nog praat van \u2019n beleid wat deur die raad bekragtig moet word nie.<\/p>\n<p>Dis beledigend om te wil voorgee hierdie besluit is geneem (en is waarskynlik al \u2019n geruime tyd onafwendbaar) met enige sin of begrip van wat \u2019n universiteit behoort te wees en die waardes wat dit veronderstel is om te inkarneer, of dat dit geneem sou wees met die belange van die studente in gedagte of selfs met die oog op die belange van die land nie.<\/p>\n<p>Dis beledigend en aanstootlik dat \u201cdemokrasie\u201d soos \u2019n vrot vis voorgehou word om die stank van die karkas wat hierdie hele proses is, te probeer verdoesel.<\/p>\n<p>Die beleidsbesluit is geneem deur \u2019n aantal opportuniste wat geen sin of begrip het van wat \u2019n taal beteken en dra en verteenwoordig en ontsluit en waar dit vandaan kom nie \u2013 \u00e9nige taal, selfs Engels. En dit is geneem onder druk van \u2019n groep mense wat in feite ook niks voel vir wat \u2019n universiteit, \u00e9nige universiteit, veronderstel is om aan te bied nie.<\/p>\n<p>Daar sou ten minste \u2019n greintjie eer kon gered word indien die universiteitsowerhede erken dat \u2019n taal maar net \u2019n kommunikasiemiddel is, hoe eenvoudiger hoe beter, dat hulle in feite nie omgee vir etiese oorwegings of begrippe soos \u201cgeskiedenis\u201d of \u201cmeervolkigheid\u201d of \u201cidentiteit\u201d of toegang tot kennis, of dat daar enige aanspraak op verantwoordelikheid teenoor die Afrikaans van die bruin meerderheid in die Wes-Kaap is nie.<\/p>\n<p>Dit sou al help indien die universiteitsowerhede rondborstig wou erken dat dit nog altyd deel was van die bestaansvesel van die Universiteit Stellenbosch om die politieke hegemonie van die dag na die mond te praat \u2013 en dan die karkas van dom lafhartigheid en sinisme te bewimpel in die kleed van akademiese oorwegings, of finansi\u00eble haalbaarheid, of om die onaanvaarbare toe te smeer onder voorwendsels van \u201cbestuur\u201d.<\/p>\n<p>Mens sou byna die beginselvastheid kon bewonder.<\/p>\n<p>Mens sou dit objektief kon bejammer as die jakkalsdraaie van \u2019n instinktiewe fascisme as dit nie so \u2019n treurige skouspel was nie.<\/p>\n<p>Nou ja, daar sal seker nie \u2019n vlag gehys word nie, selfs nie eens die wit vlag nie. Dis nie nodig nie. Maar hierdie Vrydag die dertiende sal onthou word as die dag waarop die onverantwoordelikheid, gemaksugtigheid, domheid en ruggraatloosheid van die universiteitsowerhede vir \u2019n oomblik in die geskiedenis duidelik was vir almal om te sien, insluitende di\u00e9 wat nou hul \u201coorwinning\u201d vier.<\/p>\n<p>Dis \u2019n skande wat onthou sal word<\/p>\n<p>\u2014 Breyten Breytenbach<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit maak eintlik nie saak hoe die rektor se bestuurspan se aanbeveling of besluit betreffende die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid ingeklee, bewimpel of opgedollie word nie. Dit maak ook geen saak dat di\u00e9 wat reeds oorgegee het nog praat van \u2019n beleid wat deur die raad bekragtig moet word nie. Dis beledigend om te wil &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35064\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Breyten Breytenbach: Die diktaat van Open Stellenbosch&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33078,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[],"class_list":["post-35064","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35064","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35064"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35064\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33078"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35064"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35064"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35064"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}