{"id":35033,"date":"2015-11-12T09:25:12","date_gmt":"2015-11-12T07:25:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=35033"},"modified":"2015-11-12T09:27:20","modified_gmt":"2015-11-12T07:27:20","slug":"beurtwater-ingestel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=35033","title":{"rendered":"Beurtwater ingestel"},"content":{"rendered":"<p>Die munisipaliteit Moqhaka &#8211; wat Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon insluit &#8211; het die eerste munisipaliteit geword om beurtwater te implementeer.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n verklaring deur die munisipaliteit sal water nie deurlopend aan inwoners beskikbaar wees nie en sal hulle daagliks slegs sekere tye water in hul krane te wagte kan wees.<\/p>\n<p>Inwoners word ook nie toegelaat om tuinslange te gebruik om voertuie te was of hul grasperke nat te lei nie, en geen gebruik van besproeiingstelsels sal toegelaat word nie. <\/p>\n<p>Swembadeienaars word ook nie toegelaat om hul swembaddens leeg te maak of te vul nie en die afspuit van harde oppervlaktes is verbode.<\/p>\n<p>Die munisipaliteit het ges\u00ea inwoners wat nie gehoor gee aan die beperkings nie kan &#8216;n maksimum boete van R2 000 of gevangenisstraf ontvang.<\/p>\n<p>Weervoorspellers s\u00ea inwoners van die noordelike provinsies kan uiteindelik re\u00ebn verwag in die komende week. <\/p>\n<p>Dit gaan egter nie genoeg wees om die land se le\u00eb damme vol te maak nie. <\/p>\n<p>&#8216;n Waterhulpbrondeskundige s\u00ea sowat 4 000 megaliter van onbehandelde of gedeeltelik behandelde riool vloei elke dag in ons damme en die land se riviere.<\/p>\n<p>Dr Anthony Turton s\u00ea rioolwater is met mening terug in ons drinkwater omdat die huidige droogte die gehalte van die water in die stelsel aantas.<\/p>\n<p>In &#8216;n ontleding in die Bulletin van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge, s\u00ea Turton die gemiddelde waterverbruik in Suid-Afrika, is 235 liter per persoon per dag, sowat 26% ho\u00ebr as die w\u00eareldwye gemiddeld van 173 liter per dag.<\/p>\n<p>Ongeveer 80% van munisipaliteite se rioolstelsels werk nie en daar is geen ingenieursvernuf teenwoordig om dit te herstel nie.<\/p>\n<p>Gauteng se LUR vir gesondheid Qedani Mahlangu s\u00ea wateronderbrekings by die Helen Joseph en Rahima Moosa hospitale is opgelos en daar sal geen verdere ontwrigting wees vir operasies en behandeling nie.<\/p>\n<p>Joburg Water moes inderhaas Woensdag watertenkwaens na die hospitale stuur.<\/p>\n<p>Pasi\u00ebnte wat dialise moes kry is huistoe gestuur, terwyl operasies gekanselleer of uitgestel is.<\/p>\n<p>Joburg Water moes ook watertenkers na gebiede soos Brixton, Greenside, Coronationville en ander voorstede uitstuur weens waternood.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die munisipaliteit Moqhaka &#8211; wat Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon insluit &#8211; het die eerste munisipaliteit geword om beurtwater te implementeer. Volgens &#8216;n verklaring deur die munisipaliteit sal water nie deurlopend aan inwoners beskikbaar wees nie en sal hulle daagliks slegs sekere tye water in hul krane te wagte kan wees. Inwoners word ook nie toegelaat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=35033\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beurtwater ingestel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20454,14425,5337,8589,9922,18089],"class_list":["post-35033","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-beurtwater","tag-droogte","tag-gauteng","tag-hospitale","tag-kroonstad","tag-waternood"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35033","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35033"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35033\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35033"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35033"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35033"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}