{"id":3505,"date":"2008-11-22T00:18:47","date_gmt":"2008-11-22T00:18:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3505"},"modified":"2008-11-22T00:18:47","modified_gmt":"2008-11-22T00:18:47","slug":"draai-rugby-nekom-en-kry-klaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3505","title":{"rendered":"Draai rugby nekom en kry klaar"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die Springbokke is w&ecirc;reldkampioene, maar die euforie van Oktober 2007 was te  goed om waar te wees. &#39;n Derderangse afrigter is spoedig in Jake White se  plek aangestel, verkies b&oacute; die beste kandidaat, bloot omdat laasgenoemde  blank was. Eersgenoemde word kort hierna glo in &#39;n kompromitterende posisie  in &#39;n parkeerterrein gefotografeer, maar op misterieuse wyse byt &#39;n jong  blanke amptenaar die spit af vir di&eacute; debakel. <\/p>\n<p>Tans is daar opnuut die mees belaglike omstredenheid oor die voortbestaan van die  Springbokembleem en oor ander beuselagtighede. Daar word intense debatte  gevoer oor waar die Springbokembleem geplaas moet word op die truie &#8211; links  of regs. Blanke toeskouers word doelbewus verneder deur Nazi-agtige  anti-rassistiese sterre op spelers se truie aan te bring, na aanleiding van &#39;n verbeelde insident van sogenaamde rassisme op Ellispark wat nie een van die ander  55 000 toeskouers gesien het nie. Vreemd. <\/p>\n<p>Onlangs het Butana Komphela en mede ANC-kader Cedric Frolick opnuut &#39;n  aanslag op die spel geloods, di&eacute; keer oor die eienaarskap van die  Vrystaatstadion en Kingspark. Rugby is glo &#39;n spel vir misdadigers. Ek buig  my neer voor u kundigheid in hierdie saak, menere Komphela en Frolick, synde  kaders van die mees misdadige bewind op aarde: die enorme, wanordelike  kleptokrasie bekend as die ANC. <\/p>\n<p>Beeld het kort daarn&aacute;, met geweldige fanfare, uitgebasuin dat die twee  stadions veilig is. Die ANC het &#39;n dekreet uitgevaardig dat Komphela buite  orde was. Verskoon my as ek nie die grote ANC se voete soen, oorstelp met  dankbaarheid soos &#39;n wafferse Vlok nie. <\/p>\n<p>Moontlik is diegene reg wat meen die aanslag op rugby is &#39;n rookskerm bedoel  om Suid-Afrika&nbsp; se patetiese gebrek aan prestasie by die Olimpiese Spele te  vermom.&nbsp; Is wraaksug en nyd jeens Afrikaners ook &#39;n faktor? Daar kan ook ander  motiewe wees. Transformasie is dikwels &#39;n kodewoord vir plundery, en bes  moontlik wil Komphela ook &#39;n Smuts Ngonyama word, wat homself dik wil vreet  by rugby se trog. <\/p>\n<p>Die optrede van die ANC is egter voorspelbaar en geen verrassing nie. Sy  vasberadenheid om alles wat blank en veral Afrikaners s&#39;n is etnies te  reinig, is geen geheim nie. Die groter verrassing is dat ons as Afrikaners  toelaat dat ons deur hierdie snert gyselaar gehou word. <\/p>\n<p>Dat absurde manewales oor &#39;n embleem voorbladnuus kan wees terwyl die  internasionale ekonomie in duie stort, professor Kader Asmal erken dat daar  teen 2014 &#39;n waterkrisis sal wees en terwyl moord, verkragtings en plundery hoogty vier, spreek boekdele oor Afrikaners se prioriteite. <\/p>\n<p>Dit sou nie vergesog wees om te s&ecirc; dat die kapitulasie by Kodesa Afrikaners  se vryheid, ekonomiese belange en persoonlike veiligheid vir &#39;n  einde aan die internasionale rugbyboikot verruil het nie. Ek kan nie aan veel ander  voordele vir Afrikaners verbonde aan die Nuwe Suid-Afrika dink nie. &#39;n  Miljoen emigrante sedert 1994 dui daarop dat baie met my saamstem en met  hulle voete gestem het. <\/p>\n<p>Nes die fiasko by Eskom kan Komphela en die ANC se Machiavelliaanse  transformasieplanne een, en slegs een uiteinde tot gevolg h&ecirc;: dit sal rugby  vernietig. Dis reeds besig om te gebeur; die Springbokke se vertonings  hierdie jaar was nou nie juis wonderlik nie, en die kans is goed dat  Engeland op Saterdag 22 November die Springbokke se tjank kan aftrap op  Twickenham. Peter de Villiers se spelers het duidelik geen vertroue in hom  nie. <\/p>\n<p>Myns insiens sal die ineenstorting van Suid-Afrikaanse rugby weliswaar &#39;n  tragiese metafoor wees vir die ANC-bewind se bre&euml; en totale onbevoegdheid,  asook vir die vernietigende aard van die bewind se obsessie met rassistiese  transformasie. Dit sal egter nie heeltemal &#39;n negatiewe uitwerking op Afrikaners  h&ecirc; nie. <\/p>\n<p>Skielik sal ons sewe dae per week met die neerdrukkende realiteite van  Suid-Afrika gekonfronteer word, en sal daar nie meer Saterdae ontvlugting  wees voor die kassie of op die pawiljoen nie. Miskien sal meer Afrikaners  hulself die vraag begin afvra: was die pot lensiesop &#8211; internasionale  rugby &#8211; ons erflating werd? As daardie besluit deurdring, gaan ons dan  stappe neem om onsself te bevry van die plaag van die ANC? <\/p>\n<p>Gaan dus gerus maar voort met u vernietigingswerk, menere Komphela en  Frolick, iets waarvoor die ANC &#39;n uitsonderlike talent het. Stel asseblief  kwotas in by die hekke van Loftus: een blanke toeskouer vir elke tien  swartes. Dis immers demografies-verteenwoordigend. Kies dertien swart  spelers in elke span. <\/p>\n<p>Vernietig rugby en kry klaar.               <\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/drive-multiplier-mayhem\/\">drive multiplier mayhem<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl2.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>07:15:40 Tussen die politici en SARU het SA se rugby-establishment die kuns  vervolmaak om &#39;n wensituasie betroubaar in &#39;n nederlaag te omskep. Rugby  steier van krisis na krisis. <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,3323,21092],"class_list":["post-3505","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-draai-rugby-nekom-en-kry-klaar","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3505","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3505"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3505\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3505"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3505"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3505"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}