{"id":3506,"date":"2008-11-22T00:36:14","date_gmt":"2008-11-22T00:36:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3506"},"modified":"2008-11-22T00:36:14","modified_gmt":"2008-11-22T00:36:14","slug":"maak-jou-stem-dik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3506","title":{"rendered":"Maak jou stem dik"},"content":{"rendered":"<p><font face=\"Verdana, Helvetica, Arial\"> <\/font><\/p>\n<div align=\"justify\">\n<p>Ek het by mnr. Mike Olien van die Poskantoor beswaar aangeteken omdat ek weer eens my jaarlikse posbushernuwingskennisgewing in Engels ontvang het (ondanks die jaarlikse versoeke van die Vriende van Afrikaans om dit ook in Afrikaans uit te stuur).<\/p>\n<p>In my brief aan mnr. Olien het ek ges&ecirc; volgens my vertolking van die Grondwet is dit ongrondwetlik om &#39;n enkele amptelike taal op ons almal af te dwing, soos die Regering tans doen.<\/p>\n<p>Ek het gevra om my kennisgewing in my voorkeurtaal, Afrikaans, te ontvang. En sowaar, nie jare later nie kry ek my Afrikaanse posbushernuwingskennisgewing!<\/p>\n<p>Dit wys jou net &#8211; moenie stilbly nie. Stuur jou brief vandag nog aan mike.olien@postoffice.co.za.<\/p>\n<p>Teken sommer ook beswaar aan teen die eentalige Engelse Poskodegids en vra vir &#39;n Afrikaanse een. As genoeg Afrikaanssprekendes hul stem hieroor dik maak, sal iets dalk gebeur.<\/p>\n<p>Ons Afrikaanssprekendes moet ons slapgattigheid en askies-tog-ek-leef houding laat los voor Afrikaans &#39;n kombuistaal word. Alles goed en wel Afrikaanse boeke en liedjies toon &#39;n oplewing, maar wat van Afrikaans waar dit werklik saak maak &#8211; as geldtaal, saketaal, amptelike taal, akademiese taal, vaktaal? Dis hier waar Afrikaans besig is om te verloor, dood te bloei, omdat ons nie genoeg omgee nie.<\/p>\n<p>Moenie maar net die miskenning van jou taal ewe gelate aanvaar nie. As jy weer &#39;n Engelse oproep van jou bank kry (wat baie goed weet wat jou voorkeurtaal is) oor die een of ander nuwe produk, s&ecirc; net ewe kalm jy wil in jou voorkeurtaal, Afrikaans, bedien word en jy kan ongelukkig nie Engels verstaan nie. En teken per brief by jou bank beswaar aan &#8211; as jou geld goed genoeg is, is jou taal goed genoeg.<\/p>\n<p>As jou munisipaliteit jou net in een taal bedien, kla en skryf &#39;n brief. As jou winkelrekeninge net in Engels is, kla en skryf &#39;n brief. Skryf weer en weer en weer.<\/p>\n<p>Dis my en jou verantwoordelikheid om te sorg dat ons mooi taal bly oorleef. Moenie dink &quot;iemand&quot; gaan dit vir ons doen nie. Kla, teken beswaar aan, dreig, onttrek jou steun en geld, organiseer, stook op, vertel die media en die w&ecirc;reld, maak vuur onder jou familie, vriende en kennisse &#8211; moet net nie daar sit met &#39;n wat-kan-ek-tog-doen houding nie. Eendrag maak mag &#8211; en geld dra die grootste mag. Die Afrikaanssprekendes het nog die hef in die hand wat geld betref. Gebruik jou geld goed!<\/p>\n<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-69\/roboty-i-figurki\/roboty\">\u0437\u0430\u043a\u0430\u0437\u0430\u0442\u044c \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438 \u0442\u0440\u0430\u043d\u0441\u0444\u043e\u0440\u043c\u0435\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><font face=\"Verdana, Helvetica, Arial\"> <\/font>07:33:31 Is jy keelvol, indien nie g-vol nie, oor omtrent alles deesdae eentalig Engels is (of Engels en &#39;n swart taal)? Wel, neem die pen op en skryf.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[3325,3324,3327,3326],"class_list":["post-3506","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-indien-nie-g-vol-nie","tag-is-jy-keelvol","tag-neem-die-pen-op-en-skryf","tag-oor-omtrent-alles-deesdae-eentalig-engels-is-of-engels-en-n-swart-taal-wel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3506","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3506"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3506\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3506"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3506"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3506"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}